Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Airgraph
Airgraph [boodskap #124865] Do, 28 Februarie 2019 19:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Airgraph was handelsnaam vir ’n vorm van briefwisseling wat deur die Britse poswese in 1940 aanvaar is. Dit het vir die eerste maal in 1941 in werking getree as ’n diens vir troepe in die Midde-Ooste. Briefskrywers het ’n vorm by ’n poskantoor gekry, daarop geskrywe en dit gepos. Die vorms is dan uit die busse gehaal, gefotografeer, deur ’n spesiale proses verklein, per vliegtuig weggestuur en later vergroot. Wanneer verklein, het 1,700 boodskappe net 5½ ons geweeg. Tot 250,000 briewe is op een dag gehanteer. Tot 1945 is daar nie minder as 350,000, 000 "airgraphs" versend nie.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ainsworth, William Harrison
Volgende onderwerp: Aisne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:27:01 MGT 2024