Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997
Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8200] Ma, 27 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Nico Kock  is tans af-lyn  Nico Kock
Boodskappe: 8
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
http://www.boer.co.za/boer

Ontvang daagliks u Boerenuus via die e-pos stelsel.
Stuur boodskap aan:
bo...@boer.co.za
Subscribe boerenuus

NUUSKOMMENTAAR, MAANDAG 27 JANUARIE 1997

Die jongste berigte oor wanbetalings in die staatsdiens van Natal, is
'n
sprekende voorbeeld van wat op die belastingbetalers van Suid-Afrika
wag.
As die berigte waar is wat deur die media versprei word dat sowat
10,000
salaristjeks maandeliks uitgereik word aan persone wat nie in diens
van
die owerhede is nie, dan kan die vraag met reg gevra word hoeveel
ander
mense in die land ontvang soortgelyke salarisse terwyl hulle nie in
diens
van een of ander departement is nie.

Die mees ontstellende hiervan is dat daar mense is wat salaris ontvang

terwyl hulle by die ouderdom van negentig jaar is, terwyl ander so
jonk
as vier jaar is. Die verskoning wat aangebied word, is dat mense wat
wel
in diens is, se identiteitsnommers verkeerdelik ingevoer is op
databasisse van rekenaars. Wat egter vreemd voorkom is die feit dat
verkeerde ID nommers tog nie toegeken kan word aan mense wat nie op
die
betaalstaat van die staat is nie. Die vraag ontstaan eerstens hoe het

die name van mense op die databasis gekom as dit nie deur 'n amptenaar

ingelees is nie?


.../2

Die noodwendige gevolgtrekking wat hieruit gemaak kan word, is dat
iemand
besig is om op groot skaal geld te steel van die belastingbetalers van

die land.

Alhoewel diefstal nie 'n nuwigheid is nie, en veral nie in die
sogenaamde
Nuwe Suid-Afrika nie, bly dit tog vreemd dat hierdie soort van
handeling
so drasties toegeneem het sedert die ANC aan bewind geplaas is. Sou
dit
gedoen word uit die magsug van amptenare wat nog nooit die behoefte
gehad
het om harde en eerlike werk te doen vir die vergoeding wat hulle
daarvoor ontvang nie? Of is dit gewoontemisdadigers wat voortgaan met

misdaad terwyl hulle in verantwoordelike poste aangestel is? Is dit
moontlik dat soveel geld oor so 'n lang periode uitbetaal kan word
sonder
dat daar behoorlike kontroles ingebou word? Hoeveel geld is onwettig
uitbetaal gedurende die afgelope drie jaar van ANC bewind, en hoeveel
gaan nog op soortgelyke wyse uitbetaal word in die komende twee jaar
voor
die algemene Verkiesing in 1999?

Die antwoord op al hierdie vrae word al duideliker namate die land
verder
in chaos verval.


..../3

Die talle voorbeelde van wanbestuur en wanadministrasie dui daarop dat

Suid-Afrika geensins anders geword het as die meeste ander Afrikastate

nie - 'n korrupte en bankrot land is ons voorland indien die tendens
voortduur!

Al hierdie gebeure moet aan die voete van die vorige regering gelê
word.
Dit was hulle sogenaamde onderhandelingspan wat veroorsaak het dat
die
landbestuur in die hande van onopgeleide en onbekwame mense gelaat is.

Dit is hulle en diegene wat blindelings agter hulle aangeloop het, wat

met misleidingstegnieke die kiesers op die dwaalspoor van vernietiging

geplaas het met hul "Ja-stem verkiesing". Dit was hulle leiers wat
van
vergadering tot vergadering die kiesers oortuig het dat hulle die
verkiesing kan wen, en later hoog opgegee het dat 'n sogenaamde
regering
van nasionale eenheid die ware jakob is vir Suid-Afrika. Die gevaar
van
apartheid is deurlopend voorgehou as die beleid wat vernietigend is
vir
die vrede, voorspoed en veiligheid van al die mense in die land.

Nou het al die misleiding geboemerang. Selfs die oortuigde meneer
F W De Klerk moes later erken dat die regering van nasionale eenheid
nie
werkbaar is nie - en daarmee lei hy die volgende fase van misleiding
in
deur kiesers te probeer oortuig dat 'n sterk opposisie die antwoord
het.

..../4

Maar die kiesers van Suid-Afrika is besig om hierdie misleiding te
verwerp. Hulle nuwe plan om alle blankes saam te snoer in een
beweging
wat eintlik 'n koalisie sal wees, sal moontlik enkele kiesers mislei.

Die groot meerderheid het dit waarskynlik reeds verwerp, en sal sy
pleitbesorger weer as 'n leier aanvaar nie. En as hy moet plek maak
vir
'n ander koalisieleier, sal dié ewe min aanvaarbaar wees.
Boere-Afrikaners het reeds hul eie volkleiers geïdentifiseer. Daardie

leiers staan onwrikbaar by ons grootste ideaal, naamlik, om weer 'n
vry
volk te wees.

Intussen sal die korrupsie, anargie en chaos voortduur tot die volk
weer
saamgesnoer is rondom die ideaal van volkome vryheid in ons eie land.

Maar daardie vryheid sal nie goedkoop verkry word nie - want geen ware

vryheid is goedkoop nie - veral nie die vryheid van die
Boere-Afrikaner
nie.
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8233 is 'n antwoord op boodskap #8200] Di, 28 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Haai koos!

Veels geluk met die naam wat jy gekies het. So beskrywend van jou
weldeurdagte, goedgemotiveerde uitsprake.

