Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » xfiles, gloudina, kooos: Die gevaar van urban legends
xfiles, gloudina, kooos: Die gevaar van urban legends [boodskap #8348] Di, 04 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Xfiles:

Jou bewering dat mense in Suid-Afrika verbied is om deur hul moedertaal te
leer is een wat nogal dikwels te berde gebring word.

Dit is egter bewysbaar vals, en duisende mense weet dit.

Dit is een van die goort getal urban legends wat deur die jare rondom
apartheid geskep of gepropageer is deur teenstanders van apartheid, vir hul
eie doeleindes. Dinge wat wittes in Suid-Afrika geweet het is vals, maar wat
ander mense verkies het om te glo.

Daar is duisende ander voorbeelde. Soos die ANC Senator ('n Heel
ongesofistikeede vrou uit Venda, volgens my Venda-kontakte. Hulle is nogal
skaam oor haar.) wat die storie in die parlement verkondig het van die "white
afrikaans farmer's wife" wat geweier het om haar (swart vroulike) werknemer te
betaal. In 'n onderonsie gryp sy toe die werknemer se baba en voer dit vir
haar varke.

Sy is gevra om die storie te bevestig. Om hieroor in gebreke ty bly, sou
beteken dat sy vir die parlement gelieg het. Sy het tot vandag toe nie die
storie bevestig nie, en sover ek weet het sy Senator gebly vir die hele
kortstondige lewe van ons eerste en enigste demokratiese senaat.

Wanneer mense met galmende geskal dus vra "wat het julle gedoen oor
apartheid"? en verklaar "julle het mos geweet wat gebeur", moet jy hierdie
verskynsel in gedagte hou.

Die verspreiders van sulke gerugte het geen geloofwaardigheid gehad in die oë
van mense wat geweet het dat hulle leuens versprei nie. Wanneer hulle dus die
waarheid verkondig het, is hulle ook nie geglo nie.

Vir sover mense "nie geweet het nie" wat hulle redelikerwys wel moes weet, kan
jy die digte weefsel van urban legends soos hierdie, en die effek daarvan op
die waarnemingsvermoë nie buite rekening laat nie.

(Tolstoy het, in die konteks van die verwarring van die slagveld, na die
ekwivalente verskynsel verwys as die "fog of war". [War and Peace. Die deel or
die slag van Borodino.])

Nou is daar die in die gemeenskap wat vroom en heilig verkondig dat ons "die
foute van die verlede" moet erken en daarvoor boet.

Dieselfde mense, soos skerpsinnige kooos met sy vonkelende repartee (se moer),
openbaar hulself in hierdie poslys as mense wat bereid is om ter wille van 'n
poging tot 'n retoriese oorwinninkie, presies dieselfde soort leuens te
verkondig, en weier dan om die verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar.

Ander, soos ontgogelde Gloudina, laat glip dat sy in Bantoe-Onderwys
skoolgehou het - met die noodwendige suggestie dat sy gesaghebbend daaroor kan
praat. Sy laat egter oogluikend toe dat sulke bewysbaar valse urban legends
soos jou bewering oor die verbod op moedertaalonderwys onbevraagtekend
voortleef. Omdat dit pas by haar ontgogelde ingesteldheid en ongeag die
objektiewe waarheid daarvan? Omdat dit pas by haar begeerte om gloeiende kole
to hoop op die hoof van die onbekeerdes?

Jy, xfiles, verkondig die noodsaaklikheid van 'n studie van die geskiedenis
vir goeie onderwys. Wanneer jy gewys word op wanopvattings in jou eie
historiese persepsie, reageer jy deur die boodskapdraer te gesel met
beskuldigings van demagogery.

Dus: hierdie heiliges (se moer) verwag van die sondaars om te boet, nie vir
die "foute van die verlede" wat hulle wel begaan het nie, nie vir die wat in
hul naam en "tot hul voordeel" begaan is nie, maar vir al hierdie sowel as al
die "foute van die verlede" waarvan hulle ooit beskuldig is, ongeag die
objektiewe waarheid daarvan. Vir al die urban legends, soos die algemene
een oor die moedertaalonderwys, en die een oor die varke, wat ooit vir
die waarheid verkondig is. Daarby moet hulle sommer in dieselfde ry as Nazi
Duitsland gaan staan en gemeenskaplike verwerplikheid aanvaar. Want Tim du
Plessis van Beeld gebruik egte demagogiese retoriek om so te sê. En die
historiese revisionisme wat aan die orde is moet al hierdie leuens en
persepsies as "geldige" elemente van die geskiedenis erken. Wnat dit het, per
slot van rekeneing, deel gevorm van mense se persepsie en dus die geskiedenis
be-invloed.

