Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die konsert in Hyde Park vir Nelson Mandela
Die konsert in Hyde Park vir Nelson Mandela [boodskap #117998] Sa, 28 Junie 2008 02:22
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Seker in sy wildste drome het Nelson Mandela, terwyl hy
daar in die kalksteengroewe van Robbeneiland gekap het,
nie kon dink dat hy 90 jaar oud sou word nie. En boonop
dan ook nog in Hyde Park, met die Britse Eerste Minister
naas hom, kon luister hoe mense van oor die wêreld vir
hom toesing nie. Dis die eerste keer dat ek Amy Winehouse
hoor sing, en ek kon in albei gevalle nie 'n woord verstaan
wat sy sê nie. Maar sy kap dit uit. Ek dink tog Mandela
moet westerse soort sing eentonig vind, net soos ek.
Deesdae is die klem mos op wat die mense sê, maak
nie saak hoe eentonig die musiek is wat daarmee gespeel
word nie. As mens dan nie kan volg wat hulle sê nie, is
die hele ding net baie oninteressant.
Selfs die kore soos die Soweto Gospel Choir sing
teveel goed waarvan mens die woorde moet volg. Ek hou
van tradisionele sang. Ek het altyd 'n punt daarvan gemaak
om na die studente se konserte toe te gaan toe ek nog in
SA skoolgehou het. Tradisionele swart sang is baie naby
aan die soort gekompliseerde toonsettings wat mens
terugvind in Westerse Musiek in mense soos Bach en
Mozart en dié snare. Dit wil sê, dit is nie romantiese
musiek nie. Dis klassieke musiek.

Gloudina
Vorige onderwerp: 'n Villanelle van Johan Lodewyk Marais
Volgende onderwerp: lekker om steeds kinnertjies te is
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 02:08:56 MGT 2024