Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe)
Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe) [boodskap #8369] |
Wo, 05 Februarie 1997 00:00 |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In Article,
writes:
>
> Something wicked this way comes en dis jy Leendert.
> Jy verdraai en vervals.
> Ek vir een sal jou pos nie meer lees nie, Ek hoop jou base lees dit wel en
> onthef jou direk van al jou take. Jy is deur en deur sleg.
> Xfiles.
He He ou Xfiles. Lyk my die Leendert kerel se skrywe is 'n bietjie na aan die
been vir jou. Dit is somtyds nogal 'heavy' maar die ou kan ten minste redeneer
met al die nodige akademiese en Afrikaanse agtergrond (lyk dit nou van my kant
af (as 'n pleb)). Hoe voel jou eie medisyne? Is die Xfiles nie oorspronklik 'n
ondersoek van die onbekende nie? Miskien moet jy jou naam verander.
Hou so aan Leendert - jy bring bietjie balans in die groep, die ander spul
hierop redeneer my te maklik in 'n hoek vas (ek was nog maar altyd 'n bietjie
stupit as dit by stry kom). En ten minste is die groep darem weer lewendig vir
'n verandering.
Cheers
Lou
|
|
|
Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe) [boodskap #8371 is 'n antwoord op boodskap #8369] |
Wo, 05 Februarie 1997 00:00 |
Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> Hou so aan Leendert - jy bring bietjie balans in die groep
Beslis , baie entertaining .
Wat veral goed is , is dat jy anders as jou opponente jouself nie
bedien met onlogiese redevoering nie. Jou argumente is oor die
algemeen baie baie beter gekonstrueer as jou opponente s'n.
'n Gereelde baie onosele vraag wat aanmekaar gevra word is
Hoekom was jy so stil tydens die apartheidsjare ?? asof die internet
toe bestaan het.
Hierdie vraag is baie meer kwaadwillig is wat erken word.
Dit is natuurlik 'n klassieke voorbeeld van onlogiese redenasie
voering , want deur dit te vra kan jy outomaties iemand se standpunt
diskrediteer deur bloot daarop te sinspeel dat sodanige persoon onder
verdenking is. Die persoon word dus gespeel en nie sy standpunt nie.
'n Goeie aanhaling wat byval is die een van ou Clint Eastwood in die
fliek The Unforgiven. Dit is so rukkie nadat ou Clint en een van sy
saddle partners die ou geskiet het wat die vroumens so lelik met die
mes bygekom het.
Cowboy : We sure shot the hell out of him
Clint : Yes we sure shot the hell out of him
Cowboy : I guess he had it coming.
Clint : We all have it coming.
cheers
JP
|
|
|
Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe) [boodskap #8394 is 'n antwoord op boodskap #8369] |
Do, 06 Februarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 06 Feb 1997 18:57:36 GMT, j...@iafrica.com (Jean Pierre Botha) wrote:
>>
Ek praat van mense wat openbare verhoe het.
Wat in die ou bedeling nooit gekla het nie.
Maar wat in die nuwe bedeling op kruistogte gaan.
En as jy sommetjies begin maak lyk die antwoord baie na "eie belang".
Ek is seker jy ken hulle ook.
|
|
|
Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe) [boodskap #8395 is 'n antwoord op boodskap #8369] |
Do, 06 Februarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 05 Feb 1997 20:10:51 GMT, j...@iafrica.com (Jean Pierre Botha) wrote:
<<>'n Gereelde baie onosele vraag wat aanmekaar gevra word is
>
> Hoekom was jy so stil tydens die apartheidsjare ?? asof die internet
> toe bestaan het.
>
> Hierdie vraag is baie meer kwaadwillig is wat erken word.>>>
Dit is my vraag.
Dit mag as 'n verrassing vir jou kom, maar voor die Internet was dit
ook moontlik om te praat.
En Leendert praat nie net op die Internet nie. Hy is 'n openbare
kampvegter vir sy saak.