En hieruit moet vrede en versoening in milde strome vloei om die ganse
landskap van gebroke menseverhoudinge te salf?

Se moer.

Hieruit vloei wrewel.
Ontkenning, ook van dit wat waar is.
Marginalisering.
En wat daarmee saamgaan.

Leendert
Re: xfiles, gloudina, kooos: Die gevaar van urban legends [boodskap #8365 is 'n antwoord op boodskap #8348] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: xfiles, gloudina, kooos: Die gevaar van urban legends
> Date: Wed, 05 Feb 1997 06:39:02 GMT

> On Tue, 4 Feb 1997 13:13:37, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:

> > jy die digte weefsel van urban legends soos hierdie, en die effek daarvan op
>> die waarnemingsvermoë nie buite rekening laat nie..>>>

> En nog sulke twak:

> Leendert sê dus Eugene de Kock se getuienis in die Hooggeregshof in
> Pretoria laat verlede jaar is nie die waarheid nie.

Ek sê dit nie. Wat ek wel sê is dat vroeëre bewerings van optredes soos De
Kock s'n ongeloofwaardig was omdat dieselfde bronne ook bekende
leuens versprei het.

> Die waarheid is sy redevoering.
> Wat baie duidelik daarna mik om te se daar was niks snaaks in die
> verlede nie.

Hoegenaamd nie. Ek het geen begeerte om dit wat werklik gebeur het weg te
praat of te verdoesel nie. Ek is egter ook nie bereid om leuens en eensydige
vertolkings soos joune daar te laat nie.

> (Wat natuurlik beteken apartheid was....wel.....goed vir swartmense.)

> Toe jy 20 jaar op die see was, Leendert, het ek in Suid-Afrika gewoon
> en gewerk en gesien wat om my gebeur het.

Selfs 'n voltydse matroos in die handelsvloot het ten minste 4 maande in die
jaar verlof, kooos. 'n Senior een ses maande.

[verdere onverstaanbare uitlatings geknip]

Groete, Leendert
Re: xfiles, gloudina, kooos: Die gevaar van urban legends [boodskap #8368 is 'n antwoord op boodskap #8348] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 5 Feb 1997 17:58:36, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:

>
Leendert sê dus Eugene de Kock se getuienis in die Hooggeregshof
in
>> Pretoria laat verlede jaar is nie die waarheid nie.
>
> Ek sê dit nie. Wat ek wel sê is dat vroeëre bewerings van optredes soos De
> Kock s'n ongeloofwaardig was omdat dieselfde bronne ook bekende
> leuens versprei het.>>>

Hy het al daardie bewerings - en nog ander - in sy eie getuienis
erken!
Nou wat maak dit nou in jou stelsel van beoordeling vir die
geloofwaardigheid van die "bronne" waarna jy verwys?!
Jou eie redenering gaan mos so: Hulle is uitgevang dat hulle lieg (en
jy gee een voorbeeld, die een van die "vark-senator") daarom kan ons
hulle nie glo oor ander goed nie.
Nou, die beginsel vereis mos nou dat jy se: "Hulle is deur De Kock
self bewys dat hulle die waarheid gepraat het, dus moet ons hulle nou
glo oor ander goed ook.

In elk geval, die enigste "dieselfde bronne" waarvan jy hier praat, is
lyk my die ANC se "vark-senator".
En daardie senator het sover ek weet nooit iets van De Kock gese nie.
Ander mense het egter wel.
En toe gaan sit De Kock voor regter Harms so vier jaar gelede en lieg
sy gat af. En die hele kommissie en die hele Afrikaner establishment
(jy waarskynlik ook) glo hom!
En in sy hofsaak vertel hy toe hoe hy sit en lieg het oor derde mag
bedrywighede en hoe hy geglo was!
Wat maak jy daarvan?

Gaan jy ons nou waarsku daarteen om regter Harms en die staatsadvokate
en die top-polisiemanne (ook getuig daar en op verskeie ander plekke)
en mense soos dit te glo oor wat in die afgelope dekade gedoen was?

praat of te verdoesel nie. Ek is egter ook nie bereid om leuens en eensydige[/color]
> vertolkings soos joune daar te laat nie.>>

Moenie my glo nie!
Glo Eugene de Kock!
Glo Johan van der Merwe!
Glo Adriaan Vlok!
Glo Brian Mitchell!

