Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaners en apartheid - vorentoe
Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8056] |
Vr, 17 Januarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tim du Plessis sktyf dit in sy gereelde rubriek in Beeld.
Ek kan dit nie beter uitdruk nie:
OP 'n paar maande na tien jaar gelede het ek saam met vier ander
Suid-Afrikaanse joernaliste die Dachau-konsentrasiekamp net buite
Munchen besoek. Daar, met die deeglikheid so kenmerkend van die
Duitsers, is die Nazi-nagmerrie wat hom in Dachau afgespeel het,
gerekonstrueer. Jy moet 'n harde mens wees om nie geruk te
word deur dit wat daar gedokumenteer is nie.
Die joernalis Nomavenda Mathiane wat verlede jaar vir Beeld 'n
rubriek geskryf het, was die enigste swart joernalis in ons groep, ek
die enigste Afrikaner. Ons was maar stillerig toe ons laatmiddag uit
die museum aanstryk taxi toe. Nomavenda haak toe af en sê vir my:
"Dink net wat julle aan ons kon gedoen het as julle al hierdie idees
gehad het."
Nomavenda, liewe mens wat sy is, het dit waarskynlik as 'n grap
bedoel. Maar niemand anders het dit so opgeneem nie, allermins ek. Ook
nie die Engelse joernaliste in ons groep nie. Ek het gewonder of ek
moet skuldig voel. Op stuk van sake het ek vir 'n Afrikaanse koerant
gewerk wat 'n maand tevore in die slegs blankes verkiesing van 1987 sy
lesers aangemoedig het om vir die NP te stem.
Daardie aand het ons Duitse gids my egter 'n insig gegee wat dit tot
vandag toe vir my moontlik gemaak het om 'n verlammende skuldgevoel
oor apartheid te vermy.
Dinies Johannes von der Osten was 'n oopgesig Pruis van adellike
herkoms. Hy was so dertig, pas afgestudeer met 'n doktorsgraad in die
regte. 'n Vurige patriot, konserwatief en 'n aanhanger van oorlede
Franz Josef Strauss, premier van Beiere.
Dinies is saam met ons deur Dachau. Hy het in detail en geduldig
al ons vrae beantwoord. Hy was ernstig en saaklik. Op die regte
oomblikke het hy geskerts. Nooit sieklik apologeties nie.
Die aand in die Brauhaus vra een van ons hom of hy nie skuldig voel
oor wat die Duitsers sy pa en sy oupa wat in die Wehrmacht was - aan
die Jode gedoen het nie.
Nee, sê hy, want alles het gebeur lank voor sy geboorte. En sy ouers
en die ouer lede van sy familie het vir 'n lang ruk geleef onder die
"vonnis" wat die wêreld daarbuite oor die Nazi's en dus oor die
Duitse volk uitgespreek het. Sy familie het omtrent alles verloor, hul
adellike titels inkluis.
Verder is hy - en dis die belangrike punt - soos al die jong Duitsers
van sy geslag, gedwing om te lees en te leer oor wat in die Nazi-tyd
gebeur het omdat dit 'n verpligte deel van die geskiedenis-leerplan op
skool was. Hy het dus die feite geken.
Dit het my getref dat Dinies 'n volkome bevryde jong Duitser was,
dermate dat hy onbeskaamd 'n Duitse patriot kon wees, iets wat sy
ouers in onmiddellike post-Nazi-era nie beskore was nie.
Hoekom bevry? Eerstens het sy ouers - die geslag wat bygestaan of
deelgeneem het aan die Nazi-stelsel - 'n prys betaal. Maar veral was
dit vir hom vrymakend om die volle waarheid van die Nazi-verlede te
ken, feitlik en gestroop van verwyte en moraliserings. Maar so goed
dat Dinies Johannes von der Osten geweet het dit is iets wat nooit
ooit weer mag gebeur nie.
In die laaste tyd het ek dikwels gewens Dinies was hier. Veral wanneer
ek sulke goed lees soos "die hele land het verpes geraak met 'n
skuldbpsigose", en "die Afrikaner het 'n vreemdeling in sy eie
vaderland geword". Of "die Waarheidskommissie het die Afrikaner
ontnugter met sy verlede en die ANC ontnugter hom ·
met sy hede".
Jy weet nie of jy moet lag of huil nie. Wat op aarde moet nog gedoen
word om hierdie mense te laat insien dat hoe harder hulle probeer
weghardloop van die verlede, hoe meer hulle hul hande in onskuld
probeer was en hoe meer hulle almal behalwe hulself daarvoor blameer,
hoe harder gaan dit by hulle spook?
Dis nie die apartheidsverlede wat die blankes en die Afrikaner "ver-
pes" en verlam met skuldgevoelens nie, dis die reaksie daarop wat die
sondaar is. Dis die reaksie van baie blankes, Afrikaners en deesdae
toenemend Engelse, op die nuwe orde wat hulle laat voel soos
vreemdelinge in hul eie vaderland.
Die mense wat so praat van vreemdelinge in hul eie vaderland, weet
hulle wat hulle eintlik se„? Dat die Suid-Afrika waarin apartheid
bestaan het, die vaderland was waarin hulle tuis gevoel het?
Wat vandeesweek op die Gereformeerde Kerk se sinode gebeur het en
wat ook by ander Afrikaner-instellings gebeur, maak dit toenemend
duidelik dat daar vergeefs gewag word op die instellings om die lei-
ding te neem in die proses hier ter sprake. Wie weet, dalk is dit maar
beter so.
Individuele blanke Afrikaners wat egter wil aangaan, wat nie verlam en
verpes wil voel nie en boweZal, wat wil verseker dat hul kinders nie
oor tien of twintig jaar nog sit met die onvoltooide besigheid van
apartheid nie, kan egter moed skep. Jy het nie 'n kerk, 'n politieke
party of 'n kultuurorganisasie nodig om bevry te raak van die verlede
nie. Dit het ek by Dinies Johannes von der Osten geleer.
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8070 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Ma, 20 Januarie 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , fe...@is.co.za says...
>
>
> Tim du Plessis sktyf dit in sy gereelde rubriek in Beeld.
> Ek kan dit nie beter uitdruk nie:
>
> In die laaste tyd het ek dikwels gewens Dinies was hier. Veral wanneer
> ek sulke goed lees soos "die hele land het verpes geraak met 'n
> skuldbpsigose", en "die Afrikaner het 'n vreemdeling in sy eie
> vaderland geword". Of "die Waarheidskommissie het die Afrikaner
> ontnugter met sy verlede en die ANC ontnugter hom
> met sy hede".
>
> Jy weet nie of jy moet lag of huil nie. Wat op aarde moet nog gedoen
> word om hierdie mense te laat insien dat hoe harder hulle probeer
> weghardloop van die verlede, hoe meer hulle hul hande in onskuld
> probeer was en hoe meer hulle almal behalwe hulself daarvoor blameer,
> hoe harder gaan dit by hulle spook?
>
> Dis nie die apartheidsverlede wat die blankes en die Afrikaner "ver-
> pes" en verlam met skuldgevoelens nie, dis die reaksie daarop wat die
>
> sondaar is. Dis die reaksie van baie blankes, Afrikaners en deesdae
> toenemend Engelse, op die nuwe orde wat hulle laat voel soos
> vreemdelinge in hul eie vaderland.
>
> Die mense wat so praat van vreemdelinge in hul eie vaderland, weet
> hulle wat hulle eintlik sê? Dat die Suid-Afrika waarin apartheid
> bestaan het, die vaderland was waarin hule tuis gevoel het?
>
Ek is nie bekommer oor diegene wat in Suid-
Afrika bly nie. Hulle sal leer wat belangrik is en
wat nie is nie, watter dinge 'n las op hul skouers
plaas, watter dinge baie gou vergeet sal word. Dis
die gepraat van sommige emigrante uit Suid-
Afrika wat ek nie kan staan nie. Een ou wat hier
na Kanada getrek het, probeer kennis maak. Hy
vra met verbasing hoekom ons uit SA is in die
sestigerjare. "Toe was dit mos nog die land van
melk en heuning!" Antwoord ek toe : "You must
be kidding. Land van melk en heuning? Sharpville,
Poqo, Mandela gevange geneem, Bantoe-Onderwys
verwoes die onderwys van 90 persent van die bevol-
king. A.R.M. ontwapen." En wat my die treurigste
maak, hulle sal nou hier in Kanada genoeg mense
kry wat na hulle nonsens sal luister. Kanada, waar
neo-nazis 'n alledaagse verskynsel is. Waar die geld
vandaan kom om neo-nazi groepe in Europa te steun,
Gloudina Bouwer
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8083 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 21 Januarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 21 Jan 1997 12:37:27, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van Oostrum) wrote:
><<>Nou sit ek met die probleem: Die twee stelle uitsprake is so eeners dat ek
>>meesal nie kan onthou of dit Verwoerd of Bhengu is wat 'n spesifieke ding gesê
>>het nie.>>>
OK. Dit lyk dus so:
Verwoerd het radikale apartheid verkondig en ingestel
Leendert se hy kan nie Bhengu vat nie want Bhengu is net soos
Verwoerd.