Die vraag lei hiernatoe: Toe die onvryheid tot voordeel was, is
daar stilgebly. Nou dat die vryheid tot voordeel is, word daar
geveg.
Die beginsel van vryheid is dus nie wat op die hart is nie, maar
voordeel.
Dit plaas 'n vraagteken oor die veg vir die beginsel.
Suid-Afrika is besaai met sulke mense deesdae, as jy dit nog nie
agtergekom het nie.
|
|
|
Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe) [boodskap #8398 is 'n antwoord op boodskap #8369] |
Do, 06 Februarie 1997 00:00 |
Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
fe...@is.co.za (Koos) wrote:
> Dit mag as 'n verrassing vir jou kom,
misplaaste sarkasme
> maar voor die Internet was dit
> ook moontlik om te praat.
Natuurlik , maar nie almal het nie openbare prominensie geniet nie, en
hierdie nuusgroep het nie bestaan nie.
> En Leendert praat nie net op die Internet nie. Hy is 'n openbare
> kampvegter vir sy saak.
Voor die internet en buite die internet het ek nog NOOIT van enige van
julle gehoor of gesien nie , hierdie is maar net 'n pratery (tikkery)
tussen die ou paar mense op hierdie ou nuusgroepie. Wie de hel gee
anyway om wie jy , Leendert , Gloudina of ek ookal is.
> Die vraag lei hiernatoe: Toe die onvryheid tot voordeel was, is
> daar stilgebly.
Bog twak en onsin. Mense het baie gepraat , ten spyte van geweldige
manupilasie het dit later 'n vloedgolf geword.
> Nou dat die vryheid tot voordeel is, word daar
> geveg.
Soos altyd in die verlede is daar 'n stryery , maar dit is in elk
geval nie waaroor ek wil praat nie.
My pleidooi is vir 'n meer deurdagte argumente , en minder "kneejerk"
reaksies.
> Suid-Afrika is besaai met sulke mense deesdae, as jy dit nog nie
> agtergekom het nie.
Weereens die misplaaste sarkasme. Maar nietemin , natuurlik is daar 'n
klomp tweegat jakkalse wat nou baie te se het oor alles wat nou nie
reg is nie , maar die vorige bedeling klakkeloos nagepraat het.
Ons kan praat oor die verlede tot ons almal blou word in die gesig ,
maar ons kan niks daraan verander nie. Die ou regering is nie meer aan
bewind nie , en daar is 'n nuwe een aan bewind. 'n Heelwat beter een.
Maar die nuwe een is ook nie verhewe bo kritiek nie , en alhoewel
hulle die vorige een se kaiings uit die vuur moet uitkrap , is hulle
steeds die regering van die dag .
cheers
JP
|
|
|
Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe) [boodskap #8420 is 'n antwoord op boodskap #8369] |
Vr, 07 Februarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe)
> Date: Thu, 06 Feb 1997 16:09:14 GMT
> On Wed, 05 Feb 1997 20:10:51 GMT, j...@iafrica.com (Jean Pierre Botha)
> wrote:
> ook moontlik om te praat.
> En Leendert praat nie net op die Internet nie. Hy is 'n openbare
> kampvegter vir sy saak.
Voor die instelling van die 1994 grondwet was ek nie 'n openbare kampvegter
vir my saak (tuisonderwys) nie. Daar was geen sin in om dit openbaar te beveg
onder 'n soewereine parlement nie. Die parlement het doodeenvoudig 'n wet
aangeneem wat sê "jy moet in 'n skool wees as jy ouer as A en jonger as B is
en die spesifikasies vir 'n skool kan jy kry in aanhangsel X."
Op grond daarvan is Meintjes en sy vrou tronk toe, en baie anders ouers
skuldig bevind en gevonnis. Die howe kon hulle nie help nie.