>[/color]

So jy was nie 20 jaar op die see nie?
Jy was veertig jaar, as jy 'n senior matroos was, of minder as jy 'n
junior matroos was.

In elk geval. Ek was 12 maande van die jaar in Suid-Afrika.
En 'n groot deel daarvan by 'n koerant as joernalis.



Laat ek verduidelik. Jy spin 'n groot argument oor ANC mense wat nie
oor die verlede geglo kan word nie.
Jy "hint" deurentyd na jou weergawe van die geskiedenis, wat vreemd
genoeg deur meer as een van die nuusgroep se mense op dieselfde wyse
gelees en geinterpreteer word.

Jy se:
Re: xfiles, gloudina, kooos: Die gevaar van urban legends [boodskap #8372 is 'n antwoord op boodskap #8348] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 4 Feb 1997 13:13:37, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:

die waarnemingsvermoë nie buite rekening laat nie..>>>[/color]

En nog sulke twak:

Leendert sê dus Eugene de Kock se getuienis in die Hooggeregshof in
Pretoria laat verlede jaar is nie die waarheid nie.

Die waarheid is sy redevoering.
Wat baie duidelik daarna mik om te se daar was niks snaaks in die
verlede nie.
(Wat natuurlik beteken apartheid was....wel.....goed vir swartmense.)

Toe jy 20 jaar op die see was, Leendert, het ek in Suid-Afrika gewoon
en gewerk en gesien wat om my gebeur het.

Waar de hel kom jy vandaan om een voorval in die afgelope paar jaar se
geskiedenis van die ANC te vat en dit te probeer spin in 'n argument
wat sê ek het nie geweet wat ek sien nie??!

Of nie gehoor het wat ek gehoor het in die Pretoriase Hooggeregshof
nie!??

En jy praat van Goebels en sy crowd in 'n ander tersaaklike
posting!!!!!!!!
Re: xfiles, gloudina, kooos: Die gevaar van urban legends [boodskap #8422 is 'n antwoord op boodskap #8348] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: xfiles, gloudina, kooos: Die gevaar van urban legends
> Date: Wed, 05 Feb 1997 20:40:40 GMT

> On Wed, 5 Feb 1997 17:58:36, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:

>>
> Leendert sê dus Eugene de Kock se getuienis in die Hooggeregshof
> in
>>> Pretoria laat verlede jaar is nie die waarheid nie.
>>
>> Ek sê dit nie. Wat ek wel sê is dat vroeëre bewerings van optredes soos De
>> Kock s'n ongeloofwaardig was omdat dieselfde bronne ook bekende
>> leuens versprei het.>>>

> Hy het al daardie bewerings - en nog ander - in sy eie getuienis
> erken!
> Nou wat maak dit nou in jou stelsel van beoordeling vir die
> geloofwaardigheid van die "bronne" waarna jy verwys?!
> Jou eie redenering gaan mos so: Hulle is uitgevang dat hulle lieg (en
> jy gee een voorbeeld, die een van die "vark-senator") daarom kan ons
> hulle nie glo oor ander goed nie.
> Nou, die beginsel vereis mos nou dat jy se: "Hulle is deur De Kock
> self bewys dat hulle die waarheid gepraat het, dus moet ons hulle nou
> glo oor ander goed ook.

Jou logika, kooos, het nog niks verbeter nie. As iemand nog nooit vir jou
gelieg het nie, het jy nie rede om hom te wantrou nie. Maar as hy dit eenmaal
gedoen het, het jy nie rede om hom te vertrou nie.

Jy het nou al drie maal in hierdie gesprek uitdruklik gelieg.

> In elk geval, die enigste "dieselfde bronne" waarvan jy hier praat, is
> lyk my die ANC se "vark-senator".
> En daardie senator het sover ek weet nooit iets van De Kock gese nie.
> Ander mense het egter wel.

Mense met jou reputasie vir onkreukbare opregtheid, miskien?

> En toe gaan sit De Kock voor regter Harms so vier jaar gelede en lieg
> sy gat af. En die hele kommissie en die hele Afrikaner establishment
> (jy waarskynlik ook) glo hom!
> En in sy hofsaak vertel hy toe hoe hy sit en lieg het oor derde mag
> bedrywighede en hoe hy geglo was!
> Wat maak jy daarvan?

