Seeperdjie [boodskap #123756] |
Do, 10 Januarie 2019 14:28 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Seeperdjie (Hippocampus capensis) is hoofsaaklik 'n tropiese vis wat aan die kus voorkom met lang snoete wat eindig in ’n klein mondjie. Die Kaapse seeperdjie is net in die Knysna-monding en lagune gevind. Dit is ongeveer 12 cm (5 duim) lank, die kop is teen ’n skerp hoek gedraai, sy skubbe loop in riwwe om die kort liggaam en gekrulde stert. Die manlike vis dra die eiers in ’n sakkie wat aan die liggaam vas is.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|