Afdelingsrade [boodskap #120903] |
Sa, 10 November 2018 14:11 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Afdelingsrade was 'n instelling wat in 1855 deur die Koloniale regering in die Kaapkolonie gestig is. Die hele provinsie is verdeel in 'afdelings' waarvan, die vernaamste taak die bou van paaie, instandhouding en ander werke is insluitende behuising in plattelandse gebiede. Daarvoor het hulle magte verkry om 'n jaarlikse belasting te hef en om geld te leen. Die Siviele Kommissaris van elke afdeling was tot 1910 ampshalwe voorsitter van elke Afdelingsraad. Daar was 95 Afdelingsrade.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|