Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Harder
Harder [boodskap #122089] Sa, 15 Desember 2018 12:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Harder kan na een van die volgende verwys:

1. 'n Klein groep lekker eetvis (die kop is na bewering giftig) wat meesal by die kus van Natal aangetref word, maar soms in Valsbaai. Hulle word dikwels mul (Eng: Red Mullet) genoem vanweë hulle helder kleure, en in Australië word hulle 'Goat-Fish' genoem vanweë die baard aan hulle bekke. In Oud-Rome was dit 'n siervisdam-vis.

2. 'n Silwerige vis (Mugil cephalus) wat in die omgewing van die Kaapse Skiereiland gevang word. Bekend vir sy heerlike smaak. Word ook 'n Springer genoem vanweë sy gewoonte om uit die water te spring. Sien Seehulpbronne.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hanover
Volgende onderwerp: Harding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 07:11:15 MGT 2024