Leendert verwerp dus apartheid.
En dus die onlangse verlede waarin apartheid die norm was.
Leendert se dus duidelik hier hy is:
1. 'n Serious leftie.
2. 'n Hater van die ou SA en dus:
3. 'n Liefhebber van die Nuwe SA waarin daar nie meer verwoerd se
apartheid is nie.
(Leendert, ondervind jy baie kere die verwarde soort denke?)
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8084 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 21 Januarie 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article
oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van Oostrum) writes:
> Seg ek toe: "En Bhengu verwoes die onderwys van 99% van die bevolking".
> Ek lees nou die dag Verwoerd se toespraak voor die Senaat in 1953. Die een
> waarin hy sy maatreëls vir Bantoe-onderwys aankondig.
> Dis nou net na ek weer die onderskeie witskrifte deurgegaan het wat
> die afgelope twee jaar verskyn het. Waarin Bhengu _sy_ visie vir die onderwys
> uitspel.
> Nou sit ek met die probleem: Die twee stelle uitsprake is so eeners dat ek
> meesal nie kan onthou of dit Verwoerd of Bhengu is wat 'n spesifieke ding gesê
> het nie.
Dit wys ons nou weereens dat PRAAT een ding is, maar DOEN 'n ander ding is.
Die praters sal ons altyd by ons hê soos die armes. Dis egter die doeners
wat wys van watter stoffasie hulle eintlik gemaak is.
Beste wense
At de Lange
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8085 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 21 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> Bantoe-Onderwys
> verwoes die onderwys van 90 persent van die bevol-
> king.
Seg ek toe: "En Bhengu verwoes die onderwys van 99% van die bevolking".
Ek lees nou die dag Verwoerd se toespraak voor die Senaat in 1953. Die een
waarin hy sy maatreëls vir Bantoe-onderwys aankondig.
Dis nou net na ek weer die onderskeie witskrifte deurgegaan het wat
die afgelope twee jaar verskyn het. Waarin Bhengu _sy_ visie vir die onderwys
uitspel.
Nou sit ek met die probleem: Die twee stelle uitsprake is so eeners dat ek
meesal nie kan onthou of dit Verwoerd of Bhengu is wat 'n spesifieke ding gesê
het nie.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8086 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 21 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Afrikaners en apartheid - vorentoe
> Date: Fri, 17 Jan 1997 13:15:11 GMT
> Tim du Plessis sktyf dit in sy gereelde rubriek in Beeld.
> Ek kan dit nie beter uitdruk nie:
Ek verstaan dat ferdi soveel bewondering vir Tim het, want Tim gebruik
dieselfde oneerlike retorika as ferdi. Tim doen die volgende in die artikel
wat ferdi met grenslose goedkeuring aanhaal:
1) Begin by Dachau, 'n Nazi-afstammeling en die holocaust, en vestig 'n
atmosfeer van afgryse.
2) Haal 'n swart verslaggewer aan dat apartheid _nie_ gelyk is aan die
holocaust nie.
3) Gaan desnieteenstaande voort en verkondig dat Afrikaners moet swem in die
skuld soos Nazis ten einde (onskriftuurlik) hul kinders te vrywaar van die
sonde van die vaders.
Die dag as ek my intekening by Beeld kanseleer sal dit wees as gevolg van Tim
du Plessis se onneerlike emosionele manipulasie elke Vrydag - daarin lê nog
helende baslem vir skuldige gewetes, nog nasiebou nog waarheid nog versoening.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8087 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 21 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> Ek is nie bekommer oor diegene wat in Suid-
> Afrika bly nie. Hulle sal leer wat belangrik is en
> wat nie is nie, watter dinge 'n las op hul skouers
> plaas, watter dinge baie gou vergeet sal word. Dis
> die gepraat van sommige emigrante uit Suid-
> Afrika wat ek nie kan staan nie. Een ou wat hier
> na Kanada getrek het, probeer kennis maak. Hy
> vra met verbasing hoekom ons uit SA is in die
> sestigerjare. "Toe was dit mos nog die land van
> melk en heuning!" Antwoord ek toe : "You must
> be kidding. Land van melk en heuning?
> Sharpville,
Yep.
> Poqo,
Yep.
> Mandela gevange geneem,
Hmm... geen verband met bogenoemde nie?
> Bantoe-Onderwys
> verwoes die onderwys van 90 persent van die bevol-
> king.
Nou verwoes Bhengu die onderwys van 99% van die bevolking.
> A.R.M. ontwapen." En wat my die treurigste
> maak, hulle sal nou hier in Kanada genoeg mense
> kry wat na hulle nonsens sal luister. Kanada, waar
> neo-nazis 'n alledaagse verskynsel is. Waar die geld
> vandaan kom om neo-nazi groepe in Europa te steun,
Wat Tim du Plessis vergeet om aan te haal, is die verband tussen die opkoms
van Nazisme en die doelbewuste vernedering van Duitsland na die Eerste
Wêreldoorlog - dis nou volgens verskeie geskiedkundiges.
En dit was nie die geslag wat verneder is wat Nazis geword het nie. Dit was
die volgende een.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8088 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 21 Januarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 21 Jan 1997 12:21:27, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:
atmosfeer van afgryse.>>>[/color]
OK.
Vlakplaas was 'n baie plesierige plek
(Al gehoor daarvan?)
>
....is die dag dat jy inteken by die Patriot?
(Hoe ver is dit? Of lees jy reeds altwee?)
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8126 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Do, 23 Januarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 23 Jan 1997 09:32:33, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:
ondervind nie :-)>>>[/color]
IN die geval is dit.
Want hy se Bhengu is soos Verwoerd.
(Of hy het nie 'n clue van wat gebeur het nie.)
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8127 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Do, 23 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos (een van hulle) kom weer met sy verspreide middeltermtegniek:
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> OK. Dit lyk dus so:
> Verwoerd het radikale apartheid verkondig en ingestel
Hy het ook ses of sewe kinders gehad en 'n voorliefde vir Frieskoeie en 'n
Bulldog.
> Leendert se hy kan nie Bhengu vat nie want Bhengu is net soos
> Verwoerd.
Strooipop! Die "want" is Koos (een van hulle) s'n.
> Leendert verwerp dus apartheid.
Nie in die aangehaalde boodskap nie. Dis Koos (een van hulle) se afleiding van
die "want" wat hy self in die boodskap ingelees het.
> En dus die onlangse verlede waarin apartheid die norm was.
Om die verlede (enigeen) te "verwerp" is gevaarlik. Dis 'n vorm van
psigopatalogie.
> Leendert se dus duidelik hier hy is:
> 1. 'n Serious leftie.
Ek het dit nog nooit self gesê nie. Baie beskuldig my egter daarvan :-)
> 2. 'n Hater van die ou SA en dus:
Hmmm..... Ek kom heelwat "serious lefties" teë met groot heimweë na die OSA.
> 3. 'n Liefhebber van die Nuwe SA
Toevallig verkies ek die NSA bo die OSA.
Maar die rede wat jy daarvoor aangee is jou eie skepping, nie myne nie.
> waarin daar nie meer verwoerd se
> apartheid is nie.
> (Leendert, ondervind jy baie kere die verwarde soort denke?)
Koos (een van hulle), as jy leer lees wat in 'n teks staan in plaas van in jou
kop, sal jy dalk vind dit is nie die skrywer van die teks wat verwarde denke
ondervind nie :-)
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8128 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Do, 23 Januarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 23 Jan 1997 09:41:41, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:
was wat die Afrikaner vehoed het...>>>[/color]
^^^^^
Ek dink die woord wat jy wou gebruik het is "verhinder".
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8129 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Do, 23 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> On Tue, 21 Jan 1997 12:21:27, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:
> > atmosfeer van afgryse.>>>
> OK.
> Vlakplaas was 'n baie plesierige plek
> (Al gehoor daarvan?)
Vlakplaas is nie genoem in die epistel van Tim nie.
> >>
> ....is die dag dat jy inteken by die Patriot?
> (Hoe ver is dit? Of lees jy reeds altwee?)
Ek lees reeds altwee. En veel meer. In teenstelling met jou, lyk dit my.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8142 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Vr, 24 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Weer Koos (een van hulle) se leesprobleem.
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> On Thu, 23 Jan 1997 09:32:33, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:
> > ondervind nie :-)>>>
> IN die geval is dit.
> Want hy se Bhengu is soos Verwoerd.
Onwaar. Ek het gesê dat Bhengu se onderwysbeleid, soos verwoord in die
witskrifte van die afgelope twee jaar, feitlik nie onderskei kan word van
Verwoerd s'n, soos verwoord in sy toespraak voor die Senaat in 1953.