Meintjes en sy vrou is skuldig bevind en gevonnis slegs op die tegniese punt
dat hul kinders nie in 'n skool was nie. Die vraag of die kinders toepaslike
onderwys gekry het was nie eers ter sprake nie.
Die grootste deel van die trauma waardeur hulle gegaan het, is veroorsaak deur
seksies van die pers wat hulle gejag en verguis het met die grofste vorm van
slagtersjoernalstiek denkbaar. Een joernalis van 'n groot sondagkoerant het
teenoor my beweer dat die kinders nie eens hul name kon skryf nie. In die lig
daarvan dat die jongste kind tot standerd drie in die skool was, sou ek die
blaam vir so 'n toestand (wat hoegenaamd nie bestaan het nie) voor die deur
van die skool lê.
Beweringe van kindermishandeling en wat nog nie is gepubliseer. Ten spyte van
al hierdie beweringe het die kommissaris van kindersorg bevind dat daar geen
rede was waarom die kinders nie in die ouers se sorg geplaas moes word na hul
vrylating nie. Want behalwe vir beweringe was daar _niks_. Net ongehoorde
onverdraagsaamheid en sensasiejag. Die oudste dogter (nou 18) is gevra waarom
sy nie meer met die pers wil praat nie. Haar antwoord was "Hulle dink ons is
dom. Hulle dink ons doen dit omdat my pa so sê."
Ek het later verneem dat die landros wat as kommissaris van kindersorg in die
saak opgetree het die moeite gedoen het om die literatuur oor tuisonderwys te
bestudeer.
Vir tuisskolers was dit 'n veel meer verstandige strategie om ondergronds te
gaan en hul kinders in die geheim tuis te onderrig. 'n Uiters ongesonde
situasie, soos soveel ander ongesonde situasies wat in onderdrukkende
samelewings ontstaan.
Die ooreengekome strategie van die beweging (opgeteken in notules) was dus om
sover moontlik ondergronds te bly totdat die tyd ryp was vir openbare optrede.
Daardie tyd het in 1994 gekom en ons was openlik aktief met die eerste
geleentheid wat hom voorgedoen het - Hunterkommissie Mei 1995.
Wat ons intussen gedoen het was om inligting te versamel en te versprei (ek
het akademiese stukke uit 1987 waarin ek die opvoedkundige haalbaarheid en
voordele van tuisonderwys beredeneer) en om ondersteuning te soek in ander
lande en by ander organisasies binnelands. Die steun wat ons uit daardie oorde
gekry het was direk verantwoordelik vir die vroeë vrylating van die Meintjesse.
Maar die aktiwiteit was, soos gesê, ondergronds. En as ek van "ons" praat,
praat ek van 'n gemiddeld van twaalf tot vyftien gesinne oor die jare in die
georganiseerde beweging. Daar was baie meer. Uit elke bevolkingsgroep waarop
verpligte skoolbywoning van toepassing was. Ek en my gesin het eenmaal die
ervaring gehad om op Donderdag te eet by 'n gesin van Muslimtuisskolers in
Belhar in die Kaap, Vrydag by 'n gesin Israeliete wat tuisskool in Orania en
Saterdag by 'n gesin wat hul kinders in die Noord-Vrystaat tuisskool terwyl
hulle van laerskoolouderdom is. Vir hoërskool stuur hulle die kinders
koshuis toe - na 'n sendingskool in Kwazulu waar 98% van die leerlinge swart
is.
Al hierdie mense was onder die vorige wetgewing misdadigers terwille van hul
oortuigings. Die regsadvies wat ons gekry het was dat, selfs om
tuisonderwys te verkondig, ons skuldig kon maak aan aanstigting om 'n
misdryf te pleeg.
