Adonia [boodskap #124790] |
Fri, 15 February 2019 19:59 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Adonia is een van drie persone in die Bybel. Die naam beteken "Jahwe is my heer".
1. Die 4de seun van Dawid, koning van Israel, wat in Hebron gebore is, en wat probeer het om koning te word (2 Sam 3:4; 1 Kron 3:2; 1 Kon 1–2). Hy word deur Jojada om die lewe gebring nadat hy Abisag as vrou gevra het.
2. ’n Leviet wat deur Josafat gestuur is om die wet te onderrig in die stede van Juda (2 Kron 17:8).
3. Een van die persone wat die verbond van hervorming verseël het (Neh 10:16).
Bronne
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Christelike Kernensiklopedie (eCKE)
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|