'n Stelling wat objektief getoets kan word. Let byvoorbeeld op die identiese
wyse waarop beide Verwoerd en Bhengu ontslae raak van privaatonderwys wat nie
hul idiologiese standpunte verkondig nie.
> (Of hy het nie 'n clue van wat gebeur het nie.)
Hoor wie praat! :-)
Groete, Leendert
|
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8144 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Vr, 24 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe
> Date: Fri, 24 Jan 1997 10:05:24 GMT
> On Fri, 24 Jan 1997 09:14:15, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:
> afvang:>>>
> A! Jy het die boodskap gekry!
Altyd 'n gevaar as mens verggeet van "meng jou met die semels".
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8145 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Vr, 24 Januarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 24 Jan 1997 09:13:14, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:
witskrifte van die afgelope twee jaar, feitlik nie onderskei kan word van[/color]
> Verwoerd s'n, soos verwoord in sy toespraak voor die Senaat in 1953.>>>
Hiers wat jy gese het:
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8149 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Vr, 24 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe
> Date: Fri, 24 Jan 1997 10:05:21 GMT
> On Fri, 24 Jan 1997 09:13:14, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:
> die
>> witskrifte van die afgelope twee jaar, feitlik nie onderskei kan word van
>> Verwoerd s'n, soos verwoord in sy toespraak voor die Senaat in 1953.>>>
> Hiers wat jy gese het:
> meesal nie kan onthou of dit Verwoerd of Bhengu is wat 'n spesifieke
> ding gesê
> het nie.>>>
Verskil dit van hierbo?
> By the way enigiemand wat se iemand anders se uitsprake is net soos
> Verwoerd s'n en gerieflik vergeet om te kwalifiseer dat hy nie dit
> bedoel waarvoor Verwoerd 'n ikoon geword het nie en wat die kern van
> alle politieke dinge was wat Verwoerd gedoen het nie, is of 'n bleddie
> fool of argumenteer nie eerlik nie.
> Watter een is jy?
Is dit dan oneerlik om te argumenteer dat dieselfde totalitêre dwang om die
gewetensvryheid van die jeug te verkrag by albei teenwoordig is?
> Om te se Bhengu se onderwys is feitlik nie te onderskei van Verwoerd
> s'n nie en nie die fondament van apartheid in die stelling te
> besef nie is bloot dom of vrot argumenteer.
Nee. Ek dink ons besef albei die fondament wat in die vergelyking gesuggereer
word. Dit wat fundamenteel aan apartheid was is ewe fundamenteel aan die
onderwysbeleid van Bhengu - 'n geloof dat jy weet wat die beste is vir ander
mense.
As jy die toepassing van hierdie stelling wil uitbrei verby die saak van
onderwysbeleid sal ek steeds met jou saamgaan. Met die "rider" dat dit
waarskynlik veel meer regverdigbaar was in Verwoerd se tyd en omstandighede as
in die huidige (soos ek tevore geargumenteer het).
> Dis soos om in 'n plek waar politiek bespreek word te se: "Leendert
> is vir my feitlik nie te onderskei van Jaap Marais nie."
> En dan agterna te se: "O, ek het bedoel albei van hulle het
> universiteitsgrade, albei is Afrikaans en ek het in elk geval NET
> oor hul liefde vir budgies gepraat."
> Dit "was" nie, ou swaer. Nie eers is 'n Duitse gerekenariseerde
> wasmasjien nie.
Ek neem aan jy verwys na 'n TV-advertensie. My huisgodjie het twee jaar gelede
gebreek en dit was tot dusver nie die moeite werd om te herstel nie.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8150 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Vr, 24 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
En Koos (een van hulle) se argument is gereduseer tot vlieë afvang:
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe
> Date: Thu, 23 Jan 1997 14:10:18 GMT
> On Thu, 23 Jan 1997 09:41:41, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:
> daar niks
>> was wat die Afrikaner vehoed het...>>>
> ^^^^^
> Ek dink die woord wat jy wou gebruik het is "verhinder".
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8151 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Vr, 24 Januarie 1997 00:00 |
Jan Grootenhuis
Boodskappe: 16 Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In , amde...@gold.up.ac.za writes:
> In article
> oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van Oostrum) writes:
>
>> Seg ek toe: "En Bhengu verwoes die onderwys van 99% van die bevolking".
>
>> Ek lees nou die dag Verwoerd se toespraak voor die Senaat in 1953. Die een
>> waarin hy sy maatreëls vir Bantoe-onderwys aankondig.
>
>> Dis nou net na ek weer die onderskeie witskrifte deurgegaan het wat
>> die afgelope twee jaar verskyn het. Waarin Bhengu _sy_ visie vir die onderwys
>> uitspel.
>
>> Nou sit ek met die probleem: Die twee stelle uitsprake is so eeners dat ek
>> meesal nie kan onthou of dit Verwoerd of Bhengu is wat 'n spesifieke ding gesê
>> het nie.
>
> Dit wys ons nou weereens dat PRAAT een ding is, maar DOEN 'n ander ding is.
>
> Die praters sal ons altyd by ons hê soos die armes. Dis egter die doeners
> wat wys van watter stoffasie hulle eintlik gemaak is.
>
> Beste wense
> At de Lange
At nou slaan jy die spyker op sy kop - waar is al daardie blikskottels
wat jaar na jaar vir die NP gestem het nou, want hulle het dit geDOEN!
Groete
Japie Bezuidenhout
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8189 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Ma, 27 Januarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 27 Jan 1997 10:21:58, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:
Dalk lees jy dit ook nie, maar die Institute se reputasie as stryder teen[/color]
> apartheid word, sover ek weet, (nog?) nie bevraagteken nie.>>>
Actually is die instituut lank reeds sterk gekoppel aan 'n
besliste politieke siening. En dus ook 'n besliste anti-houding
teenoor die ander kant.
Sy reputasie is nie baie goed wat dit betref nie, van hier vroeg in
die jare 90.
('n Mens wonder hoekom van toe af?)
Was dit nie Ken Owen wat in een van sy laaste rubrieke in die ST
geskryf het dat hy niks eintlik meer met hulle te doen wil he nie?
Of was jy toe nog op see gewees, (soos toe apartheid hier plaasgevind
het) ?
Maar ek kan dink dat jy baie van hulle sal hou.
Dit is ook toevallig 'n bitter swak argument wat jy hier aanvoer.
Amper soos: "Ek weet van iemand wat niks van jou hou nie en se jy
praat gewoonlik twak daarom is hierdie argument van jou per definisie
ook twak."
Die ding wat jy moet doen, is om Du PLessis se argument aan te
spreek as 'n geheel.
Nie om dele wat jou pas gebrekkig te lees of om iemand aan te haal wat
se die publikasie waarin Du Plessis se artikel verskyn is
ongeloofwaardig nie.
Swak argumente. Vlak denke.
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8190 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Ma, 27 Januarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 27 Jan 1997 10:09:40, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:
>>> Daar was ongetwyfeld so 'n geloof. Maar dit was deel van 'n meer omvattende
> "geloof dat jy weet wat die beste is vir ander mense". >>>
Soos jy nou "weet" wat goed vir ander (onder meer die regering) is.
Jy sterf natuurlik hier aan jou eie argument.
>[/color]
Omdat jy so sleg hoor.
in die Wes-Kaap 'n beleid volg dat geen wit rekrute ingeneem word nie.>>>[/color]
Gaan lees bietjie op oor werksafbakening. Gee veral aandag aan
werkgeleenthede buite die staatsdiens en regulasies daarop van
toepassing.
Gaan lees dan ook op oor wat destyds toe jy op see was die "paswette"
genoem was.
[/color]
> Weereens. Die regering het vir _almal_ besluit wat die beste vir hulle was.
> Die grondslag van apartheid en die grondslag van die onderwysbeleid van ons
> nuwe heremeesters.>>>
Ek dink nie jy het my stelling ten volle begryp nie.
(Maar ek dink nie jy wil dit begryp nie.)
[/color]
> Ek dag dit was Pik Botha wat dit gesê het :-)>>>
Nee. Jy dag verkeerd. Dit was Piet Koornhof.
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8191 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Ma, 27 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe
> Date: Fri, 24 Jan 1997 19:54:57 GMT
> On Fri, 24 Jan 1997 16:31:36, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:
[color=blue]>
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8192 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Ma, 27 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article amde...@gold.up.ac.za writes:
> En eitlik mag die verklaring heel eenvoudig blyk te wees.
> Miskien kon beide Vewoerd en Benghu se geskrifte deur 'n amptenaar geskryf
> gewees het. Omdat 40 jaar verloop het, moes dit verskillende amptenare
> gewees het. Maar dit maak nie saak nie, want die amptenary verander maar
> stadig.
Nee, At.