Onder die wyse waarop Bengu se wet toegepas word is baie tuisskolers
steeds misdadigers, maar nou is daar hoop dat die howe kan help. Die grondwet
maak dit moontlik. Die voorwaardes wat gestel word is so onredelik beperkend
dat die meeste tuisskolers dit ignoreer. Nou is die ironie dat die wetgewing
deur skoolhoofde, onderwysers en amptenare gebruik word om tuisskolers te
intimideer ten einde wit kinders terug te kry in skole sodat die stoele nie
deur swartes gevul kan word nie. Ons het verskeie gevalle van skoolhoofde en
inspekteurs wat dit uitdruklik so verkondig - maar natuurlik nie in die
openbaar nie.
Ja, ek is nou 'n openbare kampvegter vir my saak. Dit is nou 'n
verstandige strategie om dit in die openbaar te doen. Mary Metcalfe en ander
comrades het die gebruik gehad om vir mense te vra "And what did _you_ do in
the struggle". My antwoord by so 'n geleentheid was: "If you are referring to
the struggle for freedom and democracy - I'm in it now more than ever".
> Die vraag lei hiernatoe: Toe die onvryheid tot voordeel was, is
> daar stilgebly. Nou dat die vryheid tot voordeel is, word daar
> geveg.
> Die beginsel van vryheid is dus nie wat op die hart is nie, maar
> voordeel.
> Dit plaas 'n vraagteken oor die veg vir die beginsel.
Dit is die antwoord, kooos, net as jy bereid is om uit kwaadwilligheid ander
te belaster en te belieg. Soos jy inderdaad gedemonstreer het, jou gewoonte is.
Daar is egter ook ander antwoorde, soos ek hierbo probeer toon.
> Suid-Afrika is besaai met sulke mense deesdae, as jy dit nog nie
> agtergekom het nie.
Ja. Sommige van dieselfde joernaliste wat die Meintjesse so gejag het oorweeg
nou om hul kinders tuis te onderig. Die onthulling van jou persagtergrond het
vir my 'n lig laat opgaan.
Gelukkig ken ek ook persmense met intelligensie en integriteit.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe) [boodskap #8461 is 'n antwoord op boodskap #8420] |
So, 09 Februarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 7 Feb 1997 16:35:12, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:
daar stilgebly. Nou dat die vryheid tot voordeel is, word daar[/color]
>> geveg.
>> Die beginsel van vryheid is dus nie wat op die hart is nie, maar
>> voordeel.
>> Dit plaas 'n vraagteken oor die veg vir die beginsel.
>
> Dit is die antwoord, kooos, net as jy bereid is om uit kwaadwilligheid ander
> te belaster en te belieg. Soos jy inderdaad gedemonstreer het, jou gewoonte is.>>>
Ek verstaan nie jou antwoord nie.
Stem jy nou saam met my stelling, of wat?
vir my 'n lig laat opgaan.>>>[/color]
Die Verwoerdiaanse ding natuurlik. Plaas mense in 'n kategorie en
oordeel hulle dan - as jy nie van die betrokke persoon hou nie - aan
die hand van die laagste algemene kenmerk wat jy aan die groep
toeskryf.
Sien, jy se nou jy het joernaliste geken way back wat slegte mense
was. Nou is ek ook sleg want ek is ook 'n joernalis.
he,he,he....
As ek nou jy was jsu ek seker op 'n perdjie geklim het!
Dis koel, Leendert, geniet jou uitkak.
|
|
|
Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe) [boodskap #8478 is 'n antwoord op boodskap #8369] |
Ma, 10 Februarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 10 Feb 1997 18:28:34, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van Oostrum) wrote:
die "Kleurling"-buurte in en om Johannesburg ontstaan het omdat die[/color]
> agterstallige dienstegeld van swart woonbuurte afgeskryf word en hulle s'n
> nie. Omdat hulle die persepsie kry dat regstellende aksie teen hulle
> diskrimineer. In sommige gevalle selfs omdat hulle voel dat daar teen hulle
> gediskrimineer word op grond van hulle moedertaal (Afrikaans).>>>
Dis soos jy argumenteer, ja.