Groete, Leendert

In article cvb...@burger.naspers.co.za
(kakkies) writes:>From: cvb...@burger.naspers.co.za (kakkies)
> Subject: Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997
> Date: Tue, 28 Jan 1997 18:25:30 GMT

> Die vorige bedeling was net so korrup soos die huidige. Die vorige
> skelms (tot op die hoogste vlak) het dit net beter weggesteek. Die
> nuwe gesigte het bloot oorgeneem by die voriges. Hoekom het jy(julle)
> destyds niks daaroor gese nie? Te lekker saamgeteer op die vet van n
> ander man se land en dit met allerhande ideologiee probeer regverdig,
> nie waar nie? En wie is die boere? Ek sal jou se, dis die mense wat
> primer verantwoordelik is vir die gemors waarin ons nou sit. Die boere
> het Suid-Afrika, en mag, om baie meer bloedige wyse bekom as die
> huidige heersers. Wees net dankbaar jy(julle) kry tans nie dieselfde
> behandeling nie as wat julle die inheemse mense aan onderwerp het. Die
> hele geskiedenis van die boere (lees Afrikaner) is gehul in skande.
> Wat hulle nie gesteel het nie, wou hulle boonop nie deel (taal,
> opvoeding, basiese menseregte ens.) nie. Dank vader vir die NG Kerk,
> want ander sou hierdie mense nou ander kerke besoedel het. Die
> verbasendste is dat die boere, na al hul misdade, waaragtig nog die
> vermetelheid het om laer te trek en te kla dat hulle nou verneder en
> vertrap word.

> Groete

> Koos kakkies
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8234 is 'n antwoord op boodskap #8200] Di, 28 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tierkat  is tans af-lyn  Tierkat
Boodskappe: 12
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
> "En wie is die boere? Ek sal jou se, dis die mense wat
primer verantwoordelik is vir die gemors waarin ons nou sit. Die boere
het Suid-Afrika, en mag, om baie meer bloedige wyse bekom as die
huidige heersers. Wees net dankbaar jy(julle) kry tans nie dieselfde
behandeling nie as wat julle die inheemse mense aan onderwerp het. Die
hele geskiedenis van die boere (lees Afrikaner) is gehul in skande.
Wat hulle nie gesteel het nie, wou hulle boonop nie deel (taal,
opvoeding, basiese menseregte ens.) nie. Dank vader vir die NG Kerk,
want ander sou hierdie mense nou ander kerke besoedel het. Die
verbasendste is dat die boere, na al hul misdade, waaragtig nog die
vermetelheid het om laer te trek en te kla dat hulle nou verneder en
vertrap word.

Groete

Koos kakkies"<

Die bekvol van die koos wat selferkend 'n klomp kak(kies) praat.......

my voorsate soos meeste ander boere het maar min tyd vir politiekery
gehad.... hulle was oor die algemeen meer bekommerd oor die weer.... het
dan ook die tyd in die NG kerk gebruik om te bid "vir reen wat alles sal
skoon was o Here"..... nou hoe kan jy se dat 'n gebed om dinge skoon te
maak kan besoedel?....:-)

groetnis

Hester
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8235 is 'n antwoord op boodskap #8200] Di, 28 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais[2]  is tans af-lyn  Etienne Marais[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
kakkies (cvb...@burger.naspers.co.za) wrote:

: Die vorige bedeling was net so korrup soos die huidige. Die vorige
: skelms (tot op die hoogste vlak) het dit net beter weggesteek. Die
: nuwe gesigte het bloot oorgeneem by die voriges. Hoekom het jy(julle)
: destyds niks daaroor gese nie? Te lekker saamgeteer op die vet van n
: ander man se land en dit met allerhande ideologiee probeer regverdig,
: nie waar nie?

: En wie is die boere? Ek sal jou se, dis die mense wat
: primer verantwoordelik is vir die gemors waarin ons nou sit.

TWAK, onder die bewind van die britse unie is die 'pass laws'
en ander pre-apartheid afsonderings meganismes ingestel. Onder
die faandel van Britse Imperialisme is 20 000 (volgens
konserwatiewe data) of 100 000 (volgens Max du Preez se data)
swartes tesame met 27 000 blanke vrouens en kinders wreed
vermoor. Onder Verwoerd is die enigste werkbare stelsel vir
Suid Afrika volgens die denkwyses en waardes van die tyd
ingestel wat uiters goed gedefinieer en geregverdig was (vir
die tyd). Eers nadat Verwoerd vermoor was het die ware
fassistiese natuur van die NP soos ons dit ken tot vorming
gekom, met die mandaat van beide Afrikaner EN DUISENDE engels-
sprekendes. Om Afrikaners of boere te blameer is onsinnig,
hoeveel Afrikaner vriende het ek nie wat net so liberaal
ingestel as ekself is nie en afhangende van die definisie,
boere ook ! Hoeveel Afrikaners het nie gehelp om apartheid
af te breek nie, en hoeveel Engelsprekendes is daar wat dit
tog teegestaan nie...

: Die boere
: het Suid-Afrika, en mag, om baie meer bloedige wyse bekom as die
: huidige heersers.

Koos, jy is wragtig vol daarvan...
Waar, watse en wie-se bloed ?
Gaan ons nou regtig die 21'ste eeu inloop as 'n spul skynheiliges,
gaan ons regtig maak asof Afrika die onskuldiges vir miljoene jare
gehuisves het ? Hoeveel Suid-Kaapse inheemse kulture is nie
moontlik deur die swart volkere afgeskaal of uitgewis deur hul
jaarlike rondtes nie (soos ons nou eers begryp hulle jaarlike
van wes na oos in die kaap plundertogte gehad het). Gaan ons
die Germane van ouds en die Turke en Vikings ook afmaak as
onskuldig of gaan ons eerlik wees en erken dat die negroiedese
herkomstige Afrikane barbaars en plunderaars was. Komaan, die
boere was opreg gewees, minstens in die vorige eeu(e). As enige
van die ander 4 groot imperialistiese nasies SA (eerste)beetgekry
het sou dit beslils veel erger gewees het, en heel moontlik sou
SA dan weer grotendeel verlaat gewees het met 'n erg kommunistiese
probleem....

: Wees net dankbaar jy(julle) kry tans nie dieselfde
: behandeling nie as wat julle die inheemse mense aan onderwerp
: het. Die

Nie ek, my pa, my oupa of enige van die mense in my 10 generasie
genealogiese lyn was wrede mishandelaars gewees nie. Dieselfde
geld vir talle(honderde) ander families. Is jy dan regtig so
naief as om te glo dat dit enigsins moontlik was om 'n 100%
nasie hier te gehad het ?

: hele geskiedenis van die boere (lees Afrikaner) is gehul in skande.

