Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Oorwinnaars
Die Oorwinnaars [boodskap #112696] Sa, 03 Februarie 2007 06:22 na volgende boodskap
George Orwell  is tans af-lyn  George Orwell
Boodskappe: 22
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Die Oorwinnaars

By die kindergrafte uit die Konsentrasiekamp van Nylstroom

Oorwinnaars vir ons volk,
bly u vir al wat beste in ons is 'n ewig' tolk;
nooit weer sal vyandsvoet u stof so diep vertrap en smoor
dat ons u langer nie kan sien - en hoor.
Nie onse Helde, wat die magtig' leër
op glansryk' velde kon weerstaan en keer;
nie onse Seuns, wat aan die galg en teen die muur
die diepe liefde vir hul eie moes verduur;
nie onse Moeders, wat met bloeiend hart en seer,
in swart Getsemane die ware smart moes leer;
nie onse Generaals, vereer met krans en riddersnoer;
- was waardig vir ons volk die hoë stryd te voer
en te oorwin.
Nie ons, met vuile hand en hart ontrou was waardig
om die vaandel hoog te hou.
Maar u, o bleke spokies, in U kermend', klagend' wee,
staan voor ons ewiglik beskermend - uit die lang verlee.

Eugene Nielen Marais
(°Pretoria 1871 +Pelindaba 1936)
Re: Die Oorwinnaars [boodskap #112705 is 'n antwoord op boodskap #112696] Sa, 03 Februarie 2007 16:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
:
> Die Oorwinnaars
>
> By die kindergrafte uit die Konsentrasiekamp van Nylstroom

> Eugene Nielen Marais
> (°Pretoria 1871 +Pelindaba 1936)

Eugene Marais het selfmoord gepleeg.
Opperman het sy dood verewig in
"en agter die miershoop lê
die lyk van Eugene Marais"
( ek dink die aanhaling is nie heeltemal
volledig nie, maar ek is nou te lui om
daarna te gaan soek.) Nou lyk dit of
hy op Pelindaba gesterf het. Sover ek
kan onthou, is Pelindaba baie na aan
Pretoria. Ek het altyd gedink Eugene
Marais in meer noord van Pretoria
oorlede.

Gloudina
Re: Die Oorwinnaars [boodskap #112774 is 'n antwoord op boodskap #112705] Di, 06 Februarie 2007 18:25 Na vorige boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
> :
>> Die Oorwinnaars

>> By die kindergrafte uit die Konsentrasiekamp van Nylstroom
>
>> Eugene Nielen Marais
>> (°Pretoria 1871 +Pelindaba 1936)
>
> Eugene Marais het selfmoord gepleeg.
> Opperman het sy dood verewig in
> "en agter die miershoop lê
> die lyk van Eugene Marais"
> ( ek dink die aanhaling is nie heeltemal
> volledig nie, maar ek is nou te lui om
> daarna te gaan soek.) Nou lyk dit of
> hy op Pelindaba gesterf het. Sover ek
> kan onthou, is Pelindaba baie na aan
> Pretoria. Ek het altyd gedink Eugene
> Marais in meer noord van Pretoria
> oorlede.
>
> Gloudina
>
Hy het lank in die Waterberge rondgeswerf en navorsing gedoen, maar hy
is op die plaas van Gustav Preller - Pelindaba, omtrent 30km wes van
Pretoria - dood.

Knersus
Vorige onderwerp: SPESIALE SEËN AAN DIE WIT LIBERALISTE...
Volgende onderwerp: Wie vertel die beste storie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:02:19 MGT 2024