Hulle het met 'n optog begin en toe het hulle die polisie aangeval en
op die polisie begin skiet en brandbomme na die polisie gegooi.
Die polisie was daar om toe te sien dat die optog nie hande uit ruk
nie.
En toe het hulle ook aan die "loot" gegaan.
'n Vulstasie se winkel onder meer kaal gestroop.
Shame, se Leendert. Hulle is geskiet omdat hulle gelykheid bepleit
het.
Daar is twee dinge Leunie: Die redes vir die optog en die polisie
aanval/ "loot".
Hulle is nie geskiet oor die redes vir die optog nie.
En die redes lyk ook bietjie verdag.
Hulle wil skuld afgeskryf het en hulle minder dienstegelde betaal as
wat hulle dienste gebruik.
(Die res van jou pos begin nou deurgespeel raak.
En ek hou nie van Bles Bridges nie.)
|
|
|
Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe) [boodskap #8479 is 'n antwoord op boodskap #8369] |
Ma, 10 Februarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Onderwys
> Date: Sun, 09 Feb 1997 21:07:20 GMT
> On Sun, 9 Feb 1997 18:15:12, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:
> ('n Aside: Dus: Verwoerd sê swart gemeenskappe moet armer en
> minder
>>> suksesvol wees.)
>>
>> Synde 'n aside van kooos, kan mens dit ignoreer. Hy is nie bekend vir die
>> strengheid van sy logika of sy eerbied vir die waarheid nie.>>>
> Lenie, dis about die mees slordige statement wat ek in my hele lewe
> van 'n akademikus gehoor het!
> Dankie Vader jy is nie 'n joernalis nie.
> (Nee, daai proefbuis het nog nooit boem gemaak nie. Moenie oor hom
> worry nie. Hy maak nooit boem nie.)
> En dan maak jy die statement in die naam van streng logiese
> ondersoek??!!
> he,he
Die argument oor die geloofwaardigheid van jou uitsprake is streng logies:
Jy het by verskeie geleenthede al gelieg en ongegronde beweringe
gemaak, en is daarop betrap. Dit is dus verstandig om jou nie te glo nie,
tensy daar onafhanklike getuienis is wat bevestig wat jy sê.
Om daardie argument slordig te noem maak dit nie minder geldig nie.
(Tussen hakies. Ek is ook nie 'n akademikus nie :-)
> was
>> ongetwyfeld beter,>>>
> Jy begin die idee te kry.
> oor hierdie
>> gevalle te kry, - hofgetuienis, ens, of is dit ook maar soos Davenport se
>> kreatiewe vertolkings van die geskiedenis?>>>
> Wel, Lenie. Hy stem nie saam met jou nie so ek dink jy sal seker se
> dit kreatiewe interpretasie.
> Dis 'n baie losse statement wat jy hier maak vir 'n nougesette
> akademikus wat niks se sonder dat hy dit kan bewys of opback met
> allerhande bronne nie, ne?
Dit sou meer gewig dra as jy kan toon dat my beredenering van Davenport
se stelling logies of feitelik foutief is. Om dit 'n "losse statement" te noem
bring ons nie juis verder nie.
Ek het gevra of die RD bronne gee vir hul stellings. Ek stel nog steeds belang
in waar hulle dit vandaan kry.
> 'n Mens sou selfs kon begin dink die akademikus is besig om die soort
> reaksie te gee wat hy elders aanvoer as dit wat dit vir hom onmoontlik
> maak om persoonlikhede soos Biko te beskryf op die groep!
Nee. Wat ek in gedagte gehad het is die reaksie wat jy hierbo gee.
> gestelde. 'n
>> Mens herinner jou 'n sekere Mandela Football Club wat iets te doen gehad het
>> met 'n wyle Stompie Sepei, as ek dit reg het. Hulle het ook nogal gesqueel oor
>> "police raids".>>>
> OK Geskiedenis-les-tyd.
