Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Attlee dinge
Attlee dinge [boodskap #6435] |
Wo, 08 Mei 1996 00:00 |
Frank Snyckers
Boodskappe: 68 Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Reinier se grappie met Churchill en Attlee laat my dink aan nog 'n
Churchill-Attlee episode. Die een is minder apokrief. Churchill het glo
opgemerk (suur druiwe?): "An empty taxi drew up outside 10 Downing Street
today, and Clem Attlee stepped out."
[waarskuwing: onderstaande boodskap is vreeslik lank]
Wat staatsinmenging in die ekonomie betref: kom ons veronderstel Hayek
was reg en Keynes verkeerd, dat 'n ekonomiese stelsel dus altyd "homself"
uit 'n resessie kan red, sonder dat die staat moet help. Kom ons aanvaar ook
dat dit waar is dat die neiging tot monopolie in die mark ook vanself
platval en weer van voor neig, en dat daar dus oor die langtermyn wel 'n
min of meer perfekte kompetisie-stelsel sal bly voortbestaan. Kom ons
aanvaar ook dat langtermyn ekonomiese vooruitgang mettertyd vir almal sal
bevoordeel, dat "trickle down" dus altyd plaasvind.
Dis 'n rits aannames wat nie onaanvegbaar is nie, en almal in die guns
van die volkome vrye mark tel. Ons aanvaar dus dat die "New Deal" die
ekonomiese oplewing vertraag het, dat staatswerkskepping geld en
geleenthede verkwis. Ons aanvaar dat anti-trust wetgewing onnodig is
omdat die mark mettertyd self die monopoli"e sal laat verbrokkel, as dit
meer effektief is vir die verbruiker. Ons aanvaar dat arbeidsure die mark
fnuik en teenproduktief is. Dat alle kontrakte volledig willekeurig
gesluit word, en dat "uitbuiting" dus 'n mite is. Ons aanvaar dat dit vir
oorm^ore goed is as vandag se besighede vou en m^ore se kinders op die
strate krepeer. Dat die elende van een geslag die welvaart van die
volgende geslag bepaal.
Hoekom pla dit om hierdie dinge te aanvaar? As dit vir "die ekonomie"
goed is as 500 000 mense vandag afgedank word, dan is dit mos iets om oor
te jubel, of hoe? As dit vir "die ekonomie" goed is dat die mark oor
vyftig jaar en 'n paar miljoen lyke een of ander praktyk na
eksperimentasie verwerp, dan is die lyke mos produktief, of hoe?
Hierdie Darwinistiese vooruitgang is een ding. Wat vandag met elke
indiwidu en elke gemeenskap gebeur, is 'n ander ding. Elke regering,
veral demokratiese regerings, wat veronderstel is om die huidige
gemeenskap te dien, sit met hierdie probleem. Die massas soek brood, stem
vir iemand wat brood belowe, en kry brood deur inmenging. Nou skep
daardie inmenging weer ander probleme. En so aan. Die demokratiese
stelsel is tog ook 'n soort markstelsel. Meer magstelsel as markstelsel
- there's the rub :-).
Maar dis nie net 'n kwessie van politieke gewin nie. Elke mens tel. En
nie net soos Bentham en Mill se utilitarianisme wil sê "tel een mens as
een eenheid vir totale welvaart" nie. Elke mens tel AS MENS. Vandag se
mense tel, en m^ore se mense ook. As die ineenstorting van bedryf x vir die
ekonomie goed is, dan dien dit op een of ander indirekte, maar
onteenseglike, wyse, m^ore se mense. Maar dat iemand se bedryf gesterf
het, en dat iets waardevols verwoes is, is vandag se probleem. Wat nog te
sê die feit dat een, twee, tien, of 'n duisend families skielik werkloos
sit. Ja, as hulle iets het wat iemand anders nie het nie, sal die mark
vir hulle werk gee. Intussen vrek hulle maar. Goed vir die ekonomie.
