Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat van hierdie?
Wat van hierdie? [boodskap #112666] Vr, 02 Februarie 2007 12:12 na volgende boodskap
Dave Jones  is tans af-lyn  Dave Jones
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
Natuurlik praat FW de Klerk k@k, die ou egbreker en uitverkoper.

Toe hy moes onderhandel, toe vry hy eerder.
--
Re: Wat van hierdie? [boodskap #112668 is 'n antwoord op boodskap #112666] Vr, 02 Februarie 2007 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 1 Feb 2007 23:57:11 +0000 (GMT), Pietie Norville
>
> afrikaans -- a bastardised version of the Dutch spoken by settlers that
> arrived in South Africa from the 17th century -- was the dominant
> language under decades of white minority rule.
>

ja pietiekie, hier bo het ek genoem dat daar mense op die nuusgroep is
wat baie stadig is. Daar is selfs mense wat net kan copy en paste.
En hoeveel keer moet ek op hierdie selfde nuusgroep daaropy wys
dat Nederlands een van die vele Afrikaanse dialekte is?
Wat van hierdie? [boodskap #112685 is 'n antwoord op boodskap #112666] Vr, 02 Februarie 2007 21:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Jones  is tans af-lyn  Dave Jones
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
Skool wen in hof vir Afrikaans

Alet Rademeyer

'n Slag is gister in die Pretoriase hooggeregshof geslaan vir
moedertaalonderrig in Afrikaans.

Dié hof het 'n tussentydse bevel toegestaan wat verbied dat die
Hoërskool Ermelo in Mpumalanga se taalbeleid van enkelmedium Afrikaans
na parallelmedium verander word.

Dit kom nadat die beheerliggaam van dié skool hom vandeesweek tot die
hof gewend het om te vra dat 'n besluit van 'n komitee, wat deur die
provinsiale onderwysdepartement aangestel is om die skool se taalbeleid
te wysig, tersyde gestel word.

Mnr. Johan Ernst, voorsitter van die beheerliggaam, het gesê hy is
verlig oor die uitspraak. "Ons is bly dat die tradisies van die skool
bevestig is en beskou hierdie as 'n sterk uitspraak vir die reg wat
Afrikaans het."

Regter Bill Prinsloo het in die guns van die beheerliggaam beslis. Hy
het gelas dat die taalbeleid waarop die komitee besluit het, onmiddellik
opgeskort word hangende die finale beregting van 'n substantiewe
hofaansoek.

Prinsloo het na Ermelo verwys as 'n "ou, bekende skool wat oor dekades
sy leerlinge in Afrikaans opgevoed het en landwyd 'n baie goeie
reputasie het rakende akademiese uitnemendheid, sport en kulturele
prestasies".

Hy het beslis die skool moet met sy taalbeleid van Afrikaans voortgaan
soos wat dit was voor die aanstelling van die komitee.

Hy het voorts gelas dat die skoolhoof verbied word om uitvoering aan die
komitee se taalbeleid te gee wanneer leerlinge toegelaat word.

Hy het in sy uitspraak gesê dat daar prima facie bewys vir 'n
hersieningsaansoek is dat die onderwyshoof oorhaastig en onbillik
opgetree het en byna sonder kennisgewing en konsultasie die bevoegdheid
om oor die taalbeleid te besluit uit die hande van die beheerliggaam
geneem en aan die komitee oorhandig het. Volgens hom blyk daar 'n
desperaatheid by die onderwyshoof te gewees het om die 113 leerlinge by
die skool ingeskryf te kry 15 dae nadat die nuwe skooljaar begin het.

Uiteindelik het net 13 leerlinge opgedaag.

Hy het gesê daar is ook prima facie bewys dat die onderwyshoof op 'n
"onbehoorlike wyse sy wil op die skool wou afdwing en daar is sterk
aanduidings dat die komitee nie onafhanklik gefunksioneer het nie, maar
in opdrag van die departementshoof. Dit dui op on-reëlmatigheid."

Terwyl die regspan van die onderwysdepartement aangevoer het dat die
onderwyshoof opgetree het soos hy het omdat ander omliggende skole vol
is en omdat daar leë klasse in Hoërskool Ermelo is, was Prinsloo oortuig
deur die argument van die aansoeker dat die skool "vanweë sy
veelsydigheid en spesiale kursusse al die klasse benut en moet benut".

In die uitspraak is ook verwys na korrespondensie wat geruime tyd tussen
die departement en skool gevoer is oor die onbevredigende situasie
rondom akkommodasie van leerlinge. Die departement is gemaan om vooruit
te beplan en om ouers en skoliere verleentheid en ongerief te spaar.

Daar is ook vroeër alternatiewe voorstelle aan die departement gemaak
oor lokale wat geskik is om as skole ingerig te word. Die departement
het egter geen rede aangevoer waarom dié lokale nie geskik is nie.

Hoërskool Ermelo was ook vyf jaar gelede in die nuus toe die skorsing
van die hoof en adjunkhoof en die ontbinding van die beheerliggaam in
die Pretoriase hooggeregshof tersyde gestel is.

Die departement moes die regskoste in dié saak betaal.
Re: Wat van hierdie? [boodskap #112716 is 'n antwoord op boodskap #112685] Ma, 05 Februarie 2007 05:17 Na vorige boodskap
ekke  is tans af-lyn  ekke
Boodskappe: 88
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Wie is die onderwyshoof?
Vorige onderwerp: Beeld stem weer oor die lands vlag -- kom ons gaan stem!!!!!!
Volgende onderwerp: SA --krim kapitaal van die wereld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:08:51 MGT 2024