Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hartebeespoort
Hartebeespoort [boodskap #122105] Sa, 15 Desember 2018 17:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hartebeespoort is 'n groot besproeiingskema wes van Pretoria. Die Krokodilrivier is in 'n gaping in die berge opgedam met 'n betonwal 460 voet lank, 161 voet hoog bokant die rivierbedding en 193 voet bokant sy fondament. Die werk aan die dam het in 1916 begin en is omstreeks 1921 voltooi. Vol beslaan die dam 6.5 vk. myl en kan dit 40,000 acres besproei. Die dorpsgebiede Schoemanville en Kosmos is by die dam uitgelê en seiljag is 'n gewilde sport.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hartebeesfontein
Volgende onderwerp: Hartingsburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 10:12:02 MGT 2024