Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ta Stienie
Ta Stienie [boodskap #117711] Do, 19 Junie 2008 16:19 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Somtyds wens ek, ek kon Jim se talent in diplomasie by my CV skryf,
maar die rook wat sy sonder enige respek vir enige van die omstanders
uitblaas, maak dat ek nie so maklik kan roem met sy vaardighede nie.
Re: Ta Stienie [boodskap #117728 is 'n antwoord op boodskap #117711] Vr, 20 Junie 2008 07:39 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote

>
> Somtyds wens ek, ek kon Jim se talent in diplomasie by my CV skryf,
> maar die rook wat sy sonder enige respek vir enige van die omstanders
> uitblaas, maak dat ek nie so maklik kan roem met sy vaardighede nie.
>

Jy staan nie ver agter nie.

En wed jou sy sal sê ek kan dit ook maar in my "resume" inskryf.

Ek het 'n tante gehad wat loop en moeilikheid maak het sover sy gaan.
Sy't haar mond van niemand en niks afgehou nie - die selfaangestelde
"bewaker" en "redder" van die "familie"!!
Sy't 'n manier gehad om in die geselskap te sit en dan sê sy iets so in die
lug in aan niemand se adres gerig nie
- so asof sy 'n opmerking oor die weer maak! -
maar 'n mens het nie 'n kurses in die uitleg van tale nodig gehad om te weet
wie sy nou weer probeer bykom nie.

Ek sien ons An' Stienie maak ook so.
Sy't gesien sy's tussen twee vure vasgekeer, toe bly sy maar stil.
Maar die aftog blaas? - nooit!! - nie An' Stienie nie!!
Nou vertel sy maar so in die lug in dat sy net tee drink
- en in haar hoë ouderdom met "meer kennis van blare" dit eers regtig
"proe".

Sy dink seker sy sal ons oortuig dat wat sy drink, tee is,
- en die blare wat sy "trek", teeblare.
Asof ons vanweë ons "jeug" nie kan onderskei tussen tee en wyn nie.
En asof ons nie kan ruik dat die "blare" wat sy "trek" na "boom" ruik nie.
Vorige onderwerp: Flaps
Volgende onderwerp: Zim en Robbeneiland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:47:17 MGT 2024