Dit gaan oor die _beleid_ van die twee regimes. Albei van hulle is 100%
ingestel op die totale beheer van die gedagtes van kinders - maar maak
dieselfde geluide van "vryheid van gewete", "ouerbetrokkenheid",
"gemeenskapsinspraak", ens.
In sommige opsigte is dit postief - regstellende aksie m.b.t. vroue in die
onderwys, byvpprbeeld. Verwoerd se beleid het vroue in groot getalle in die
(swart) onderwys ingebring, waar hulle tevore bykans onbekend was - weliswaar
teen laer salarisse, en Bhengu gaan voort daarmee.
Maar die wyse waarop kinders self, hul ouers en die gemeenskap uitgesluit word
van die bepaling van kurrikulum, onderwysmetode, handboekkeuses ens. is
identies. Die aktiewe uitroei van alternatiewe tot staatsonderwys gebruik
presies dieselfde metodes. Net soos Verwoerd die water en ligte van die
sendingskole gesny het en hulle gedwing het om staatskole te word, doen Bhengu
nou met gesubsidieerde privaatskole. Die Roomse kerk aanvaar dat feitlik al sy
kloosterskole binne die volgende jaar of twee gewone staatskole sal moet word.
Net soos in die tyd van Verwoerd maak dit ekonomies _geen_ sin nie, want die
staatskool sal die belastingbetaler veel meer per kind kos as sy huidige
subsidie aan die kloosterskool (of enige ander gesubsideerde privaatskool).
Die enigste doel is, soos by Verwoerd, om beheer te kry van die gedagtes van
kinders en hulle op te voed soos die heersers reken is die beste.
Daar is vele ander ooreenkomste van soortgelyke aard. En dit is nie amptenare
wat dit uitdink nie.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8193 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Ma, 27 Januarie 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf
"Onwaar. Ek het gesê dat Bhengu se onderwysbeleid, soos verwoord in
die witskrifte van die afgelope twee jaar, feitlik nie onderskei kan word
van Verwoerd s'n, soos verwoord in sy toespraak voor die Senaat in
1953."
En Koos I vreet hom uit.
En eitlik mag die verklaring heel eenvoudig blyk te wees.
Miskien kon beide Vewoerd en Benghu se geskrifte deur 'n amptenaar geskryf
gewees het. Omdat 40 jaar verloop het, moes dit verskillende amptenare
gewees het. Maar dit maak nie saak nie, want die amptenary verander maar
stadig.
Beste groete
At de Lange
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8194 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Ma, 27 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van Oostrum) writes:
> En ek daag jou uit om te bewys dat ek in enige stadium "gal gebraak" het op
> die Waarheidskommissie.
Nie dat ek nie rede sou kon vind om deel te neem aan daardie mode-aktiwiteit
nie. Selfs die voorsitter en die kommissarisse van die kommissie self "braak
gal" daaroor.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8216 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 28 Januarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 28 Jan 1997 10:53:25, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:
Geen wonder jy verstaan dit nie heeltemal nie.
So jy se Sabelo se hy bedank apartheid vir die oorleef van sy taal?
Kan ek hom vra daaroor?
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8217 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 28 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> Hei Leendert,
> Ek geniet jou pugilistiese aktiwiteite op
> die nuusgroep. (Ek merk op jy is nogal baie
> op die speelgrond rond, ten spyte daarvan dat
> jy sê jy kom nie gereeld daar nie.) Jou boks-
> tegniek is egter effens onkonvensioneel. Jy
> staan en boks nog so met jou geliefde opponent,
> dan gooi jy 'n linkerhou uit na een van die on-
> skuldige omstanders. Dis teen die reëls, weet jy.
Verwys jy na my kommentaar op De Kat? Jammer as jy dit ervaar het as teen jou
gemik. Dit was bloot kommentaar op 'n glanstydskrif met pretensies :-)
> Ek hou ook van jou styl en woordkeuse:
> "Hy is die erkende bottom feeder van hierdie
> bepaalde ekologiese no-ologiese nissie." My
> vraag is net, hoekom gebruik jy sommer sulke
> Engelse woorde tussen jou geliefde Afrikaanse
> woorde?
"Bottom feeder" is natuurlik 'n gewone biologiese begrip. Maar dit word ook in
politieke konteks gebruik, veral in die VSA. Dit verwys na 'n politikus wat
geen positiewe agenda van sy eie het nie, maar wat aanmekaar aas op die
foute van ander. Ek het die Engelse woorde gebruik om daardie verband te trek
- ek dag jy sou dit snap?
> Of is dit nou Afrikaans in die NSA,
> vry van al die ou wette wat daardie stoere-boere
> omies gebruik het om hulle mede-Afrikaners
> mee in bedwang te hou?
> Was jy nou werklik 'n matroos vir twintig
> jaar, of was jy maar net 'n lid van die Vloot.
> Soos een van ons vriende in SA destyds, 'n dood-
> gewone bedryfs-sielkundige, wat later al die titel
> van Admiraal gehad het, kompleet met wit uniform
> en al die trimmings.
> Gloudina
>
Mis geskiet, Gloudina. Ek was van die soort wat mens in skepe kry - vloot
(pro nutro inkluis :-) en handelsvloot. Spesifiek op die brug en by die
kaarttafels van skepe. Van die antarktiese ysbank en die eilande van die
suidelike oseaan tot Hamburg in die Noorde. Met etlike jare op die Weskus van
Afrika, waar ek ruim geleentheid gehad het om die nasleep van kolonialisme en
Uhuru waar te neem in lande soos Zaire, Congo, Gaboen en Ivoorkus.
Dit was ook interessant om te sien watter regerings en ambassades in daardie
lande het hul wyn en ander "noodsaaklikhede" van Suid-Afrika gekry het. Ons
het dit vir hulle onder Panamese vlag vervoer, want die SA vlag is nie daar
geduld nie - al was sommige van my seniors (en eweknieë en ondergeskiktes)
aanboord gitswart. En SA beesvleis waarop daar net staan "packed in Botswana".
En graan en bone wat sendingstasies uit SA ingevoer het wanneer hulle probeer
het om hongersnood te verlig. En sout uit Namibië na streke wat die Romeinse
Ryk van sout (en goud en slawe) voorsien het.
En dit was hartverskeurend om te sien wat ons daar weggevoer het. Nie net die
hout uit die woude nie, en nie net die kitsch maskers gemaak van hout wat nog
groen was nie, maar antieke kunsvoorwerpe en gebruiksartikels, Koptiese Bybels
uit die eerste millennium e.d.m. En artikels van ivoor wat so swak gekerf is
dat dit per gewig verkoop is - om elders herverwerk te word. Die beste
goed direk op die eerste vlug van DF Malan na New York en Amsterdam, die
res vir Ivy's in Kaapstad en Johannesburg - soms na Moses Kotler.
Daar was die stuvadore in die hawens aan die Congo-rivier wat in een maand
genoeg verdien het om hul gesinne vir twee weke op Cassava te voer. Waar pa en
seun van veertien saam in die ruime werk, en jy kon sien dat die seun se seun
ook daar sal werk. Behalwe dat daardie werk nie meer bestaan nie - alles is
verhouer. Waar onderwys "verpligtend" is en meer kos as die gemiddelde
inkomste van die bevolking. Waar jou skip vir twee weke lê om drie dae se vrag
te laai - weens die elektrisiteitsonderbrekings wat die hyskrane laat staan.
Dan herlees jy Heart of Darkness as dit te warm is om te slaap.
Maar daar is ook die onvergelyklike strande van Ivoorkus en die juwele van
silwerfiligraan op ebbehout of ivoor wat hulle in Senegal maak. Dis mooier
as die opgetooide ou stadsmure van Southhampton of die gemmerkoekstrate van
Brugge. En 'n jongman van Matadi wat fyngoud in 'n flessie (eg? - sou ek
weet!) aanbied in ruil vir kalktablette vir sy swanger vrou. Dit vergelyk met
Rodin se Burgers van Calais, onverwags na donker op die grasperkie onder die
parlementsgebou langs die Teems. Daar is die geurige arabiese sosatietjies in
die mark van Treichville, die krotbuurt van Abidjan. Tussen die karkasse van
reuse waterskilpaaie met wolke brommers agter die bloed aan. En die mooi
Ghanese prostituut wat soggens haar kind na die (90% wit) ambassadeskool neem.
Dis soos om op 'n wintersoggend as daar nie toeriste is nie, plat te sit op
die plaveisel van die Acropolis sodat jy die tweede lelikste stad in die
wêreld nie kan sien nie. Om te kyk hoe buig die yl oorblywende grasse wat in
die oop voeë tussen die klippe staan totdat flenters Toon van den Heever in
jou gedagte kom - op die hoëveld en so.
Nee, Gloudina. Bedryfsielkunde is nie my rigting nie.
