Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Villanelle van Johan Lodewyk Marais
'n Villanelle van Johan Lodewyk Marais [boodskap #117995] Vr, 27 Junie 2008 21:39
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nonnetjie-eend
Johann Lodewyk Marais

Donkeraand by die pan hoor ek hom luid
asof uit die niet oor my sip-sip-siee.
Oor die water weerklink sy helder fluit.

Hy kom van ‘n kleiner pan verder suid
en was ‘n stippel wat teen sterre vlie.
Donkeraand by die pan hoor ek hom luid.

Alleen gaan hy by die ander aansluit
in die palmiet, skuins teen die aandwindjie.
Oor die water weerklink sy helder fluit.

Hy daal om die nag op die pan te slyt
en vou sy vlerke as hy stil inski.
Donkeraand by die pan hoor ek hom luid.

‘n Skadu teen swart swem hy stadig uit:
nou sien niemand waar nie, of wat of wie.
Oor die water weerklink sy helder fluit.

Veilig teen die wakker jagters se kruit
wei hy waar hulle hom nie sal kry nie.
Donkeraand by die pan hoor ek hom luid.
Oor die water weerklink sy helder fluit.
Vorige onderwerp: Petroldief vasgetrek
Volgende onderwerp: Die konsert in Hyde Park vir Nelson Mandela
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 07:25:48 MGT 2024