Maar net dat jy nie vir De Kock kan glo tensy dit deur onafhanklike getuienis
bevestig word nie. Dit geld sy getuienis voor Harms, in sy onlangse hofsaak,
en die voor die Waarheidskommissie (wat nog moet kom, so ver ek weet).

> Gaan jy ons nou waarsku daarteen om regter Harms en die staatsadvokate
> en die top-polisiemanne (ook getuig daar en op verskeie ander plekke)
> en mense soos dit te glo oor wat in die afgelope dekade gedoen was?

Inderdaad, as hulle tevore gelieg het. In die geval van regsgeleerdes, ook al
het hulle nie tevore gelieg nie :-)

> weg te
>> praat of te verdoesel nie. Ek is egter ook nie bereid om leuens en eensydige
>> vertolkings soos joune daar te laat nie.>>

> Moenie my glo nie!
> Glo Eugene de Kock!

Nee. Ek sal hom net glo as dit deur onafhanklike getuienis bevestig word.

> Glo Johan van der Merwe!
> Glo Adriaan Vlok!

Ons moet nog sien wat hulle te sê het.

> Glo Brian Mitchell!

Wie?

> >

> So jy was nie 20 jaar op die see nie?
> Jy was veertig jaar, as jy 'n senior matroos was, of minder as jy 'n
> junior matroos was.

> In elk geval. Ek was 12 maande van die jaar in Suid-Afrika.
> En 'n groot deel daarvan by 'n koerant as joernalis.

Ah! Dit verklaar jou gebrek aan respek vir die waarheid!

>

> Laat ek verduidelik. Jy spin 'n groot argument oor ANC mense wat nie
> oor die verlede geglo kan word nie.

Nee. Ek het net na een ANC-mens in besonder verwys. As een van "duisende
ander voorbeelde" (my woorde). Die res van my stellings was veel maar
algemeen, aan die hand van xfiles se bewering (as xfiles 'n ANC-mens is, weet
ek dit nie).

> Jy "hint" deurentyd na jou weergawe van die geskiedenis, wat vreemd
> genoeg deur meer as een van die nuusgroep se mense op dieselfde wyse
> gelees en geinterpreteer word.

Wat is my weergawe van die geskiedenis? En verwys asseblief na wat ek daaroor
geskryf het. Nie na die waansinnige idees daaroor wat jy voorturend optower
nie. Want ons het al tevore gesien, kooos, dat jy "hints" optel wat net uit
jou kop kan kom, en op geen wyse in die geskrewe teks staan nie.

Gee dus asseblief my weergawe van die geskiedenis, sowel as die name van die
ander mense op die nuusgroep wat dit op dieselfde manier vertolk as jy - soos
jy beweer. Dan vra ons hulle sommer openlik of hulle dit ook so sien.

> Jy se: eie doeleindes. Dinge wat wittes in Suid-Afrika geweet het is vals,
> maar wat
> ander mense verkies het om te glo.

> Daar is duisende ander voorbeelde. Soos die ANC Senator ('n Heel
> ongesofistikeede vrou uit Venda, volgens my Venda-kontakte. Hulle is
> nogal
> skaam oor haar.) wat die storie in die parlement verkondig het van die
> "white
> afrikaans farmer's wife" wat geweier het om haar (swart vroulike)
> werknemer te
> betaal. In 'n onderonsie gryp sy toe die werknemer se baba en voer dit
> vir
> haar varke.

> Sy is gevra om die storie te bevestig. Om hieroor in gebreke ty bly,
> sou
> beteken dat sy vir die parlement gelieg het. Sy het tot vandag toe nie
> die
> storie bevestig nie, en sover ek weet het sy Senator gebly vir die
> hele
> kortstondige lewe van ons eerste en enigste demokratiese senaat.

> Wanneer mense met galmende geskal dus vra "wat het julle gedoen oor
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
> apartheid"? en verklaar "julle het mos geweet wat gebeur", moet jy
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
> hierdie verskynsel in gedagte hou.>>>>
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
> Dit is baie duidelik vir my wat jy hier se.

En wat sou dit wees? (Ek kom agter dat dinge wat vir jou duidelik is heel
dikwels uit die lug gegryp is. So laat ons dan maar spesifiek wees, en nie met
knipogies praat nie.)

> Toe se ek: posting!!!!!!!!>>>>

> En nou se jy dis "onverstaanbare uitlatings".
> Dis baie helder vir my Lenie.