Maar dit laat my kots as mense toi-toi op die karkas van apartheid op die maat
van Westerse deuntjies en vooroordele in De Kat verwerf.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8218 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 28 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe
> Date: Tue, 28 Jan 1997 14:44:51 GMT
> On Tue, 28 Jan 1997 10:53:25, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:
> >
> Geen wonder jy verstaan dit nie heeltemal nie.
Gaan gerus die betekenis van "onder die knie kry" na.
> So jy se Sabelo se hy bedank apartheid vir die oorleef van sy taal?
> Kan ek hom vra daaroor?
Nie apartheid nie - Bantoe-onderwys. Vra gerus.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8219 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 28 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe
> Date: Mon, 27 Jan 1997 14:28:48 GMT
> On Mon, 27 Jan 1997 10:21:58, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:
> Relations.
>> Dalk lees jy dit ook nie, maar die Institute se reputasie as stryder teen
>> apartheid word, sover ek weet, (nog?) nie bevraagteken nie.>>>
> Actually is die instituut lank reeds sterk gekoppel aan 'n
> besliste politieke siening. En dus ook 'n besliste anti-houding
> teenoor die ander kant.
O, beslis. Sedert die dertigerjare is hy "sterk gekoppel" aan anti-apartheid.
> Sy reputasie is nie baie goed wat dit betref nie, van hier vroeg in
> die jare 90.
Ah! Terwyl hulle volgens hul beginsels apartheid bestry het, was hul
"reputasie goed"? Wanneer hulle dieselfde beginsels toepas op die opvolgers
van die apartheidsregering word dit "nie baie goed nie". (Die tema van
Jill Wentzel se "The Liberal Slideaway" - dat "liberals" hul beginsels
net toepas op die handelinge van wittes, maar nie op die van swartes
nie - 'n uiters rassistiese standpunt, natuurlik, om swartmense nie aan
dieselfde standaarde te hou nie.) Dankie vir die insiggewende opmerking.
> Of was jy toe nog op see gewees, (soos toe apartheid hier plaasgevind
> het) ?
Jy lees alweer dinge in jou kop, kooos. Hou so aan dan het jy my persoonlike
geskiedenis saam met die van die land herskryf.
> Maar ek kan dink dat jy baie van hulle sal hou.
Wel, hulle publiseer soms my werk.
> Dit is ook toevallig 'n bitter swak argument wat jy hier aanvoer.
> Amper soos: "Ek weet van iemand wat niks van jou hou nie en se jy
> praat gewoonlik twak daarom is hierdie argument van jou per definisie
> ook twak."
Dit was nou nie juis 'n argument nie - dit was bloot kommentaar op die
verskynsel van cliches - en die voorkoms daarvan in Beeld, en in die werk van
Tim in besonder, wat hulle op oneerlike wyse manipuleer het in die artikel wat
jy aangehaal het.
> Die ding wat jy moet doen, is om Du PLessis se argument aan te
> spreek as 'n geheel.
> Nie om dele wat jou pas gebrekkig te lees
Ek het die kern van Timmie se argument aangespreek. Ek merk dat jy nie daarin
kon slaag om my kritiek effektief te weerspreek nie. Dit sou die geldige toets
vir die gehalte van my oordeel wees.
> of om iemand aan te haal wat
> se die publikasie waarin Du Plessis se artikel verskyn is
> ongeloofwaardig nie.
O? Die geloofwaardigheid van die publikasie reflekteer nie op die
geloofwaardigheid van die inhoud nie?
> Swak argumente. Vlak denke.
Inderdaad!
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8220 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 28 Januarie 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , fe...@is.co.za says...
>
> On Mon, 27 Jan 1997 10:09:40, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:
Hei Leendert,
Ek geniet jou pugilistiese aktiwiteite op
die nuusgroep. (Ek merk op jy is nogal baie
op die speelgrond rond, ten spyte daarvan dat
jy sê jy kom nie gereeld daar nie.) Jou boks-
tegniek is egter effens onkonvensioneel. Jy
staan en boks nog so met jou geliefde opponent,
dan gooi jy 'n linkerhou uit na een van die on-
skuldige omstanders. Dis teen die reëls, weet jy.
Ek hou ook van jou styl en woordkeuse:
"Hy is die erkende bottom feeder van hierdie
bepaalde ekologiese no-ologiese nissie." My
vraag is net, hoekom gebruik jy sommer sulke
Engelse woorde tussen jou geliefde Afrikaanse
woorde? Of is dit nou Afrikaans in die NSA,
vry van al die ou wette wat daardie stoere-boere
omies gebruik het om hulle mede-Afrikaners
mee in bedwang te hou?
Was jy nou werklik 'n matroos vir twintig
jaar, of was jy maar net 'n lid van die Vloot.
Soos een van ons vriende in SA destyds, 'n dood-
gewone bedryfs-sielkundige, wat later al die titel
van Admiraal gehad het, kompleet met wit uniform
en al die trimmings.
Gloudina
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8221 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 28 Januarie 1997 00:00 |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum (oos...@scientia.up.ac.za) wrote:
: Daar was die stuvadore in die hawens aan die Congo-rivier wat in een maand
: genoeg verdien het om hul gesinne vir twee weke op Cassava te voer. Waar pa en
: seun van veertien saam in die ruime werk, en jy kon sien dat die seun se seun
: ook daar sal werk. Behalwe dat daardie werk nie meer bestaan nie - alles is
: verhouer. Waar onderwys "verpligtend" is en meer kos as die gemiddelde
: Rodin se Burgers van Calais, onverwags na donker op die grasperkie onder die
: parlementsgebou langs die Teems. Daar is die geurige arabiese sosatietjies in
: die mark van Treichville, die krotbuurt van Abidjan. Tussen die karkasse van
: reuse waterskilpaaie met wolke brommers agter die bloed aan. En die mooi
: Ghanese prostituut wat soggens haar kind na die (90% wit) ambassadeskool neem.
: Maar dit laat my kots as mense toi-toi op die karkas van apartheid op die maat
: van Westerse deuntjies en vooroordele in De Kat verwerf.
: Groete, Leendert
Waow! Ek het nie gedink Leendert is in staat to sulke hoogtes nie! En
Gloudina het waarlik weer 'n keer geskryf sonder om 'n gediggie vir ons te
gee. Selfs Koos(Ferdi?) is stillerig. Ek dink die nuusgroep gaan agteruit.
Of is dit net vandat ek aangesluit het?
Dries 'Princeps'
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8222 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 28 Januarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 28 Jan 1997 11:19:25, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:
die jare 90.[/color]
>
> Ah! Terwyl hulle volgens hul beginsels apartheid bestry het, was hul
> "reputasie goed"? Wanneer hulle dieselfde beginsels toepas op die opvolgers
> van die apartheidsregering >>>
Gaan kyk jy maar self watter rigting jou geliefde instituut ingeslaan
het in die vroee jare negentig.
Het hulle dalk 'n sekere politieke beweging begin "boost"?
Dalk 'n beweging wat met die ou regime ingeskakel het op allerhande
vreemde wyses?
Jy maak natuurlik die fout hier om aan te voer dat omdat sekere
individue baie lank gelede 'n instansies 'n sekere soort aansien
gegee het, daardie aansien deur die naam van die instansie noodwendig
oordra op die stel individue wat nou daar is.
Dit werk nie so nie.
>>[/color]
Waarvan praat jy?
Ek vra of jy Ken Owen gelees het oor jou geliefde instituut en jy
beweer ek wil jou geskiedenis skryf!
Is jy laf?!
Maar ek kan dink dat jy baie van hulle sal hou.
>
> Wel, hulle publiseer soms my werk.>>>
Maak sense.
Dis natuurlik ook een van die redes hoekom jy so baie van hulle dink.
Oor die aanhaling van die Intituut wat Beeld as 'n instansie
"trash" se jy:
vir die gehalte van my oordeel wees.>>>[/color]
Huh?
Jy het die kern aangespreek?
Jy het die kern nooit eers raakgesien nie!
Du PLessis argumenteer dat ons die verlede moet erken vir wat daarin
gebeur het.
Hy se met apartheid is menseregte gruwelik verkrag.
Hy se dit word agter die naam van die Afrikaner geskryf.
Hy se as ons dit bly ontken en side step dan gaan dit nog in die tyd
van ons kinders broei en aan hulle kleef.
Hy se as ons, die geslag wat in die tyd van apartheid geleef en
gedoen en gestem het, maak soos die Duitsers wat hul nazi verlede
erken het en dit in die oe gekyk het, dan kan ons ons kinders 'n
guns doen.
Hy verwys na 'n geslag Duitsers wat nie skuld voel en nie daaronder
lei nie
Hy se dit is omdat die geslag van die tweede wereldoorlog die nazi
verlede nie ontken het nie en nie daarvan weggeskram het nie maar
dit aanvaar het.
