Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » lekker om steeds kinnertjies te is
lekker om steeds kinnertjies te is [boodskap #118005] Sa, 28 Junie 2008 10:43
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Terug van grouseries koop en petrol gooi ens.
'n Paar mense het netnou in La Lucia se Mall vraend agterna gekyk
toe my vrou en ek 'n slag weer kinders was:-)

Toe sy betaal by die parkeermasjien het ek met die motorweg langs kar
toe begin stap met die trollie. So langs die pad sien ek hoe sy tussen
die karre deur nael om eerste by die kar te wees.
Toe begin ek natuurlik ook hardloop. Met 'n gelaaide trollie, maar die
pad was oop. 'n Paar vrouens het van voor gekom en verstom gekyk na
die ou wat hardloop met die volgelaaide trollie. Miskien gedink ek het
dit geskaak:-) Toe ons so gelyk, uit verskillende oorde by die kar
aangehardloop kom, het 'n man pas stil gehou en langs sy kar gestaan
en kyk. Ons het gelag en ingeklim en gery, met mense wat wonder
waarmee op aarde ons besig is:-)

Toe kom die verassing toe ek petrol gooi. Die Toyota diensstasie wat
die laaste diens op my kar gedoen het, het beslis ongevraagd 'n groter
tenk ingesit. Dit was nog bo half gevul en ek het R300 se petrol
gegooi om vol te maak. (jy kry ook 'weer' 'n groter tenk Woensdag.:-)
Vorige onderwerp: Die konsert in Hyde Park vir Nelson Mandela
Volgende onderwerp: Survivor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 20:07:15 MGT 2024