Stokvis [boodskap #124006] |
Sat, 12 January 2019 19:57 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Stokvis (Mercucccius capensis) is een van die kabeljou-groep, waarvan skelvis, wyting en stokvis (Eng: hake) bekende Europese lede is. Ten spyte van die naam bestaan daar twyfel of dit identies dieselfde as laasgenoemde is. Stokvis is ’n diepwatervis, 40 duim lank, met klein silwergrys skubbe. Dit het die vernaamste steun van die Suid-Afrikaanse visbedryf geword, van Walvisbaai tot Natal, maar hoofsaaklik noord en noordwes van Tafelbaai. Hulle word hoofsaaklik deur treilers tot op ’n diepte van 300 vadem of meer gevang. Die vleis is ongelukkig geneig om sag en melkerig te word. Sien Seehulpbronne.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|