> Verwoerd het hierdie goed in die jare 50 gedoen.
> The Mandela Soccer Club was Winnie Mandela se lyfwagte in die middel
> jare tagtig.
> Die twee goed is geskei nie alleen deur dekades nie maar ook deur
> omstandighede, agtergrond en mense wat hulle bedien.
En op watter wyse is die verskille ter sake?
> Daar is baie "clubs" ja.
> Baie bewegings en so aan. Baie van hulle het verskuilde agendas.
> Die waarna verwys word het nie gehad nie.
Wie se so? Jy?
> Of begin jy die grond voorberei hier vir aanklagte dat daardie klubs
> niks anders was a bloeddorstige terroristiese kommuniste nie?
Ek berei niks voor nie. Ek het gevra na meer inligting oor die klubs.
Onafhanklike inligting, wat nie afhanklik is van jou sin vir waarheid nie.
> >> polisie stuur om enige tuis-onderrig en ekstra klasse wat wit ouers
>>> reel op te breek en die wat dit organiseer in die tronk te gooi - of
>>> sommer net dik te donder en te laat le.
>>
>> Wel, hy het so pas 'n wet op die wetboek geplaas wat hom toelaat om dit te
>> doen.>>>
> Nee hy kan nie.
> Verwys na die grondwet en die handves van menseregte.
Die grondwet en die handves van menseregte verhoed nie die parlement om 'n
ongrondwetlike bepaling op die wetboek te plaas nie. Dit stel bloot die burger
in staat om die grondwetlikheid van 'n bepaling in die hof te toets. 'n Duur
proses, nie net in geldelike terme nie, wat lank duur.
> As die grondwet se jou kinders moet skool toe gaan, sal hulle moet.
Die grondwet sê dit nie. Die grondwet vereis nie eens dat hulle onderwys moet
ontvang nie. Dit gee hulle bloot die reg om onderwys te ontvang indien hulle
daardie reg wil uitoefen.
> Wat jy hulle na skool in jou huis leer of na watter klasse jy hulle
> stuur, is jou saak. Die grondwet verskans daardie reg.
Die grondwet verskans meer as dit. Hy verskans ook hul reg om in die
staatskool te leer wat vir _hulle_ belangrik is en om daar nie te leer wat
teen hul oortuigings indruis nie - so lank hulle nie in die proses die
fundamentele regte van ander skaad nie.
En dit verskans die kind se reg om die keuses van wat hy leer uit te oefen
onder die rigting en leiding van sy _ouers_.
In teenstelling hiermee, bepaal Bengu se onderwysbeleidwet dat hy die mag het
om aleen oor al hierdie dinge te besluit. En sy departement is besig om besluite
te implementeer wat die fundamentele regte van miljoene kinders sal skaad.
> (Jy sal natuurlik probleme kry as jy hulle na Satanistiese klasse toe
> stuur wat massa-moorde beplan, want hier sal Bhengu se "hy weet beter
> vir andere" waarskynlik inkick.)
Slegs as hul optrede die fundamentele regte van ander skaad, wat wel hier die
geval mag wees. So 'n reg beskerm die grondwet nie.
>> Hmmm..... Daar is heelwat gevalle waar die wiskunde-onderwysers van skole
> middae - teen
>> betaling. Ek wonder patykeer oor dinge soos "conflict of interest" en so
> aan.>>>
> Miskien moet jy wonder oor die vryheid waarin dit toegelaat word en
> jou stelling dat Bhengu en Verwoerd dieselfde doen. En Verwoerd se
> opbreek van soortgelyke klasse vir swartes wat minderwaardige onderwys
> volgens wet moes ontvang.
Haal asseblief die wet aan waarna jy hier verwys en waar dit bepaal het dat
swartes minderwaardige onderwys _moes_ ontvang.
Dat hulle dit wel ontvang het is waar. Ek sien dit elke dag met mense met
wie ek werk.
