Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Twee woord-foto's
Twee woord-foto's [boodskap #6594] Sa, 15 Junie 1996 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Twee foto's uit die verlede.

Karen
^^^^^^^^^
Bedags vleg sy woorde,
koppies tee, 'n helder lag
en 'n paar verlore dinge
tot 'n blou aand in Barossastraat,
waar sy in 'n donker vertrek
van blomme droom
wat in gister se dorpe groei.
Laat in die nag
in die huis van drome
leun Karen dan
oor 'n balkon.
En in die middel van haar slaap,
glimlag sy tussen goudgeel blomme.

Gerda
^^^^^^^^^^
Gerda woon in 'n eenrigtingstraat
net bokant die Tuine.
Sy het pikswart hare en donker oe"
vol lag wat 'n mens in jou agterkop hoor.
Haar stem smelt in haar mond
sodat 'n mens net die sagte vorms van haar woorde hoor.
Maar haar hande is vol van woorde
wat sy in die lug voor haar los
as sy met jou praat
in haar woonstel net bokant die Tuine.
Vorige onderwerp: Query: Adam Small's "Orange Earth"
Volgende onderwerp: TALIEP PETERSEN et al
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 13:27:27 MGT 2024