Die hele geskiedenis van my volk is gevul met edelheid, dapper en
heldhaftigheid, opregte Christenskap (met my agnosties) en
goeie bedoelings. Apartheid is 'n klein fragment van ons geskiedenis
(met bedoeling tyd), en dit is eers met die wereldoorloe wat fassisme
opgespring het wat beslils te danke is aan die Engelse wat SA se
hulpbronne wou beetkry gedurende die vryheidsoorloe (Natuurlik het
honderde boere(en Afrikaans gesinde Engelse) duitsland ondersteun
toe Engeland ons oproep vir oorlog).

: Wat hulle nie gesteel het nie, wou hulle boonop nie. deel (taal,
: opvoeding, basiese menseregte ens.) nie.

Maar is dit regtig die Afrikaner ?, NEE, waarna jy verwys is die
Europese denkwyse wat wereldwyd hierdie juiste probleem van
grondbesetting en kultuur afdwinging tot gevolg het. Ek se weer,
dinge sou BAIE erger vir die inheemse nasies gewees het as dit
vir enige ander volks samestelling was.

: Dank vader vir die NG Kerk,
: want anders sou hierdie mense nou ander kerke besoedel het.

Die NG Kerk is oopgestel en die oorspronklike probleem was dat
mense wat halfnaak, dit nie snaaks vind om jou een neusgat
toe te maak en net te blaas, nie toiletgeriewe kan gebruik nie
(soos die lot in Durban), tesame met Christenskap voorvader
geeste aanbid en glad nie Europese kultuur verstaan nie in
massas in die kerke sal wees. Net soos die Afrikaner nie is
wat hy was voor die wereldoorloe nie, is die Afrikane nie
wat hul was terwyl hulle in kraal hutte gebly het nie. Dink
jy die Romeine sou dit geniet om saam met die Germane te bly ?

: Die
: verbasendste is dat die boere, na al hul misdade, waaragtig nog
: die
: vermetelheid het om laer te trek en te kla dat hulle nou verneder en
: vertrap word.

'Ons' (Ek is sekerlik nie een van die konserwatiewes nie, maar tog
'n Afrikaner) word vertrap. In 1895 het Paul Kruger die eerste
gebied afgesonder IN AFRIKA waar daar nie gejag mag word nie
(Groenkloof, naby Fonteine Pretoria) en nou word 50/50 en
'Nature on Track' (wat aan die einde van die program nog se dat
die program SLEGS vir omgewingsbewustheid gemaak word) misbruik
vir anti-Afrikaner propaganda. As jy die afgelope tyd gekyk het
sou jy die episode gesien het waar 'n Anglomaniak (een of ander
vroumens wat 'n boek geskryf het) gese het op die vraag of die
Kruger Wildtuin dan slegs vir Afrikaner nasionalisme ingestel is
gese het "Yes, Kruger did not care for much else than his biltong"
wat 100% onwaar is. Op een van ou Max se Agenda aanbiedinge oor
die sillabus vir Geskiedenis kon ek omtrent opstryg uit frustrasie,
HOE DEBATEER JY AS ALMAL IN JOU PANEEL dieselfde bliksemse false
oortuigings het ? Wat van teenstand (glo my, daar is genoeg !).
Die oosgrens boere het NIE geweet van die jaarlikse sikliese
plundering nie, hoe kan jy hulle kwalike neem om te geglo het dat
die stamme negroiedese (toe onlangs) herkomstig van die Noorde was ?
Jan Smuts WAS 'n verraaier, en die trekkers sou nie inelkgeval
enige grond oorgeneem het as die swart stamme nie onderhandelings
aanvaar het nie.

Verder nog, hoekom kom Engeland en Engelse in SA so skotvry van
die hele storie af ? Ek verseker jou, onderdrukking in SA is
persentasie gewys duisende kere meer deur Engelse toegepas
en dit van die begin van SA'se geskiedenis.

Ek stel voor jy liberaliseer jouself TEN VOLLE, en nie halfpad nie.
DIT IS: sodanig dat jy WERKLIK wegbreek uit konvensionalisme en
leer om OBJEKTIEF te dink. As jy aantygings maak wat onwaar/
gedeeltelik waar of slegte betekenis buite perspektief het dan is
jy maar net nog 'n stereotipe, al is dit dan 'n liberale een !

: Groete

: Koos kakkies

Groete

Koos KAN Dink
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8258 is 'n antwoord op boodskap #8200] Wo, 29 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanna rykheer  is tans af-lyn  johanna rykheer
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
cvb...@burger.naspers.co.za (kakkies) wrote:
>
>
> Die vorige bedeling was net so korrup soos die huidige. Die vorige
> skelms (tot op die hoogste vlak) het dit net beter weggesteek. Die
> nuwe gesigte het bloot oorgeneem by die voriges. Hoekom het jy(julle)
> destyds niks daaroor gese nie? Te lekker saamgeteer op die vet van n
> ander man se land en dit met allerhande ideologiee probeer regverdig,
> nie waar nie? En wie is die boere? Ek sal jou se, dis die mense wat
> primer verantwoordelik is vir die gemors waarin ons nou sit. Die boere
> het Suid-Afrika, en mag, om baie meer bloedige wyse bekom as die
> huidige heersers. Wees net dankbaar jy(julle) kry tans nie dieselfde
> behandeling nie as wat julle die inheemse mense aan onderwerp het. Die
> hele geskiedenis van die boere (lees Afrikaner) is gehul in skande.
> Wat hulle nie gesteel het nie, wou hulle boonop nie deel (taal,
> opvoeding, basiese menseregte ens.) nie. Dank vader vir die NG Kerk,
> want ander sou hierdie mense nou ander kerke besoedel het. Die
> verbasendste is dat die boere, na al hul misdade, waaragtig nog die
> vermetelheid het om laer te trek en te kla dat hulle nou verneder en
> vertrap word.
>
> Groete
>
> Koos kakkies

Ja okay, jy met jou vieslike (en let wel, Afrikaanse en nogal tipiese
boere-) bynaam, ek stem heelwat saam met jou, maar ek wil net
vra, was jy nie ook maar een van die (dws een van ons) wat so lekker
geleef het onder die ou bedeling nie? Is jy nie ook 'n Afrikaner nie -
of was een tot jy nou skielik nie meer een wil wees nie? En het jy
destyds jou stem verhef? Ek het, soveel so dat een van my base
my kantoor toe laat kom het en baie mooi vir my gevra het hoekom
is ek dan 'n kommunis. En ek het gestem vir die (toegegee, blanke)
party wat teen die sogenaamde "afsonderlike ontwikkeling" (pragtige
eufemisme) was. Het jy?
Ek vra maar net.
J. Rykheer
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8259 is 'n antwoord op boodskap #8200] Wo, 29 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tierkat  is tans af-lyn  Tierkat
Boodskappe: 12
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
> 'Hester, jy weet waarvan ek praat. Wees net n slag bereid om die
onregte in die gesig te staar.

