Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » En nou, Kooos!
En nou, Kooos! [boodskap #8263] Wo, 29 Januarie 1997 00:00
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Beste Kooos,

Oor die afgelope maand het jy my beskuldig van 'n groot verskeidenheid dinge
waarvoor jy geen gronde aangebied het nie. Ek eis nou genoegdoening oor twee
hiervan:

1) Jy het beweer dat ek gal gebraak het oor die Waarheidskommissie.

2) Jy het beweer dat ek suiwer blanke skole vir regse Afrikaners wil beskerm
of voortsit.

In geval 1) het ek nie sulke galbrakery gedoen nie, hoewel ek geensins ongeneƫ
daartoe is nie. Die lede van die kommissie doen dit self.

In geval 2) is jou lasterlike aantyging van alle waarheid ontbloot en daar
bestaan bewyse van my handelinge en uitsprake wat jou bewering weerspreek.

Ek eis nou van jou:

a) Dat jy getuienis bring om die twee beweringe hierbo te bewys; of

b) alternatiewelik, dat jy jou bewerings terugtrek en verskoning aanbied vir
die valse, bevooroordeelde en lasterlike aantygings hierbo genoem.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: ........LIEFDE.............
Volgende onderwerp: Afrikaanse Taal Groep - Stigting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 05:06:58 MGT 2024