Hy se as ons dit doen, sal dit - na die Duitse "model" van skuld
aanvaar en verwerk - vir ons kinder beter wees.
Want so raak jy vir hulle ontslae van die skuld.
Dit is die kern van wat hy skryf.
Ek het gaan kyk wat jou reaksie op die artikel was.
Dit was:
_____________________________
>>
EN
____________________________
>>>>
Dan se jy ook nog:
>>[/color]
...nadat ek se....
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8223 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Di, 28 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe
> Date: Tue, 28 Jan 1997 14:44:37 GMT
> On Tue, 28 Jan 1997 11:19:25, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:
> > die jare 90.
>>
>> Ah! Terwyl hulle volgens hul beginsels apartheid bestry het, was hul
>> "reputasie goed"? Wanneer hulle dieselfde beginsels toepas op die opvolgers
>> van die apartheidsregering >>>
> Gaan kyk jy maar self watter rigting jou geliefde instituut ingeslaan
> het in die vroee jare negentig.
> Het hulle dalk 'n sekere politieke beweging begin "boost"?
> Dalk 'n beweging wat met die ou regime ingeskakel het op allerhande
> vreemde wyses?
Oe maar ons is so geheimsinnig! Asof ons sekere woorde nie op ons lippe wil
neem nie. As jy wil vloek, kooos, vloek!
Dit lees nou soos daardie nuwe HNP-boek oor "Volksverraad" - en soos die
gesprekke op die Volkstaatlys waarin elke faksie die ander beskuldig van
verraad en verskuilde agendas.
> Jy maak natuurlik die fout hier om aan te voer dat omdat sekere
> individue baie lank gelede 'n instansies 'n sekere soort aansien
> gegee het, daardie aansien deur die naam van die instansie noodwendig
> oordra op die stel individue wat nou daar is.
> Dit werk nie so nie.
Klink weer soos Jaap Marais. Mik jy na 'n Herstigte Institute?
Dit gaan nie vir my om individue nie - wel om die konsekwente handhawing van
die fundamentele regte.
> > geskiedenis saam met die van die land herskryf.>>>
> Waarvan praat jy?
> Ek vra of jy Ken Owen gelees het oor jou geliefde instituut en jy
> beweer ek wil jou geskiedenis skryf!
> Is jy laf?!
Nee. Jy het nie gevra of ek Ken Owen gelees het nie. Jy het gevra of ek Ken
Owen gelees het en daar bygevoeg:
>> Of was jy toe nog op see gewees, (soos toe apartheid hier plaasgevind
>> het) ?
Op jou raaiskote aangaande my persoonlike bewegings, wat jy as alternatief tot
die vraag oor Ken Owen aangebied het (dis wat "of" beteken) ek geantwoord:
> Jy lees alweer dinge in jou kop, kooos. Hou so aan dan het jy my persoonlike
> geskiedenis saam met die van die land herskryf.
(Jy het beslis probleme met jou voegwoorde en hul logiese betekenis.)
> Maar ek kan dink dat jy baie van hulle sal hou.
>>
>> Wel, hulle publiseer soms my werk.>>>
> Maak sense.
> Dis natuurlik ook een van die redes hoekom jy so baie van hulle dink.
Natuurlik - hoe anders :-)
> Oor die aanhaling van die Intituut wat Beeld as 'n instansie
> "trash" se jy:
> het dit aangebied in reaksie op Du PLessis se artikel.
Nie direk nie - dit was in reaksie op jou beskuldiging dat ek cliche's
gebruik. Indirek wel, dit gee ek toe.
> Dit is duidelik w at jy probeer se het..
> Hier is die Instituut se stukkie wat jy aangehaal het in reaksie op
> Du PLessis se argument:
> >
En? Iewers moet hier nou 'n gevolgtrekking of 'n afleiding wees, kooos. Anders
is al jou moeite om die aanhalings op te spoor maar net nog soveel wind werd.
> nie daarin
>> kon slaag om my kritiek effektief te weerspreek nie. Dit sou die geldige toets
>> vir die gehalte van my oordeel wees.>>>
> Huh?
> Jy het die kern aangespreek?
> Jy het die kern nooit eers raakgesien nie!
> Du PLessis argumenteer dat ons die verlede moet erken vir wat daarin
> gebeur het.
Nee. Hy argumenteer dat ons sy selektiewe perspektief op die verlede moet
erken vir wat _daarin_ gebeur het.
> Hy se met apartheid is menseregte gruwelik verkrag.
Ek onthou nie dat hy dit gesê het nie. Hy het wel die noodwendige implikasie
daargestel dat apartheid gelyk is aan die holocaust. Dit is veel meer as wat
jy hier beweer.
> Hy se dit word agter die naam van die Afrikaner geskryf.
O ja!
> Hy se as ons dit bly ontken en side step dan gaan dit nog in die tyd
> van ons kinders broei en aan hulle kleef.
Dit sê hy wel.
> Hy se as ons, die geslag wat in die tyd van apartheid geleef en
> gedoen en gestem het, maak soos die Duitsers wat hul nazi verlede
> erken het en dit in die oe gekyk het, dan kan ons ons kinders 'n
> guns doen.
Ja. Dit doen hy. In die proses stel hy apartheid en die holocaust gelyk aan
mekaar. Nadat hy 'n swart verslaggewer aangehaal het, wie se opmerking
noodwendig impliseer dat die twee nie met mekaar gelykgestel kan word nie.
> Hy verwys na 'n geslag Duitsers wat nie skuld voel en nie daaronder
> lei nie
Ja, dit doen hy.
> Hy se dit is omdat die geslag van die tweede wereldoorlog die nazi
> verlede nie ontken het nie en nie daarvan weggeskram het nie maar
> dit aanvaar het.
Ja.
> Hy se as ons dit doen, sal dit - na die Duitse "model" van skuld
> aanvaar en verwerk - vir ons kinder beter wees.
> Want so raak jy vir hulle ontslae van die skuld.
En daarmee doen hy twee dinge:
1) Stel die skuldlas vir apartheid gelyk aan die
skuldlas vir die holocaust. Oneerlik en ongeldig volgens sy eie artikel.
2) Pleeg die soort pop psychology van cliches wat presies die soort ding is
waarvan Jill Wentzel Beeld beskuldig.
> Dit is die kern van wat hy skryf.
> Ek het gaan kyk wat jou reaksie op die artikel was.
> Dit was:
> _____________________________
Terloopse kommentaar, in reaksie op 'n artikel van Gloudina:
> van Nazisme en die doelbewuste vernedering van Duitsland na die Eerste
> Wêreldoorlog - dis nou volgens verskeie geskiedkundiges.
> En dit was nie die geslag wat verneder is wat Nazis geword het nie.
> Dit was
> die volgende een.>>>>
En let maar op wat gebeur nou weer in Duitsland.
> EN
> ____________________________
Hierdie het niks te doen gehad met Du Plessis se manipulatiewe snert nie:
> Dis nou net na ek weer die onderskeie witskrifte deurgegaan het wat
> die afgelope twee jaar verskyn het. Waarin Bhengu _sy_ visie vir die
> onderwys
> uitspel.
> Nou sit ek met die probleem: Die twee stelle uitsprake is so eeners
> dat ek
> meesal nie kan onthou of dit Verwoerd of Bhengu is wat 'n spesifieke
> ding gesê
> het nie.>>>>>
> EN
> _____________________
Ah! Jy het dit gekry!
> artikel
> wat ferdi met grenslose goedkeuring aanhaal:
Hierdie is die kern van Du Plessis se oneerlike retoriek.
> 1) Begin by Dachau, 'n Nazi-afstammeling en die holocaust, en vestig
> 'n
> atmosfeer van afgryse.
> 2) Haal 'n swart verslaggewer aan dat apartheid _nie_ gelyk is aan die
> holocaust nie.
> 3) Gaan desnieteenstaande voort en verkondig dat Afrikaners moet swem
> in die
> skuld soos Nazis ten einde (onskriftuurlik) hul kinders te vrywaar van
> die
> sonde van die vaders.>>>>>
> Dan se jy ook nog:
> geloofwaardigheid van die inhoud nie?>>>
> ...nadat ek se....
> die
>> verskynsel van cliches - en die voorkoms daarvan in Beeld, en in die werk van
>> Tim in besonder, wat hulle op oneerlike wyse manipuleer het in die artikel wat
>> jy aangehaal het.>>>
Hoe jy hieruit die vergesogte afleiding maak dat my stellings teenstrydig is,
moet jy maar vir my uitlê, want:
> Soos ek gese het:
> "Swak argumente. Vlak denke."
En soos _ek_ gesê het: Inderdaad.
> Jy klink vir my al meer na iemand wat:
> 1. Die verlede ontken.
Ek ontken Tim du Plessis se gelykstelling van apartheid met die holocaust. En
ek doen dit op die gesag van die opmerking waarop hy sy artikel inlui.