Koos kakkies "<

Dagse Koos

Dis nie 'n kwessie van onregte in die gesig staar nie..... dit is 'n
kwessie van onregte wat oor en oor in my gesig gesmyt word. En soos die
Ingelse sal se....."I'm over it!!!!"

Ek is nie een van die Afrikaners wat die heeldag met verlammende
skuldgevoelens rondloop en wroeg oor die verlede nie.... maak geen sin
nie.....help niemand nie.

Toe ek gebore is was Apartheid al gevestig...... Ek het nog nooit daarmee
saamgestem nie..... het nog altyd my deel gedoen om daarvan ontslae te
raak... en so het menige...ek sal selfs so ver gaan om te se meeste van my
generasie Afrikaner..... EK IS TROTS OP HULLE!!!!!

Ongelukkig het die moerse gemors ons erfenis geword en bitter min dinge
maak my so kwaad as mense wat vir my wil vertel dat ek vir die res van my
lewe 'n lanferlappie moet saamdra en ween oor die onregte van die
verlede....

Ek is heeltemal bereid om te LEER uit die geskiedenis, maar ek is nie
bereid om skuldig te pleit terwyl ek onskuldig is nie..... As jy iets het
om oor skuldig te voel ....kry vir jou.....maar moenie die res van ons
saam met jou in die depressie insleep nie.

Wat my Afrikaner erfenis aanbetref.....

1.Die taal waarin jy jouself so lekker uitdruk..... Ek het 'n broertjie
dood aan mense wat hul Afrikanerskap afskiet, maar terselfdertyd tog die
voordele daarvan ook wil geniet.

2.Goeie Afrikaner tong in die kies humor..... soos om te kan se....my naam
is Koos Kakkies.... of om met onsself te kan spot....en bv. die draak te
steek met ons obsessie oor die weer.

3.Die Afrikaner se liefde vir die natuur..... die insig wat my voorsate
aan die dag gele het om natuurbewaring in te stel.....sodat Suid - Afrika
vandag die enigste land in Afrika is wat kan spog met 'n oorbevolking van
diere soos olifante/ renosters...... jy het ook nodig om 'n slag 'n rugsak
op die rug te gooi..... 'n berg uit te klim en 'n bietjie 'n panoramiese
uitsig van jou land....en dit wat aan jou nagelaat is .....te gaan kry....
Daar is veel meer as 'n apartheids erfenis.

4.Ek het 'n goeie skoot van die sportmal geerf.... en die hele ding van
biltong eet en nartjies gooi het nogal 'n aantrekkingskrag.....veral as
mens so 'n vrotterige nartjie na suurklonte soos jy kan mik.....:-)
Braaivleis onder die Wilgers op Nuweland is ook nie te versmaai nie.....
en miskien sal selfs jy 'n bietjie opgewonde kan raak oor die wen ses wat
geslaan word van die laaste bal van die wedstryd.

5.Weet jy hoe mis ek braaivleis en mieliepap.....Kapenaar wat ek is.....
en koeksisters....en melktert(soos my ouma dit gemaak het).....
karringmelk- en anysbeskuit...bobotie en drie hoeks koelie koekies(Maleise
vriendin Shaida se naam vir Samoosas.....:-)....beesbiltong en droe wors

6.Ek se dankie aan my voorsate dat hulle my so 'n vreeslike harde kop
gegee het. .....Dit het nogal gehelp toe ek die laaste keer van my "roller
blades" afgefoeter het.....:-) En genoeg deursettingsvermoe om nog 'n keer
kaalvoet die Drakensberge aan te vat. Ek het ook verseker hulle wanderlust
geerf..... die behoefte om die vreemde in te vaar....die vlerke te
sprei.....en te voel asof die wereld aan jou behoort.....vry om te lewe
volgens die oortuigings van JOU beginsels. 'n Geloof in jouself....

So Koos.... dit is net 'n paar dingetjies......daar is nog die
musiek.....die leesstof en 'n paar ander dinge wat my na aan die hart
le...soos om waatlemoen van die land af te eet in die karoo (opgehang in
'n nat streepsak om koud te word)....om om 'n kampvuur te sit en
spookstories te vertel.....en ....en ....en

Die verlede kan ek nie verander nie..... die toekoms.....nou daar is 'n
uitdaging....:-)
Die kern van die verhaal.....HOU OP WROEG.....EN .....LEWE 'N SLAG!!!!!

Al tierende....Hester
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8260 is 'n antwoord op boodskap #8235] Wo, 29 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die feit dat ander volkere ook verdrukking toegepas en menseregte
geskend het, verskoon nie dit wat die Afrikaner gedoen het nie.

> TWAK, onder die bewind van die britse unie is die 'pass laws'
> en ander pre-apartheid afsonderings meganismes ingestel.
En die Afrikaner het dit gerieflikheidshalwe voortgesit en tot n
hoogtepunt gedryf

Onder Verwoerd is die enigste werkbare stelsel vir
> Suid Afrika volgens die denkwyses en waardes van die tyd
> ingestel wat uiters goed gedefinieer en geregverdig was (vir
> die tyd).
Was daar ooit n tyd wanneer vertrapping en disrespek geregverdig was?
en selfs al sou mense destyds gedink het dit was regverdig, was dit
werklik? Was die voorskrifte van die Bybel, wat destyds kwansuis
fanaties aangehang is, anders as nou? Of het mense iets eenvoudigs
soos "jy moet jou naaste liefhe soos jouself" verkeerd geinterpreteer?
En moet hulle nou verskoon word daarvoor?

