Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Abrahams, Peter
Abrahams, Peter [boodskap #124750] So, 10 Februarie 2019 09:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Peter Abrahams (1919-2017) was 'n Engelse Suid-Afrikaanse skrywer, opgelei aan die Eurafrican Training Centre, Johannesburg. Hy het sedert 1941 in Londen gewoon en sedert 1956 in Jamaika waar hy dan oorlede is. Van sy romans is Dark Testament (1942), Return to Goli (1953), Tell Freedom (1954) en A Wreath for Udomo (1956). Daarbenewens het hy poësie en kortverhale geskryf. Sy boek, The Path of Thunder (1948), is Abrahams se bekendste roman. Dit gaan oor die verbode liefde tussen wit en swart. Die roman is in nagenoeg dertig tale vertaal.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Abraham Kriel-kinderhuis
Volgende onderwerp: Absalom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:32:10 MGT 2024