> 2. Die staat wat die ANC tot stand wil bring wil gelykstel met die
> staat wat die NP na 1948 tot stand gebring het.
Ek wil dit nie daarmee gelykstel nie. Ek hou my hart vas, want die tekens is
dat dit presies is wat ons gaan kry - en erger. Hierdie keer sal dit nie net
wit gesinne wees wat hul ouers in die tronk en hul kinders in die weeshuis kry
omdat hulle nie die staat se indoktrinasie van hul kinders wil aanvaar nie.
Nou kan dit enigeen wees.
> Die twee punte is natuurlik nou verweef met mekaar.
???
> 3. Die huidige onderwysbeleid op elke denkbare manier probeer sleg
> maak omdat dit nie gapings bied vir regse blankes om op allerhande
> ompaaie skole te bedryf wat in effek net vir blankes is nie.
Toevallig het ek _geen_ simpatie met pogings om skole "blank" te hou nie. Om
die waarheid te sê, ek is op rekord in die argiewe van die Afrikaansposlys en
die Volkstaatlys dat ek aanbeveel dat swart leerlinge wat deur medium van
Afrikaans wil leer aktief gesoek moet word en na Afrikaanse skole gelok moet
word.
Interessant genoeg, word hierdie stellings van my in die geledere van die
volkstaatgesindes met veel toleransie begroet (die ergste reaksie wat ek
kry is die etiket van "liberaal" :-)
In hierdie oorwegend humanistiese forum, waar jy kort-kort dweep met die
oorwinning vir menseregte in ons nuwe grondwet, braak jy op my besorgdheid dat
die mees fundamentele menseregte in die praktyk beslag moet kry.
> Maar jy het nie die eerlikheid om dit reguit te se nie.
Oor die kwessie van eerlikheid moet jy gaan dink, vriend. Jy het my so pas
beskuldig van 'n motief waarvoor jy _geen_ gronde gehad het nie, en jou
beskuldiging is bewysbaar vals.
Ek reken jy is 'n verskoning skuldig.
> Dis wat ek dink, ou swaer.
En weereens het jy dinge wat in jou kop is in die teks ingelees.
As dit jou kop is waarmee jy dink.
> Cheers.
Dit ook ja.
Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8253 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Wo, 29 Januarie 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
oos...@scientia.up.ac.za says...
Leendert,
Natuurlik weet ek wat "bottom feeder"
beteken. Maar vir iemand wat so baie gekla
het oor hoe min Afrikaans daar op die SAUK
is, moet jy darem tog seker probeer om 'n
Afrikaanse vertaling daarvoor te gebruik. Wat
van "bodem-vreters" of soiets.
Nee, dis nie wat jy oor "De Kat" gesê het
wat ek as onreëlmatig beskou het nie. Maar in
'n beskrywing van onderwys gedurende die apart-
heidsjare, gooi jy sommer so "sendelinge wat in
Zulu droom" in. Ek dink ook jy is verkeerd oor
"De Kat." Vir die soort publiek waarvoor so 'n
tydskrif bestem is, is dit 'n goedversorgde en nogal
interessante tydskrif. Ek stel ook voor dat jy weer
vir jou 'n televisie koop. Ek dink dis 'n sonde as
ouers besluit wat hulle kinders kan sien of nie.
Kinders is oor die algemeen meer intelligent as hul
ouers.
Ek het gehou van jou beskrywing van jou matroos-
dae. Sou nog meer wil hoor. Ook van jou jeug (?) in
Griekeland. Die lekkerste lemoensap wat ek in my lewe
nog gedrink het : net onder die Acropolis. Maar dis
lank gelede. Ek het gehoor toeriste mag nou nie meer
tussen die geboue rondloop nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8254 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Wo, 29 Januarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> Leendert,
> Natuurlik weet ek wat "bottom feeder"
> beteken. Maar vir iemand wat so baie gekla
> het oor hoe min Afrikaans daar op die SAUK
> is, moet jy darem tog seker probeer om 'n
> Afrikaanse vertaling daarvoor te gebruik. Wat
> van "bodem-vreters" of soiets.
Ek is oortuig daarvan dat die dierkunde-woordeboek wel 'n term sal hê. (Die
Afrikaanse terminologie is van die bes beskrewe van alle tale - danksy wyle
Hennie Terblanche.) Dit sal egter nie dieselfde politieke konnotasie dra nie.
Ek probeer egter ook om nie benepe te wees in my taalpurisme nie. Nou dat die
Akademie nie meer so voorskriftelik is nie (danksy Hennie Terblanche se status
van "wyle") glo ek ons kan werk met leenwoorde en hulle natuurlikerwys in die
taal integreer. So lank ons nie soos die 'Ollanners word nie.
> Nee, dis nie wat jy oor "De Kat" gesê het
> wat ek as onreëlmatig beskou het nie. Maar in
> 'n beskrywing van onderwys gedurende die apart-
> heidsjare, gooi jy sommer so "sendelinge wat in
> Zulu droom" in.
O dit? Maar dit was tog geen "onskuldige omstander" nie? Dit was iemand met 'n
baie duidelike standpunt wat in die debat ingevoer is.
> Ek dink ook jy is verkeerd oor
> "De Kat." Vir die soort publiek waarvoor so 'n
> tydskrif bestem is, is dit 'n goedversorgde en nogal
> interessante tydskrif.
Ek aanvaar jou oordeel, vir daardie soort publiek. Vir my bly dit De Kitsch.
Die buurt waar ek woon het juis so agteruitgegaan. My ou ongeletterde buurvrou
(Italiaanse oorlogsbruid) moes verkoop na haar man se dood. Nou bly daar twee
four-by-fours, 'n selfoon en 'n gereelde uitgawe van De Kat.
> Ek stel ook voor dat jy weer
> vir jou 'n televisie koop.
Om wat mee te doen?
> Ek dink dis 'n sonde as
> ouers besluit wat hulle kinders kan sien of nie.
Ingevolge die VN Handves van kinderregte het kinders die fundamentele reg om
beskerm te word teen blootstelling aan inligting wat vir hulle nadelig mag
wees. En die Handves verklaar uitdruklik dat die ouers/voog van die kind die
finale gesag (onder normale omstandighede) is om te oordeel oor die
skadelikheid al dan nie. Die handves lê daarbenewens die plig op die staat om
omstandighede te skep wat ouers in staat stel om die daaruitspruitende pligte
na te kom. 'n Plig wat ons besondere staat skromelik verwaarloos, of doelbewus
vermy - of, meer waarskynlik, onregmatiglik namens die ouers wil uitoefen.
Daarbenewens het ek ernstige bedenkinge oor TV as medium vir pedagogiese
doeleindes - ongeag die inhoud. Ek vermoed dat dit passiewe gedragspatrone
aanmoedig. En my vermoede is sterk genoeg om dit as aanname te gebruik
totdat die teendeel bewys word. Dan liewer video-materiaal as element van
interaktiewe multi-media - ver bo die beperkinge van my begroting.
Maar dis nie hoekom ek nie 'n TV het nie. Die koste van die stel en die
TV-lisensie is bloot nie vir my gesin die geld werd nie. Nie vir die bietjie
waarde wat ons daaruit kry nie. Die geld kan veel beter waarde koop op ander
maniere. My oudste dogter (8) het byvoorbeeld so pas die hele reeks Laura
Ingalls boeke herlees (Jy weet, Little House on the Prairie, en al daai - maar
in uitstekende Afrikaanse vertaling - "uit die Amerikaans vertaal" nogal).
Tweedehands gekoop by die Staatsbiblioteek teen R2-60 per boek. In uitstekende
toestand, want hulle verkoop net "mingebruikte" boeke.
> Kinders is oor die algemeen meer intelligent as hul
> ouers.
Inderdaad. Die genoemde dogter se IK oorskry haar pa s'n met 14 punte :-)
> Ek het gehou van jou beskrywing van jou matroos-
> dae. Sou nog meer wil hoor. Ook van jou jeug (?) in
> Griekeland.
Nee wat. Ek was al mooi groot - 30 en vir die eerste maal getroud toe ek gaan
hippie speel het op 'n eiland. Kruiwa gestoot op 'n bouterrein, klippe gekap
in 'n marmergroef, gewerk in die wingerde en olyfboorde, as handlanger vir 'n
skrynwerker, ens. En Grieks geleer en geleer dat mens in die buiteland meer
van jou eie land leer as van die buiteland - dieselfde tesis wat gestel is
rondom die tema van die "ex" en die "pat" in hierdie forum.
Van die "expat" gepraat. Ek reken die verstrooiing van die Afrikaner in die
Diaspora kan 'n geweldige positiewe ding wees, mettertyd. Sommige van hulle
sal terugkom, met ervaring en blootstelling wat onskatbaar waardevol sal wees.