Om Afrikaners of boere te blameer is onsinnig,
> hoeveel Afrikaner vriende het ek nie wat net so liberaal
> ingestel as ekself is nie en afhangende van die definisie,
> boere ook ! Hoeveel Afrikaners het nie gehelp om apartheid
> af te breek nie, en hoeveel Engelsprekendes is daar wat dit
> tog teegestaan nie...

Daar is baie min liberale Afrikaners, daarvan getuig die suksesse van
die NP oor die jare, asook die van die destydse KP. Baie min het ook
werklik probeer om apartheid af te breek, en die wat wel probeer het,
is op enige moontlike manier verguis en in diskrediet gebring. Jy
weet, die Beyers Naudes, Max du Preez en die Rian Malans.

> Gaan ons nou regtig die 21'ste eeu inloop as 'n spul skynheiliges,
> gaan ons regtig maak asof Afrika die onskuldiges vir miljoene jare
> gehuisves het ? Hoeveel Suid-Kaapse inheemse kulture is nie
> moontlik deur die swart volkere afgeskaal of uitgewis deur hul
> jaarlike rondtes nie (soos ons nou eers begryp hulle jaarlike
> van wes na oos in die kaap plundertogte gehad het). Gaan ons
> die Germane van ouds en die Turke en Vikings ook afmaak as
> onskuldig of gaan ons eerlik wees en erken dat die negroiedese
> herkomstige Afrikane barbaars en plunderaars was. pasop, jou kleure wys nou hier
> boere was opreg gewees, minstens in die vorige eeu(e). As enige
> van die ander 4 groot imperialistiese nasies SA (eerste)beetgekry
> het sou dit beslils veel erger gewees het, en heel moontlik sou
> SA dan weer grotendeel verlaat gewees het met 'n erg kommunistiese
> probleem....

Dit help nie om ander volkere se misdade by te sleep nie. Dit maak nie
die Afrikaners se dade reg nie. As die Xhosas of enigiemand anders
geplunder of gemoor het, regverdig dit nie dat die Afrikaner dieselfde
(wel meer genuanseerd) moet doen nie. Ek stem saam daar is baie
skynheiligheid in die wereld, maar kom ons bepaal ons nou by die
Afrikaner.
>

> Nie ek, my pa, my oupa of enige van die mense in my 10 generasie
> genealogiese lyn was wrede mishandelaars gewees nie. Dieselfde
> geld vir talle(honderde) ander families.

Elke Afrikaner het waarskynlik nie letterlik bloed aan hul hande nie,
maar hulle het kollektiewe skuld. Hulle het die regering se misdade
goedgekeur deur vir hulle te stem, en was dus ook aandadig. Net soos
die Duitsers was wat vir die Nazis gestem het. En moet asseblief nie
kom met die verskoning van ''ons het nie geweet nie'' of dat mense in
eie reg opgetree het nie.
>

> Die hele geskiedenis van my volk is gevul met edelheid, dapper en
> heldhaftigheid, opregte Christenskap (met my agnosties) en
> goeie bedoelings. Apartheid is 'n klein fragment van ons geskiedenis
> (met bedoeling tyd), en dit is eers met die wereldoorloe wat fassisme
> opgespring het wat beslils te danke is aan die Engelse wat SA se
> hulpbronne wou beetkry gedurende die vryheidsoorloe (Natuurlik het
> honderde boere(en Afrikaans gesinde Engelse) duitsland ondersteun
> toe Engeland ons oproep vir oorlog).

Ek praat nie net van die tydperk van Apartheid, toe vertrapping
amptelike beleid was, nie. Nie-blankes is sedert die aankoms van Jan
van Riebeeck beskou as n diersoort wat ''saam met die territory''
gekom het. Wat betref die geskiedenis van van die Afrikaner as ''edel,
dapper, heldhaftig, opregte Christenskap'' ens: is jy ernstig of besig
met sarkasme?
>

> Die NG Kerk is oopgestel en die oorspronklike probleem was dat
> mense wat halfnaak, dit nie snaaks vind om jou een neusgat
> toe te maak en net te blaas, nie toiletgeriewe kan gebruik nie
> (soos die lot in Durban), tesame met Christenskap voorvader
> geeste aanbid en glad nie Europese kultuur verstaan nie in
> massas in die kerke sal wees. Net soos die Afrikaner nie is
> wat hy was voor die wereldoorloe nie, is die Afrikane nie
> wat hul was terwyl hulle in kraal hutte gebly het nie. Dink
> jy die Romeine sou dit geniet om saam met die Germane te bly ?
>
Laat die kastige ''oorspronklike probleem'' wees wat dit wil, feit is
dat vir die grootste gedeelte van hierdie eeu, toe inheemse mense
algaande minder ''barbaars'' geword het, is nie-blankes op grond van
hul RAS en VELKLEUR uit die NG Kerk gejaag. "Christene" wou nie n
kerkbank deel met ''kaffers'' en ''hotnots'' nie, nie omdat hulle hul
neuse sonder sakdoeke sou geblaas het nie, maar bloot omdat hulle
''kaffers'' en ''hotnots'' (lees halfmense) was.
>

>
> Verder nog, hoekom kom Engeland en Engelse in SA so skotvry van
> die hele storie af ?
Ek se weer, bepaal jou nou vir n slag by die Afrikaner. Die Engelse
was ook skuldig, maar dit maak nie die Afrikaner se dade reg nie. Meer
nog, ek bespeur by jou dieselfde haat teenoor Engelse as wat die ou
Afrikaners gehad het. Dit spruit hoofsaaklik uit die onregte tydens
die boere-oorlog en ander gebeure voor dit. Dit gee mens natuurlik
insig oor hoe swart mense teenoor die Afrikaner moet voel, nie waar
nie?