So helder soos die ander beelde wat jy in jou kop kry. Ek het na _twee_
voorbeelde verwys, nie na een, soos jy beweer nie. Die ander een was die
gewaande verbod op moerdertaalonderwys vir swartmense. Wat nie deur "die ANC"
verkondig is (sover ek weet) nie, maar deur xfiles, en deur vele ander voor
hom. Waardeur ek 'n baie groter tydgleuf ge-impliseer het as bloot De Kock en
sy dinge.

Maar ek het nie eers na die ANC in besonder verwys nie, behalwe om die
varkvrou te identifiseer. Ek het verwys na "duisende ander voorbeelde. Soos
die ANC Senator".

Jou stelling dat ek "een voorval in die afgelope paar jaar se geskiedenis"
gebruik om 'n omvattende regverdigingsgrond op te bou is dus bloot nog een van
jou lang reeks leuens. Die derde een waarop jy eksplisiet betrap word. (Geen
wonder ek kon nie verstaan waarna jy verwys voordat jy die konteks aangehaal
het nie - jou bewering het so weinig verband gehad met wat ek in werklikheid
geskryf het dat ek my eie woorde nie kon herken nie.)

Ek begin dink dat jy hierdie drogargumente wat jy op leuens bou miskien
doelbewus gebruik as 'n taktiek om jou teenparty uit te put - wat dit elke
keer moet bekamp. Het jy hierdie taktiek in jou joernalistieke loopbaan geleer?

In daardie geval sou ek dankbaar wees as ek reg aflei dat jou loopbaan in die
joernalistiek verby is.

Groete, Leendert
Re: xfiles, gloudina, kooos: Die gevaar van urban legends [boodskap #8480 is 'n antwoord op boodskap #8422] Ma, 10 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 7 Feb 1997 16:41:06, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:

>

Ek sien uit daarna om jou ander argumente - terug en vorentoe - ook
geoordeel te sien aan die hand van die streng toets.

Glo Johan van der Merwe!
>> Glo Adriaan Vlok!
>
> Ons moet nog sien wat hulle te sê het.>>>

Hulle het al gepraat al. Baie van De Kock se getuienis gestaaf.

Glo Brian Mitchell!
>
> Wie?>>>

Gaan vind bietjie uit.

>

1. Verwoerd en Bhengu is nie te onderskei nie.

2. Die basis van apartheid was dat die NP geglo het hy weet beter
wat goed is vir ander. Niks meer as dit nie.

(Dis toevallig iets wat elke liewe regering op Gods aarde oortuig
van is. En elke politieke party. En elke iemand wat 'n politieke
argument voer.)

>>[/color]

Vra hulle self.
Ek vertolk wat jy se as 'n agterdog-saaing teen die nuwe
staatsbestel in SA en 'n toeverf van die gruwels van die vorige
bestel.
En 'n baie besliste poging om die bestel van die verlede gelyk te stel
aan die bestel van vandag.

>[/color]

"duisende ander voorbeelde. Soos die ANC Senator" slaag dit jou
strenge toets vir stawing en bronne?
As jy so verwys verwys jy ongelukkig na die ANC en soortgelyke
bronne oor wat in die verlede gebeur het .
Veral in die konteks van wat jy gese het.

gebruik om 'n omvattende regverdigingsgrond op te bou is dus bloot nog een van[/color]
> jou lang reeks leuens.>>>

Wel, Leunie, jy gebruik net een voorbeeld in jou waarskuwing. Dis
die vark-senator.

Jou verwysing na wat Xfiles gese het word nie later aangewend nie.
En ek glo nie jy wil werklik aanvoer dat wat Xfiles twee weke
gelede op die nuusgroep gese het bou aan wat jy "urban legends"
noem oor SA se verlede nie
.
Dan voeg jy losweg by, lyk dit, "duisende ander". En jy gebruik
dit om die persepsie "urban legends" te skets wanneer jy waarsku
teen mense glo oor die verlede.

Jy se vir my daarmee baie duidelik: "Julle gaan baie goed hoor oor
die verlede. Julle gaan dit van swartmense in die ANC hoor. Maar
wees gewaarsku. Swartmense in die ANC lieg baie oor die verlede. Kyk,
hulle is soos die vark-senator. Almal ANC en almal swart. So
moenie dit glo nie. Want dan gaan julle urband legends glo."
Vorige onderwerp: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997
Volgende onderwerp: Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 16:48:13 MGT 2024