Harding [boodskap #122090] |
Sat, 15 December 2018 12:48 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Harding is 'n dorp in Suid-Natal, vernoem na sir Walter Harding. In 1877 as 'n militêre buitepos gestig en het 'n strategiese plek beklee in die Griekwa-opstand van 1878 onder Smith Pommer. In 1911 as 'n dorpsgebied geproklameer, en is vandag 'n belangrike melkboerdery- en bosbousentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,925 (461 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|