Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ........LIEFDE.............
........LIEFDE............. [boodskap #8252] Wo, 29 Januarie 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
LIEFDE
-----------
Liewe bord
ek soen jou vandag
soos gister.
Jy is my liefling
en tweelingsuster.

Deur, jy is
so 'n getroue besoeker.
Ek verkies jou bo enigiemand.
Ek groet jou met die hand.

Stoel, jy is my kameraad!
Jy het my leer opstaan
om my broers te ontdek.
Ons het hierdie land lief,
my stoel en ek.

Venster verpleegster
is so konstant.
Ek hou van jou lampie, kind.

Servet, jy is my skoonsuster,
my eie hart is my ou swaer,
die agterdeurtrappie ons regsverteenwoordiger.

Droommeisie tapyt,
ek het my wyn op jou gemors!

Gewel vader,
Moedertjie gang,
ouma en oupa
Kombers en Vuurherd!

Geliefdes,
goeiemore,
goeiemiddag,
goeienaand!

-----------------

Nog 'n gedig van Charl-pierre Naude uit sy bundel
"DIE NOMADIESE OOMBLIK"

(ek het die boek uiteindelik gekry! ).
Vorige onderwerp: Ek is nie enigsens trots dat ek n Afrikaner is nie
Volgende onderwerp: En nou, Kooos!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 22:05:00 MGT 2024