Daarbenewens het fora soos hierdie reeds die volkstaat geskep wat op die grond
heel moontlik nooit sal realiseer nie. Maar hier het ons reeds die virtuele
volkstaat wat funskioneer soos die Agora (markplek) van die Griekse stadstaat
- elkeen kan gehoor word. Op die volkstaatposlys het hulle al selfs 'n markdag
elke derde Vrydag van die maand (dink ek). En die beste is - niemand kan uit
'n forum uitgehou word op grond van sy geloof, geslag, of ras nie. (Jy
moet die onderonsies op die Volkstaalys sien tussen Gerefromeerdes,
Israeliete en Messiaanse Jode :-) Elkeen kan kies of hy Athener of Spartaan
wil wees - of albei.
En die _heel_ beste. Die enigste vorms van gesag is die stem en die rede.
> Die lekkerste lemoensap wat ek in my lewe
> nog gedrink het : net onder die Acropolis.
Die lekkerste tamaties wat ek ooit ge-eet het was op Samos. Die pitte van
dieselfde tamaties, hier geplant, se vrugte smaak nie naastenby dieselfde nie.
Ek dink dit het te doen met die baie kalk in die grond daar.
En die soetwyn van Samos (waaroor Byron geskryf het - "lift high the flask of
Samian wine"). 'n Natuurlike soetwyn, gemaak van muskaatdruiwe wat eers in die
son gedroog en dan gepars word. Geen byvoeging van wynspiritus om die
gistingsproses te staak nie. Hulle doen die afgelope dekade of wat ook
soortgelyke goed hier by ons, maar met ander vareiteite. En ons het nie
dieselfde kalk in ons grond nie :-)
> Maar dis
> lank gelede. Ek het gehoor toeriste mag nou nie meer
> tussen die geboue rondloop nie.
Ek dink dis net in die parthenon self wat jy nie mag kom nie. Om te dink
daardie gebou was tot bietjie meer as 'n eeu gelede nog amper perfek bewaar,
na duisende jare. Toe kom stoor die Turke hul amunisie daarin, en die Engelse
bombardeer dit met amunisie en al die lug in. Toe kom "red" Lord Elgin die
"marbles" en konfiskeer dit vir die British Museum. En nou verrot die hele
spul as gevolg van die materiale wat gebruik is om dit te "restoureer" en die
uitlaatgasse van die taxis in die tweede lelikste stad in die wêreld.
(Binnekort die derde lelikste).
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8270 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
Do, 30 Januarie 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf:
> Van die "expat" gepraat. Ek reken die verstrooiing van die Afrikaner in die
> Diaspora kan 'n geweldige positiewe ding wees, mettertyd. Sommige van hulle
> sal terugkom, met ervaring en blootstelling wat onskatbaar waardevol sal wees.
Dit is beter om vir mekaar ruikers te gee as om mekaar met vrot eiers te
gooi. Ek wil jou 'n ruiker gee vir dir paragraaf hierbo aangehaal. Dit het
al eenmaal in die geskiedenis gebeur. Dit kan weer gebeur.
Laat ek vertel. 'n Mens kry maar selde boeke wat die outentieke aan jou
voorhou. Meeste boeke, soos ook die bydraes op hierdie nuusgroep, is 'n
mening op ander menings se menings .... van die outentieke bronne. Maar die
outentieke self, dit word weinig opgehaal.
In ieder geval, ek loop in die biblioteek laas April 'n boek raak wat
sommige outentieke geskrifte oor die onderwys, vanaf die Grieke se tyd,
saamvat. Natuurlik kan 'n mens nie alles inbind nie - jy moet 'n tema he.
Die samesteller se tema was dat daar hoop is vir die onderwys.
Ek moet ook iets ander sê wat nie toevallig is nie. Een van my
vetplantvriende kom uit Almelo in die Twente streek van Nederland. Saam
het ons baie ure in die son beleef, ure wat Galjoen se beskrywing 'n
kindertuin ervaring maak. Hy het my heelwat vertel van die Twente gebied,
dat dit die armste deel van Nedeland was en is - en tog vir honderde jare
die meeste leiers van Nederland opgelewer het. Wat nog meer is, as hy
'twents' praat, is dit asof die ritme en melodie van sy gesprek meer
afrikaans word. Ek was dus gevoelig vir die naam Twente.
Een van die geskrifte was van die VROEG VYFTIENDE eeu, afkomstig van die
stadsvaders van 'n dorp in die Twente gebied in Holland. In hierdie
wonderlike geskrif bepleit hulle die totstandkoming van 'n gemeenskap-
onderwysstelsel, laerskole vir gehuggies, ho"erskole vir dorpe en
universiteite vir streke. Hulle oormerke was verstommend: om bedelary en
die misbruik van kinders te stop, om mense te vesoen en hulle 'n vreugde
in die toekoms te gee.
Ek was verstom. Het daar toe iets van gekom? Ek was gelukkig. Ek kon
saam met my vrou 'n maand later by Twente uitkom. Natuurlik het ons alles
probeer beleef. Maar waar ek ookal kom - en moedwillig was dit selfs 'n paar
dorpmuseums - het ek meer probeer uitvind oor wat ek gelees het. Ek het
begin dink dat ek 'n hersenskim gehad het want nêrens kon ek geholpe raak
nie.
Totdat ek toevallig, drie dae voor ons terugkeer, in my einste vriend se
huis 'n boek uit 'n versteekte rakkie haal wat die geskiedenis van Twente
beskryf, van nog voor die Romeine se tyd. Ek was in vervoering. Bedags moes
ek aan alles meedoen, maar snags wanneer die ander slaap, het ek my
verlustig in die dik boek. (As julle wil, kan ek julle later ander van ander
dinge in die boek vertel.)
Dit was te danke aan Twente se onderwys (beleid en inrigtings) dat die
Hervorming daar so lewensvol plaasgevind het. Dit was aan hulle te danke
dat Nederland voorberei was om hulle goue eeu te beleef deur by die
Portugese en Spanjaarde oor te neem. Ek was soos 'n olifant in die Kaokoveld
se klipwoestyn wat op 'n poel water afgekom het.
Naderhand het die volgende vraag by my opgekom: maar waarom was die
stadsvaders, so arm as wat hulle was, met hierdie insig geseen. Weer het ek
die boek van hoek tot kant deurgelees. Nerens was daar 'n direkte antwoord
nie. Totdat ek tussen die lyne begin lees het, na datums opgelet het,
ensovoorts. Toe tref dit my, die laast deel van Europa (en daar is 'n
pragtige rede daarvoor) wat 'n kruistog onderneem het, was die Twente gebied
aan die einde van die veertiende eeu. En van al die kruistogte was hulle s'n
die minste geslaagd wat betref die godsdienstige sy van die geestelike.
Maar wat betref die res van die geestelike wereld, was daar geen beter
kruistog ooit nie.
Onthou, die mense in Twente was arm. Hulle gebied (heideveld en moerasse)
het hulle so arm gehou. Meeste mense het nooit verder as die dorp langsaan
gereis nie. En ewe skielik sien hulle die wereld, verskeidenheid, rykdom,
die mens se skeppingkragtigheid. Die wonderwerk was dat dit juis ander
se kreatiwiteit is wat hulle die meeste aangegryp het. Hulle het besef dat
daar vorentoe 'n heel nuwe wereld kan wees, een wat begin by skole. En hulle
was reg. (My vrou was verstom oor die vrouens van die sestiende eeu se
hekelwerk. Al wat hulle tot hulle beskking gehad het, was die clas van 'n
heidegrassie. Maar die verstommende fynheid van hulle werk was nog nooit
weer ge"ewenaar nie.
Daarom, liewe 'expats', het ons julle nodig. Julle is ons kruisvaarders. Ons
weet dat julle kruisvaart in sekere opsigte misluk het, maar in vele ander
opsigte groots is. Kom weer na ons toe terug met julle geestelike rykdom.
Begin sommer nou in die gees hier op Internet.
Les bes, miskien ken party van julle die Zoeloe spreekwoord wat se dat
'die twis het uit die ashoop gekom'. Kyk tog verby hierdie twiste, al
kook die wrewel in julle - soos in my - oor al die drek wat hier opgedis
word.
Beste groete
At de Lange
|
|
|
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8311 is 'n antwoord op boodskap #8056] |
So, 02 Februarie 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
amde...@gold.up.ac.za says...
> ek aan alles meedoen, maar snags wanneer die ander slaap, het ek my
> verlustig in die dik boek. (As julle wil, kan ek julle later ander van ander
> dinge in die boek vertel.)
Ek het hierdie stuk geweldig interessant gevind.
Kan jy voortgaan om oor Twente te skryf ?
'n Mens dink natuurlik ook in Suid-Afrikaanse
verband aan die diaspora van nie-blankes uit SA
in die afgelope dekades, en hulle terugkom na SA
as bevrugtend.
Gloudina
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 16 15:34:24 MGT 2024
|