Ek verseker jou, onderdrukking in SA is
> persentasie gewys duisende kere meer deur Engelse toegepas
> en dit van die begin van SA'se geskiedenis. Lees opmerking hierbo.
>
> Ek stel voor jy liberaliseer jouself TEN VOLLE, en nie halfpad nie.
> DIT IS: sodanig dat jy WERKLIK wegbreek uit konvensionalisme en
> leer om OBJEKTIEF te dink.

Ek sal probeer. Maar kyk ook na jouself. Jou argumente is dieselfde as
wat Verwoerd en sy trawante gehad het. Ek het nerens gesien dat jy
enigiets daarvan bevraagteken nie, met die gevolg dat dit jou
argumente per definisie konvensioneel en subjektief maak.

Groete

Koos kakkies
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8261 is 'n antwoord op boodskap #8200] Wo, 29 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Die bekvol van die koos wat selferkend 'n klomp kak(kies) praat.......
>
> my voorsate soos meeste ander boere het maar min tyd vir politiekery
> gehad.... hulle was oor die algemeen meer bekommerd oor die weer.... het
> dan ook die tyd in die NG kerk gebruik om te bid "vir reen wat alles sal
> skoon was o Here"..... nou hoe kan jy se dat 'n gebed om dinge skoon te
> maak kan besoedel?....:-)
>
> groetnis
>
> Hester

Hester, jy weet waarvan ek praat. Wees net n slag bereid om die
onregte in die gesig te staar.

Koos kakkies
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8273 is 'n antwoord op boodskap #8200] Do, 30 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HvanZyl  is tans af-lyn  HvanZyl
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
kakkies wrote in article
...

> My bynaam is nie vieslik nie. Ek was eers net Koos, totdat n ander
> Koos op hierdie nuusgroep gekla het daaroor. Ek steel sy
> ''limelight'', jy sien. Andersyds is die naam uiters gepas op hierdie
> nuusgroep, net om 'n bietjie perspektief te gee op die oorheersende
> soetsappigheid hier.

Hierdie nuusgroep is taamlik goed bedeeld met skimme (of dalk skimmels?).
Miskien sal kru en plat taal minder dikwels gebruik word as ons weet wie
die skrywers/possers nou eintlik werklik is....

Hans
--
========================================
Hans van Zyl
Molekulêre Genetika
LNR DIereverbeteringsinstituut Irene
Privaatsak X2
1675 IRENE
========================================
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8274 is 'n antwoord op boodskap #8200] Do, 30 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Ja okay, jy met jou vieslike (en let wel, Afrikaanse en nogal tipiese
> boere-) bynaam, ek stem heelwat saam met jou, maar ek wil net
> vra, was jy nie ook maar een van die (dws een van ons) wat so lekker
> geleef het onder die ou bedeling nie? Is jy nie ook 'n Afrikaner nie -
> of was een tot jy nou skielik nie meer een wil wees nie? En het jy
> destyds jou stem verhef? Ek het, soveel so dat een van my base
> my kantoor toe laat kom het en baie mooi vir my gevra het hoekom
> is ek dan 'n kommunis. En ek het gestem vir die (toegegee, blanke)
> party wat teen die sogenaamde "afsonderlike ontwikkeling" (pragtige
> eufemisme) was. Het jy?
> Ek vra maar net.
> J. Rykheer

My bynaam is nie vieslik nie. Ek was eers net Koos, totdat n ander
Koos op hierdie nuusgroep gekla het daaroor. Ek steel sy
''limelight'', jy sien. Andersyds is die naam uiters gepas op hierdie
nuusgroep, net om 'n bietjie perspektief te gee op die oorheersende
soetsappigheid hier. Wat jou vrae betref: natuurlik het ek lekker
geleef onder die ou bedeling. Hoe anders, ek is dan wit. Die stelsel
was so ten gunste van blankes dat ek 'n doelbewuste poging sou moes
aanwend om swaar te kry. Of ek 'n Afrikaner is, dit weet ek nie. Dis
een van die mees ontwykende terme in Suid-Afrika, veral omdat elkeen
die definisie daarvan aan 'n politieke ideologie wil koppel. Ek het
gekla, soveel so dat daar vandag nog mense (selfs familie) wat my
kwalik neem daaroor. En nee, ek het nie vir die NP gestem nie.

Dit is so dat die nuwe geslag Afrikaners minder rassisties is. My
argumente is hoofsaaklik gerig op die Afrikaner, soos Ettiene Marais
(op hierdie nuusgroep), wat steeds 'n hardegat-houding het (die boere
is mos trots daarop), alles wil ontken en platboender, en uit vrees
vir swartes klou aan ou denkwyses, selfs al is dit deur die
geskiedenis ontmasker. Hul grootste probleem is dat hulle so
vierkantig onder die invloed is van sekere denkwyses dat hulle
waarskynlik nie in staat is om die donker deel van hul rol in
Suid-Afrika vanuit 'n ander perspektief te beoordeel nie. Om die
waarheid te se, hul identiteit is daarop gebou. Hulle sal klaend en
verbitterd doodgaan, vasgevang in 'n denkwyse met voete van klei, maar
terselfdertyd teleurgesteld omdat dit hulle verloën het. Dit geld
natuurlik ook vir diegene wat dit geskep of in stand gehou het. PW
Botha sit in weelde, maar hoor net hoe kerm hy. Ek het 'n jaar of wat
gelede in Kaapstad na 'n toespraak deur Ian Smith, destydse baas van
Rhodesië, geluister. Ook hy het nog niks geleer nie.

Groete

Koos kakkies
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8293 is 'n antwoord op boodskap #8200] Vr, 31 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Jan 1997 14:47:58 GMT, "HvanZyl" wrote:

Miskien sal kru en plat taal minder dikwels gebruik word as ons weet wie[/color]
> die skrywers/possers nou eintlik werklik is....>>>

Die e-mail adres se wie die mense is.
My ondervinding is as jy verder vra gee almal baie maklik
besonderhede.

