Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Re: Idioom: Oggendstond
Re: Idioom: Oggendstond [boodskap #9560] Di, 27 Mei 1997 00:00
Jan Grootenhuis  is tans af-lyn  Jan Grootenhuis
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Henri-John Kock (hjkock...@cs.up.ac.za) wrote:
> Hallo daar, Vira en Stefan !
>
> "Die oggendstond het goud in die mond"
>
> Ek het nou net aan hom gedink, en dus het ek nie akademiese
> inligting oor hom nie. Ek weet nie wat die -stond gedeelte beteken
> nie. Wat wel in my gedagte gebeur, is dat ek dink aan die goue kleur
> wat mens dikwels tydens 'n sonsopkoms sien. Dit, en dan die
> implikasie van rykdom (goud), bring die twee bymekaar. Dus voel ek
> dat die idioom vir ons sê dat deur nie tyd te mors nie, en die dag
> vroeg te begin, sal mens suksesvol wees.
>
> My interpretasie, sommer so uit die vuis. Kan iemand anders vir ons
> die waarheid gee ?

my skoolduits is 'n hele entjie in die verlede, maar as ek reg onthou
is daar ook so 'n duitse spreekwoord:

morgenstund ha't gold im mund

die twee is so na aanmekaar dat dit miskien die ('n) oorsprong vir ons
spreekwoord is. stond ("stund") is natuurlik 'n periode, somtyds
presies 'n uur lank. in afrikaans, dink ek, is daar ook die woord
aanstons, of iets soortgelyk (my woordeboeke in terug in die ou sa)
wat van nederlandse "des aandstons(??)" kom.

nog duitse spreekwoorde wat ek kan onthou, is

mit dem hut in dem hand kommt man durch das ganzes land

en

ehrlikheit wa"hrt am la"ngsten

waarvan ons ook afrikaanse ekwivalente het.

-- jaco
Re: Idioom: Oggendstond [boodskap #9561 is 'n antwoord op boodskap #9560] Di, 27 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Henri-John Kock schreef
> Hallo daar, Vira en Stefan !
>
> Hier's een:
>
> "Die oggendstond het goud in die mond"
>
> Ek het nou net aan hom gedink, en dus het ek nie akademiese inligting
> oor hom nie.
> Ek weet nie wat die -stond gedeelte beteken nie. Wat wel in my gedagte
> gebeur, is dat ek dink aan die goue kleur wat mens dikwels tydens 'n
> sonsopkoms sien. Dit, en dan die implikasie van rykdom (goud), bring die
> twee bymekaar. Dus voel ek dat die idioom vir ons sê dat deur nie tyd te
> mors nie, en die dag vroeg te begin, sal mens suksesvol wees.
>
> My interpretasie, sommer so uit die vuis. Kan iemand anders vir ons die
> waarheid gee ?
>
In het nederlands is de uitdrukking:
"Morgenstond heeft goud in de mond"
Het betekend inderdaad zoiets als "deur die dag vroeg te begin, sal
mens suksesvol wees".
Het woord "stond" heeft dezelfde oorsprong als het duitse woord
"Stunde", uur.

In dutch the expression is:
"Morgenstond heeft goud in de mond"
It does indeed mean something like "by starting the day early, you'll
accomplish more".
The word "stond" has the same origin as the german word "Stunde", hour.

Arthur
Vorige onderwerp: Idioom: Husse met lang ore
Volgende onderwerp: Idioom: Hy praat soos 'n DAGGA-ROKER.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:07:41 MGT 2024