Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ai (Hai)
Ai [boodskap #124861] Do, 28 Februarie 2019 15:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ai (of Hai) was 'n ou stad in Kanaän. Die stad word in die Bybel in Genesis 2 en 13, Josua 7–8, Esra en Nehemia vermeld.

Volgens Genesis 2:8 en 13:3 het Abraham, met sy trek uit Egipte na die Suidland, tussen Ai en Bet-El oorgestaan en ’n altaar gebou.

Volgens Josua 7–8 was Ai die Israeliete se tweede teikenstad in die beloofde land (Jerigo was die eerste). Die eerste aanval teen die stad het egter misluk. Akan kry die skuld vir die mislukking omdat hy goed wat gewy was gevat het. Nadat hy en sy familie tereggestel is, het die Israeliete die stad suksesvol ingeneem. In Josua 8:28 lees ons: “Josua het Ai afgebrand en daarvan vir altyd ’n verlate ruïne gemaak. Dit is nou nog so.

Volgens Esra 2:28 en Nehemia 7:32 het ’n aantal mense uit “Bet-El en Ai” wat deur Nebukadnesar as ballinge weggevoer is na Jerusalem teruggekeer.

Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Christelike Kernensiklopedie (eCKE)

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ahmedabad
Volgende onderwerp: Aidan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:41:06 MGT 2024