> Leendert, as jy die lees. Die ball bearing waarom al die goed
> draai,
>>> ou swaer, is daai stukkie oor wat die inhoud van die woord "Bantu" is
>>> as Verwoerd praat.
>>
>> Yep. Die ball bearing. >>>
> En sy inhoud is rasse-onderskeid wat terugstrek tot by wette wat dit
> moontlik gemaak het om mense amptelik "vir die doeleindes van" te
> klassifiseer as minder- en meerderwaardige burgers van hulle eie land.
> onderskeid op
>>> grond van ras nie.
>>
>> Hoor my. Moenie jou so blind staar teen die feit dat ras as
>> onderskeidingskriterium verdwyn het (of na bewering verdwyn het), dat jy nie
>> die ooreenkomste kan raaksien nie. Ek weet jy dink dat daar niks anders is wat
>> belangrik is nie, maar ek sê dit weer. Die fundamentele uitgangspunte van
>> Bengu en Verwoerd is dieselfde.>>>
> Ek is seker die uitgangspunt waarna jy so aanmekaar terugkeer is
> dieselfde as sommige Amerikaanse state en Europese lande: Dat
> staatsonderwys uniform is en dat as die geld baie min word en
> staatsbesteding moet ingekort word, word daar in die onderwys eerste
> aan die bevoorregte privaatskole se subsidies gesny.
Nee dit sny eweneens aan die subsidies van privaatskole in Soweto en
die Vaaldriehoek. In sommige gevalle skole wat onstaan het waar daar
geen alternatiewe vorm van onderwys was nie.
Jy maak, lyk dit my, die volgende aannames:
Dat uniforme onderwys altyd of selfs meesal goedkoper is as diverse onderwys.
Dat staatsonderwys altyd of selfs meesal goedkoper is as privaatonderwys.
Dat alle privaatskole altyd of meesal "bevoorreg" (in die finansiële sin) is.
Dat die staat geld spaar wanneer hy die subsidies van privaatskole sny.
Elkeen van hierdie aannames is foutief.
Daarbenewens is uniforme staatsonderwys nie eens effektief om te bereik wat
dit veronderstel is om te bereik nie. Dit druis in teen die mees fundamentele
beginsel van die opvoedkunde en van die grondwet - vryheid van keuse.
Uniforme staatsonderwys vir alle kinders (die gestelde beleid van die ANC,
hoewel hulle erken dat hulle dit nie onderdie grondwet kan afdwing nie) het
net een voordeel: dit stel die staat in staat om beheer uit te oefen oor die
denke van die volgende geslag.
> As Suid-Afrika se afgelope paar dekades bespreek word.
> As apartheid bespreek word en die verkragting van menseregte wat dit
> amptelike staatsbeleid gemaak het, dan is die rasse-ding
> alles-oorheersend.
Dit is waar. En dit is waar die gevaar lê. As ons ons vaskyk in die
alles-oorheersende ding loop ons gevaar om die boosheid wat dit onderlê
mis te kyk.
> Vir jou is dit klaarblyklik nie.
Vir my is dit nie. Vir my is dit maar 'n simptoom van die kwaad.
> Jy sien dit vreemd nie raak nie.
Ek sien dit raak. Maar ek sien meer as dit raak.
> Of maak dit af as niks.
Dit het ek nie gedoen nie, of kan jy verwys na gevalle waar ek dit gedoen het?
> as vir
>> swartetjies. Maar hy het vir albei besluit wat goed is vir hulle. >>>
> Jy mis weer die punt van apartheid - ek begin nou oortuig raak dat jy
> dit doelbewus ignoreer - dat hy besluit het die twee moet op ras
> geskei word en die een s'n moet minderwaardig wees teenoor die ander
> een s'n.
Ek kan jou nie verhoed om tot enige oortuigings te raak wat jy wil nie. Ons
het reeds gesien dat jy nie gronde vir jou oortuigings nodig het nie.
