Umgenirivier [boodskap #124276] |
Thu, 17 January 2019 19:57 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Umgenirivier (Mgeni in Zoeloe) is 'n rivier in KwaZulu-Natal. Dit ontspring naby Impendle, Natal, en vloei die see by Durban binne. Takriviere is die Lion-, Karkloof-, Impolweni-, Umqeku- en die Umsunduzirivier. Die Albert Falls-dam en die Midmardam word in die rivier opgedam. Die belangrikste aantreklikhede van die Umgeni is die twee beroemde watervalle, die Howick (Howickwaterval), 350 voet hoog, en die Albert (Albertwaterval), 70 voet hoog, 12 myl stroomaf.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|