Tuis » Taal » Ensiklopedie » Seeswawel of Visdief (Laridae)
Seeswawel of Visdief [boodskap #123757] |
Thu, 10 January 2019 14:30 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Seeswawel of Visdief (familie Laridae) is kuddeseevoëls, algemeen langs al die kusgebiede van Suid-Afrika. Kleiner as seemeeue en met baie meer variëteite wat trekvoëls van die verre noorde en suide insluit. Hulle is meesal grys-en-wit voëls, met ’n swart broeimus. As gevolg van hulle baie lang vlerke en gevurkte sterte (vandaar die naam seeswawels) vlieg hulle besonder grasieus. Hulle leef van vis, wat hulle met ’n skielike duikslag deurboor.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Tue Jan 07 06:43:07 UTC 2025
|