Absalom [boodskap #124751] |
Sun, 10 February 2019 09:37 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Absalom was die derde seun van Dawid, die koning van Israel. Sy naam beteken "Vader van vrede" en hy is as die mooiste en knapste man in die koninkryk beskryf. Hy het sy broer Amnon vermoor, wat hulle (half)suster Tamar verkrag het en is vir 'n tyd uit Jerusalem verban. Later kom hy in opstand teen sy pa (David). Sy hoof het in die takke van 'n terpentynboom vasgehaak toe hy aan die vlug was, en hy is ingehaal en deur Joab, Dawid se leƫraanvoerder, gedood (2 Sam. 13-18). Hoe David die tyding van sy seun se vreeslike dood verneem het, is een van die ontroerendste Ou Testamentiese verhale. Dawid het herhaaldelik uitgeroep: "My seun, Absalom, my seun, my seun" (2 Sam 18:33).
Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Christelike Kernensiklopedie (eCKE)
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|