Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Idioom: Husse met lang ore
Idioom: Husse met lang ore [boodskap #9450] Do, 22 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel[2]  is tans af-lyn  Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Husse met lang ore.

Dit is hoe 'n nuuskierige kind koudgesit word. As 'n kind bv.vir sy ouer
'n onbenullige (of ongemaklike) vraag vra en die ouer het nie lus (of
weet nie hoe) om hom te antwoord nie, word husse ingespan. Baie maal is
dit om 'n geheim mee te verdoesel. Byvoorbeeld sal Ma en Pa praat oor
kersgeskenke vir die kinders, en 'n kind sal instap en vra:
"Wat gaan Ma vir my koop?" dan sal Ma antwoord
"Husse met lang ore"

As Ma eers vir jou gesê het "husse" dan weet jy: moet nie weer vra nie,
dit het niks met jou uit te waai nie. Baie maal word net "husse" gesê.

Sover ek weet is husse 'n tipe van sprokies karakter soos Klaas Vakie.
Daar bestaan nie iets soos husse nie.

Tafelberg se tweetalige woordeboek vertaal dit na "curiosity killed the
cat" wat nie vir my heeltemal korrek klink nie.

Jy sal nooit vir 'n grootmens sê "husse met lang ore" nie, tensy jy
uiters, uiters sarkasties wil wees, en dan sal dit gewoonlik in
ligte luim gedoen word.
Re: Idioom: Husse met lang ore [boodskap #9468 is 'n antwoord op boodskap #9450] Vr, 23 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wanneer een kind moeilijke vragen stelt (die je niet wil beantwoorden)
of als iemand zich in een een gesprek mengt dan zegt men bij ons in de
buurt:
"Ja, husse met je neus ertusse"
(een beetje geirriteerd).
Het betekent zoiets als "het gaat je niks aan".
Ik weet niet waar deze uitdrukking vandaan komt (het is een al wat
oudere uitdrukking; mijn ouders en grootouders gebruikten hem, ikzelf
al niet meer).

Ik leid hieruit af dat "hussen" oren en neuzen hebben.

When a child asks difficult questions (that you don't want to answer)
or if someone mixes in with a conversation one could say in our area:
"Ja, husse met je neus ertusse"
(somewhat irritated).
It means something like "none of your bussines".
I don't know where this expression originates (it is an old
exspression: my parents and grandparents used it, I never did).

So I deduce that "husse" have ears and noses.

Arthur Hagen

Alwyn Nel schreef
> Husse met lang ore.
>
> Dit is hoe 'n nuuskierige kind koudgesit word. As 'n kind bv.vir sy ouer
> 'n onbenullige (of ongemaklike) vraag vra en die ouer het nie lus (of

> weet nie hoe) om hom te antwoord nie, word husse ingespan. Baie maal is
> dit om 'n geheim mee te verdoesel. Byvoorbeeld sal Ma en Pa praat oor

> kersgeskenke vir die kinders, en 'n kind sal instap en vra:
> "Wat gaan Ma vir my koop?" dan sal Ma antwoord
> "Husse met lang ore"
>
> As Ma eers vir jou gesê het "husse" dan weet jy: moet nie weer vra nie,
> dit het niks met jou uit te waai nie. Baie maal word net "husse" gesê.
>
> Sover ek weet is husse 'n tipe van sprokies karakter soos Klaas Vakie.
> Daar bestaan nie iets soos husse nie.
>
> Tafelberg se tweetalige woordeboek vertaal dit na "curiosity killed the
> cat" wat nie vir my heeltemal korrek klink nie.
>
> Jy sal nooit vir 'n grootmens sê "husse met lang ore" nie, tensy jy
> uiters, uiters sarkasties wil wees, en dan sal dit gewoonlik in
> ligte luim gedoen word.
>
Re: Idioom: Husse met lang ore [boodskap #9502 is 'n antwoord op boodskap #9450] So, 25 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn Nel skryf:

> Husse met lang ore.
>
> Dit is hoe 'n nuuskierige kind koudgesit word.

Die husse is nogal interessante 'wesens'.

Ek het al eenkeer van die Twente gebied (Nederland
se Agtertang) geskryf. Baie mense daar praat nie aan
huis Nederlands (Hoog Hollands) nie, maar iets wat
Twents of Plat Hollands genoem word. Dit is die
oorblyfsel van 'n taal wat meer as 1000 jaar gelede
van die ooste in Nederland en veel verder oos tot by
Denemarke gepraat was. Die taal was toe bekend
as Saksies, maar vandag moet ons dit liewers
Laagsaksies (Plat Hollands, Plat Duits) noem.

Die Laagsaksers het allerhande stories vertel. 'n Klomp
van hulle stories het oor die husse (dwergies, kabouters,
elwe) gehandel. Hulle was sulke klein mensagtige wesens
met lang ore. Die husse was altyd daarop uit om die
lewens van stoute Laagsaksiese kinders te verpes. So was
Klaasvakie was 'n bekende hus wat sand in die kinders
se o"e gestrooi het om hulle in die bed te kon kry sodat
die ander husse dan verder met hulle kon afreken. Net die
noem van lang ore het die kinders al laat gril.

Die naam "husse" is 'n pragtige voorbeeld van die
Laagsaksiese erfenis in Afrikaans.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Idioom: Husse met lang ore [boodskap #9511 is 'n antwoord op boodskap #9450] Ma, 26 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
On 23 May 1997 19:07:29 GMT, "Arthur Hagen" wrote:

> Wanneer een kind moeilijke vragen stelt (die je niet wil beantwoorden)
> of als iemand zich in een een gesprek mengt dan zegt men bij ons in de
> buurt:
> "Ja, husse met je neus ertusse"
> (een beetje geirriteerd).
> Het betekent zoiets als "het gaat je niks aan".
> Ik weet niet waar deze uitdrukking vandaan komt (het is een al wat
> oudere uitdrukking; mijn ouders en grootouders gebruikten hem, ikzelf
> al niet meer).
>
> Ik leid hieruit af dat "hussen" oren en neuzen hebben.
>
> When a child asks difficult questions (that you don't want to answer)
> or if someone mixes in with a conversation one could say in our area:
> "Ja, husse met je neus ertusse"
> (somewhat irritated).
> It means something like "none of your bussines".
> I don't know where this expression originates (it is an old
> exspression: my parents and grandparents used it, I never did).
>
> So I deduce that "husse" have ears and noses.
>
> Arthur Hagen

Wanneer ik vroeger thuis vroeg wat we zouden gaan eten dan zei mijn
moeder wel eens: hussen met hanepoten. Met andere woorden: dat merk je
nog wel. Het woord zal dus inderdaad wel uit het nederlands komen.

Leo
Vorige onderwerp: Idioom: STUIWER
Volgende onderwerp: Re: Idioom: Oggendstond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:58:09 MGT 2024