(En hou aan vloek. Dis nogal lekker om te vloek, partykeer.

he,he,he)
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8350 is 'n antwoord op boodskap #8200] Di, 04 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
writes:

>
>
> Die vorige bedeling was net so korrup soos die huidige. Die vorige
> skelms (tot op die hoogste vlak) het dit net beter weggesteek. Die
> nuwe gesigte het bloot oorgeneem by die voriges. Hoekom het jy(julle)
> destyds niks daaroor gese nie? Te lekker saamgeteer op die vet van n
> ander man se land en dit met allerhande ideologiee probeer regverdig,
> nie waar nie? En wie is die boere? Ek sal jou se, dis die mense wat
> primer verantwoordelik is vir die gemors waarin ons nou sit. Die boere
> het Suid-Afrika, en mag, om baie meer bloedige wyse bekom as die
> huidige heersers. Wees net dankbaar jy(julle) kry tans nie dieselfde
> behandeling nie as wat julle die inheemse mense aan onderwerp het. Die
> hele geskiedenis van die boere (lees Afrikaner) is gehul in skande.
> Wat hulle nie gesteel het nie, wou hulle boonop nie deel (taal,
> opvoeding, basiese menseregte ens.) nie. Dank vader vir die NG Kerk,
> want ander sou hierdie mense nou ander kerke besoedel het. Die
> verbasendste is dat die boere, na al hul misdade, waaragtig nog die
> vermetelheid het om laer te trek en te kla dat hulle nou verneder en
> vertrap word.
>
> Groete
>
> Koos kakkies

Se^ hy ewe onskuldig terwyl hy alla PW Botha, al fronsend en glurend met die
wysfinger al swaaiende onders ons neuse homself verontskuldig.

Haai ouboet, julle is 'n mandjie vol skille en jy is een van hulle! So wanneer
het jy nou eintlik hier aan die 'boere' se Suid punt van Afrika kom land, ewe
onskuldig en so. Toe eendag toe jy weer wakker word toe begin jy sommer
Afrikaans praat ne'. Jy sit seker maar swaar daar op die draad - "nuwe
bedeling - ou bedeling". Oppas net dat jy nou nie staan en aan die 'verkeerde'
kant af donder nie. Nog vis nog vlees - jy's nie deel van die spul wat die
mense so vreeslik sou onderdruk en besteel het nie maar ook nie deel van die
onskuldiges wat kwansuis so hard sou gewerk het om apartheid om ver te werp
nie (dis nou hulle wat terwyl hulle in 'n noordelike voorstad huis met die
swembad, blink kar, vet salaris, universiteits graad, vet om die mond en als
hand aan hand met die onderdruktes geveg het teen apartheid).

Word wakker ouboet, en ruik die stink. Dit kom van jou (ook) af.

Verwag jy die boere/afrikaners/wit afrikaans sprekendes moet nou gaan le^ laat
hulle getrap word deur ex-afrikaners soos jy wat nou skielik onskuldig is en
kwansuis nog altyd was.

Cheers
Lou

PS. Die kakkies - is dit van al die strooi wat jy praat? Vee bietjie met die
hand oor die mond - dit versamel in jou mondhoeke :)
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8378 is 'n antwoord op boodskap #8200] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
writes:

>
>
> Die vorige bedeling was net so korrup soos die huidige. Die vorige
> skelms (tot op die hoogste vlak) het dit net beter weggesteek. Die
> nuwe gesigte het bloot oorgeneem by die voriges. Hoekom het jy(julle)
> destyds niks daaroor gese nie? Te lekker saamgeteer op die vet van n
> ander man se land en dit met allerhande ideologiee probeer regverdig,
> nie waar nie? En wie is die boere? Ek sal jou se, dis die mense wat
> primer verantwoordelik is vir die gemors waarin ons nou sit. Die boere
> het Suid-Afrika, en mag, om baie meer bloedige wyse bekom as die
> huidige heersers. Wees net dankbaar jy(julle) kry tans nie dieselfde
> behandeling nie as wat julle die inheemse mense aan onderwerp het. Die
> hele geskiedenis van die boere (lees Afrikaner) is gehul in skande.
> Wat hulle nie gesteel het nie, wou hulle boonop nie deel (taal,
> opvoeding, basiese menseregte ens.) nie. Dank vader vir die NG Kerk,
> want ander sou hierdie mense nou ander kerke besoedel het. Die
> verbasendste is dat die boere, na al hul misdade, waaragtig nog die
> vermetelheid het om laer te trek en te kla dat hulle nou verneder en
> vertrap word.
>
> Groete
>
> Koos kakkies

Se^ hy ewe onskuldig terwyl hy alla PW Botha, al fronsend en glurend met die
wysfinger al swaaiende onders ons neuse homself verontskuldig.

Haai ouboet, julle is 'n mandjie vol skille en jy is een van hulle! So wanneer

het jy nou eintlik hier aan die 'boere' se Suid punt van Afrika kom land, ewe
onskuldig en so. Toe eendag toe jy weer wakker word toe begin jy sommer
Afrikaans praat ne'. Jy sit seker maar swaar daar op die draad - "nuwe
bedeling - ou bedeling". Oppas net dat jy nou nie staan en aan die 'verkeerde'

kant af donder nie. Nog vis nog vlees - jy's nie deel van die spul wat die
mense so vreeslik sou onderdruk en besteel het nie maar ook nie deel van die
onskuldiges wat kwansuis so hard sou gewerk het om apartheid om ver te werp
nie (dis nou hulle wat terwyl hulle in 'n noordelike voorstad huis met die
swembad, blink kar, vet salaris, universiteits graad, vet om die mond en als
hand aan hand met die onderdruktes geveg het teen apartheid).

Word wakker ouboet, en ruik die stink. Dit kom van jou (ook) af.

Verwag jy die boere/afrikaners/wit afrikaans sprekendes moet nou gaan le^ laat

hulle getrap word deur ex-afrikaners soos jy wat nou skielik onskuldig is en
kwansuis nog altyd was.

