Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » TALIEP PETERSEN et al
TALIEP PETERSEN et al [boodskap #6596] Sa, 15 Junie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ja, mens vergeet somtyds om te dink aan watter groot
rol al die ander mense speel in die sukses van die werk
van mense soos David Kramer. In sy laaste CD bedank
hy vir Taliep Petersen en Tully McCully en al die mense
wat gehelp het met die liedere.
Ek voel juis dat die sukses van enige band, of dit nou
U2 of Rolling Stones of David Kramer is, afhang van die
kwaliteit en die variasie van die musiek op die agtergrond.
Die stem moet, in meeste gevalle, net nog 'n instrument
wees, en nie die grootste aantrekkingskrag nie.
Ek dink egter dat David Kramer se stem self 'n besondere
verskynsel is. Hy sing op verskillende toonhoogtes vir ver-
skillende karakters of stemminge. Hy bereik, met verander-
ings in sy stem, selfs verskillende politieke effekte.
Hy kies ook om in Engels of Afrikaans te sing, met 'n
fyn gevoel vir wie sy gehoor gaan wees. "Hekke van Paradise"
is in Engels, maar wanneer hy by die refrein kom, dan sing
hy in Afrikaans:

En ek vra jou mos, ek vra jou mos
Ek vra jou mos so nice
Hoekom blaf die honde
By die hekke van paradise

'n Mens weet vir wie hy hierdie lied sing: 'n geslag vir
wie jy net so jammer moet wees as vir hulle swart tyd-
genote wat in die sewentiger- en tagtigerjare groot
geword het.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Twee woord-foto's
Volgende onderwerp: Lente in die Noordkaap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 23:56:47 MGT 2024