Kan ons die demokratiese staat toelaat om Darwinisties te dink? Ek sou
mos eerder 'n minimale nagwagstaat sien, wat dinge hulle gang laat gaan.
aar, as demokrasie die mees effektiewe vorm van kollektiewe selfregering
is, dan wonder mens soms hoekom die "magmark" nie mag help waar die
geldmark nie wil help nie. Veral as die stembus, en nie die AK-47 nie, die
onderhandelingseenheid in die magmark bly. Die hordes wat niks het om aan
die mark te verkoop nie, het die staat as laaste uitweg. As die staat dan
vir hulle sê: "Nee, nee, jy mag nie stem vir sulke dinge nie", watter
waarde het "selfregering" dan vir hulle? Hoekom moet hulle dan nie maar
die panga slyp en besluit "de hel met die staat" nie?
In 1905 het die Amerikaanse hooggeregshof 'n wet wat 'n maksimum van
veertien ure arbeid in bakkerye neergel^e het, as ongrondwetlik verklaar
(Lochner v New York 198 US 45). Die "Lochnerism" wat later die konfrontasie
tussen Roosevelt en die hof gebring het, is deur die hof self in US v
Carolene Products 304 US 144 (1938) finaal verwerp. Die hof het besluit
dat ekonomiese beleid 'n demokratiese kwessie is wat minimale juridiese
inmenging regverdig. Die oorweldigende meerderheid grondwetlike kenners,
en Amerikaners oor die algemeen, steun hierdie idee. Want sien, as die
wetgewende staat nie "inmeng" nie, dan "meng" die juridiese staat in.
Eersgenoemde is demokraties verkies en laasgenoemde nie.
Die groot logiese vraag is hoeveel "deregulasie" benodig mens voor die
deregulasie nie meer 'n vorm van inmenging is nie? As ek 100 wette elk vir
150 bedrywe skryf, dan meng ek 100x150 keer in. Maar as ek hierdie wette
as regering erf, en dan besluit om 50 bedrywe glad nie meer te reguleer
nie, en die ander 100 nou met slegs 50 wette elk te reguleer, wat is ek
besig om te doen? Meng ek minder in bloot omdat ek dereguleer? Ek karring
mos nou vreeslik aan die markbalans, en my invloed is ewe sterk, of ek
vir bedryf x 'n ekstra wet byvoeg, en of ek een van bedryf y verwyder.
Die probleem is tog dat mens nie "netto inmenging" kan meet wanneer mens
hoegenaamd inmenging het nie. As ek al die muskiete in 'n ekosisteem
uitroei, en dan paddas van Australi"e in die sisteem inbring, wat moet ek
doen om my inmenging te verminder? Muskiete invoer? Paddas slag? Of niks
doen nie en 'n paar geslagte wag?
Alle geselsery oor grade van inmenging sal hierdie probleme ondervind tot
mens hoegenaamd geen inmenging het nie. En geen demokratiese regering sal
meer as een termyn regeer as hulle sou probeer om alle inmenging af te
skaf nie. Tog moet mens in een of ander rigting neig - met 'n basiese
filosofie wat mens dryf. Weg van regulasie af is m.i. die regte rigting.
Hayek en effektiwiteit dan die basiese filosofie. Maar meer as 'n vinger
op die skaal kan dit nie eintlik wees nie. Die gemeenskap van mense is
nie 'n algebra-som nie. Baie mense is onproduktief. Baie van m^ore se
oplossings is vandag se probleme. Is die ideaal nie vir die staat om die
balans te probeer handhaaf nie? Om verantwoordelik te staan teenoor die
langtermyn ekonomie en teenoor die kiesers nie? Om iets te doen om te
help waar die mark nie wil help nie? Die praktiese probleme van korrupsie
en dat almal meer vra as wat hulle kan kry en almal meer beloof as wat
hulle kan gee, hoort nie die ideaal te verwoes nie.
Groete, en jammer vir die baie woorde.
Frank
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 16 00:47:18 MGT 2024
|