> En die minderwaardigheid het nie net kwaliteit van onderwys behels
> nie, maar gestrek tot by die werk wat die pa mag doen, die huis waar
> die kind mag bly en die water wat hulle kry uit die krane (of nie).
> Selfs waar hulle mag loop watter tye van die dag.
> En dis afgedwing met gewere en militere wapens.
Inderdaad.
> En as iemand gelykheid bepleit het is hy in die tronk gegooi. Later
> doodgemaak ook.
Wel, in Vrydag se Beeld is berig dat vier mense Donderdag doodgeskiet is wat
gelykheid bepleit het. Onder die nuwe grondwet. Dit was in die onluste wat in
die "Kleurling"-buurte in en om Johannesburg ontstaan het omdat die
agterstallige dienstegeld van swart woonbuurte afgeskryf word en hulle s'n
nie. Omdat hulle die persepsie kry dat regstellende aksie teen hulle
diskrimineer. In sommige gevalle selfs omdat hulle voel dat daar teen hulle
gediskrimineer word op grond van hulle moedertaal (Afrikaans).
(Jy het natuurlik uit dieselfde uitgawe van Beeld aangehaal - maar van Tim
Twinkletoes se irrelevante Pollyannapraatjies.)
> > wat goed is vir hulle.>>>
> En hy laat hulle nie registreer as verskillend nie en se nie die een
> s'n moet minderwaardiger as die ander s'n wees nie.
> En dit maak hom iets totaal anders as Verwoerd "where it counts".
Nee. Dit maak hom juis nie anders as Verwoerd nie.
Wat dit wel doen, is dat dit jou laat dink dat dit hom anders maak.
> Dis hier waar jy die argument begin het.
> En waar jy weer staan.
> Gaan kyk nou weer na wat jy anvanklik gese het.
Net dit wat ek steeds sê. In wese verskil die beleid van Bengu en Verwoerd
geensins nie. Albei ontneem _almal_ die reg om hul eie beste belang te bepaal.
> > capital of the world is nie. Op die oomblik sou dit dom politiek wees van hom.
>> Maar gee hom 'n jaar of drie.>>>
> Dis nie moontlik om dit te doen onder die bestaande grondwet nie.
> Wat verwag jy gaan Bhengu doen?
> Die grondwet verander?!
> Dalk in die nag in Mandela se kantoor insluit en 'n nuwe een in die
> laai slip of iets?
Die grondwet verhoed hom nie om dit te doen nie. Die hof kan hom verhoed om
dit te doen op grond van die grondwet. Tussen die doen en die verbod deur die
hof lê daar miljoene rande en baie jare.
Maar dit is die verskil tussen toe en nou. Nou is daar darem die moontlikheid
dat die hof tot 'n mens se hulp kan kom. Tevore was dit nie daar nie. En dit
is waarom die NSA 'n groot verbetering op die OSA is. Soos ek al herhaaldelik
gesê het.
> Dit is nie alleen polities onmoontlik op die oomblik nie. En die feit
> dat jy dit self hierbo se is 'n onverwagte mosie van vertroue in die
> huidige politieke bestel wat jy wild en wakker in ander postings
> weerspreek.
Ek het _geen_ vertroue in die huidige politieke bestel nie. Geen
politikus gaan my fundamentele regte - of joune, of die swart kind
in Mamelodi s'n beskerm nie. Dit is die funksie van die howe en die
handves van menseregte. Om dit vir almal van ons moontlik te
maak om ons fundamentele regte _teen_ die politici te beskerm.
Dit het ons nie indie verlede gehad nie (en sou dit ook nie nou
gehad het nie, as die ANC sy sin gekry het - kyk maar na hulle
aanvanklike voorstelle by KODESA).
Ek het wel vertroue in die huidige grondwetlike bestel. Maar nie so
veel soos jy nie.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 16 18:34:27 MGT 2024
|