Cheers
Lou

PS. Die kakkies - is dit van al die strooi wat jy praat? Vee bietjie met die
hand oor die mond - dit versamel in jou mondhoeke :)

PSS: As die ding twee keer gepos is - verskoning my *&%&% se newsreader is nie
aldag te lekker nie.
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8379 is 'n antwoord op boodskap #8200] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 04 Feb 97 15:16:18, lo...@hotmail.com wrote:

>

Yep.
Almal is geraak. Dit is die aard van die werklikheid.
My opvoeding, die skool en sy tennisbane, die varsity subsidies, die
dorp se swembad, die dorp se biblioteek, alles was gesubsidieer deur
apartheid en was tot groot mate ten koste van andere se regte.
Dit moet erken word.
Dit moet ondersoek word en dan is dit oor.
Maar dit moet erken word.
En nie een van ons wat deel daarvan was durf praat van "julle" nie.
Die vals paaie in die hantering van die ding is: Ontkenning van die
verlede. Ontkenning dat jy deel van die opset was, al het jy nie
werklik keuse gehad nie - soos waarskynlik loshande die meeste mense;
en die wanopvatting dat daar nie verlossing van die ding is nie.
Dit het gebeur. Ek het voordeel daaruit getrek. Ek wil weet hoe dit
gebeur het sodat ek kennis vir die toekoms kan kry. Ek is verlos van
die verlede. Ek moet die lesse geleer oordra aan my kinders.
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8427 is 'n antwoord op boodskap #8200] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:

> Almal is geraak. Dit is die aard van die werklikheid.
> My opvoeding, die skool en sy tennisbane, die varsity subsidies, die
> dorp se swembad, die dorp se biblioteek, alles was gesubsidieer deur
> apartheid en was tot groot mate ten koste van andere se regte.
> Dit moet erken word.

Nee. Dit moet eers bewys word.

Hermann Gilliomee (wie se geloofwaardigheid miskien nie by jou tel nie, maar
wie se reputasie as teenstander van apartheid nogal stewig staan) het op 27
April 1995in die program "geskiedeins in perspektief" op radio sonder grense
opgetree. Hy het sy gevolgtrekking beredeneer dat, as dit nie vir baie van die
apartheidsmaatreëls was nie, en as die ANC in die vroeë vyftigerjare of voor
dit aan bewind gekom het, daar teen 1994 nie veel sou wees vir die ANC om oor
te regeer nie.

Sy stelling, kortliks, is dat almal in die land, swartmense inkluis,
beter af was soos dit was as wat hulle sou wees onder die realistiese
alternatiewe.

Nou kry mens mense vir wie 'n stelling soos Gilliomee s'n so onaanvaarbaar is
dat hulle dit nie eens wil oorweeg nie.

Jy kry ander vir wie dit heeltemal ooreenstem met hul eie oordeel.

En jy kry ander wat sou reken dit is die moeite werd om die geldigheid
daarvan te ondersoek. Dat dit die enigste manier is om te verseker dat ons wel
uit die verlede neem wat goed is.

Ek reken dat ons baie versigtig moet wees om nie, ter wille van gerieflike
denke, die verlede te demoniseer totdat ons alles in die samelewing gereduseer
het tot "legacies of apartheid" nie. Daardeur loop ons die ernstige en
immanente gevaar om juis gevaarlike elemente van apartheidsbeleid sienderoë in
ons nuwe beleid in te sluit onder die waan dat, net omdat ander mense in
beheer is, hulle nie dieselfde foute sal maak nie.

Ek sien juis _dit_ gebeur in die geval van die onderwys.

Groete, Leendert
Re: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997 [boodskap #8482 is 'n antwoord op boodskap #8200] Ma, 10 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 7 Feb 1997 12:55:01, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:

dit aan bewind gekom het, daar teen 1994 nie veel sou wees vir die ANC om oor[/color]
> te regeer nie.>>>

Dis 'n teorie wat na 1994 uitgeslaan het op baie plekke.

Dit is 'n ander variase van "apartheid was nie sleg nie".

Dit lyk vir my of dit die fout maak om as premiese te stel dat die
land se nywerheid deur apartheid ontwikkel is.

Terwyl apartheid eintlik die proses was waarmee die
nywerheidsontwikkeling van SA in die periode na 1948 geadministreer
is.

Die vraag moet eerder wees: Sou die ekonomie van SA nie beter gewees
het nie ( en sou almal dan nie beter af gewees het nie) as dit
anders geadministreer was nie?
Met ander woorde, as ons periodes van grootste groei nie deur
apartheid geadministreer was nie, hoe sou die hede gelyk het?

As die sosialisme, staatsmonopoliee" en so aan en die verwringing
van die samelewing en die skep van 'n onder-opgevoede werkmag dus nie
staatsbeleid was nie.
En natuurlik die daarstel van 'n weersin in alle staatsgesag onder
loshande die grootste gedeelte van die bevolking.
En later openlike vyandigheid tussen die staatsgesag en die
meerderheid van die bevolking.
En boikotte deur die internasionale wereld.

En as geld nie op oorloe gespandeer was nie. En as derde mag-
bedrywighede wat nou toenemend aan die lig kom nie 'n kriminele
onderbou geskep het nie.

beter af was soos dit was as wat hulle sou wees onder die realistiese[/color]
> alternatiewe.>>>

Dus: Apartheid was goed vir swartmense en hulle moet eintlik hulle
sterre dank daarvoor?
En apartheid was goed vir die land se ekonomie?
PW se oorloe het ons almal beter en gelukkiger gemaak.
En so aan?

Twak.

dat hulle dit nie eens wil oorweeg nie.>>[/color]

Of jy kry mense wat die basiese fout van sy stelling insien en dit
daarom verwerp.
Die man se (volgens jou) in effek: As swartmense weet wat goed vir
hulle is, sal hulle weer teruggaan na apartheid toe.
Of op die minste: As swartmense weet wat goed was vir hulle sal
hulle die meesters van apartheid na waarde skat en hulle bedank vir
apartheid.

denke, die verlede te demoniseer totdat ons alles in die samelewing gereduseer[/color]
> het tot "legacies of apartheid" nie. >>

Ook moet ook natuurlik versigtig wees om nie die hede te demoniseer
en die verlede in 'n rosige gloed skets nie tot ons alles
gereduseer het tot 'n verlange na die "goeie ou dae" nie en dat
ons dan ons oe bottoe knyp vir ons verlede.
Vorige onderwerp: 'n Lied vir die res van ons
Volgende onderwerp: xfiles, gloudina, kooos: Die gevaar van urban legends
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 07 09:00:00 MGT 2024