Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » R100 Biljoen
R100 Biljoen [boodskap #89536] Sa, 24 Januarie 2004 14:10 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die Oos-Kaap regering kan nie verantwoording doen vir R100Biljoen (ek
herhaal dit - R100BILJOEN) nie. Dit volgens die Citizen van Donderdag 22
Januarie 2004. Geen ander koerant rapporteer iets in die verband op die
betrokke dag nie. (Dis seker nie belangrig of groot genoeg nie.) Hierdie
bedrag oorskei die bedrag wat betrokke is by die wapenskandaal.

Hier is my uitdaging aan Anti Gloudina en haar agteruitryer Ferdietjiekie -
vergelyk hierdie situasie met enige iets on enige vorige bewind ...
Re: R100 Biljoen [boodskap #89538 is 'n antwoord op boodskap #89536] Sa, 24 Januarie 2004 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 24 Jan 2004 16:10:51 +0200, "Jonas" wrote:

> Die Oos-Kaap regering kan nie verantwoording doen vir R100Biljoen (ek
> herhaal dit - R100BILJOEN) nie. Dit volgens die Citizen van Donderdag 22
> Januarie 2004. Geen ander koerant rapporteer iets in die verband op die
> betrokke dag nie. (Dis seker nie belangrig of groot genoeg nie.) Hierdie
> bedrag oorskei die bedrag wat betrokke is by die wapenskandaal.
>
> Hier is my uitdaging aan Anti Gloudina en haar agteruitryer Ferdietjiekie -
> vergelyk hierdie situasie met enige iets on enige vorige bewind ...
>

Miskien het Ferdi die berig geskryf, Jonas. Want ek dink dat daardie
berig geskryf is deur iemand wat deurmekaargeraak het met die
hoeveelheid nulle. Of iemand wat hakkel het vir hom gesê wat hy
moet skryf. Die tannie dink blykblaar ook dat hier te veel nulle is.
Het ju gesien wanneer sy laas geskryf het (anders as om 'n gedig of
twee te plaas)?

DD
Re: R100 Biljoen [boodskap #89541 is 'n antwoord op boodskap #89536] So, 25 Januarie 2004 03:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Hier is my uitdaging aan Anti Gloudina en haar agteruitryer Ferdietjiekie -
> vergelyk hierdie situasie met enige iets on enige vorige bewind ...

Moenie vir my laat lag nie. Tokkel jy nog
op dieselfde snaar? Kan jy die vorige
Stalinistiese regime, wat dieselfde uiteinde
gevind het as die imperialistiese sogenaamde
kommunisme ( totaal van die aardbol verdwyn
het) vergelyk met die besadige konserwatiewe
fiskale beleid wat die huidige SA regering
bedryf. Natuurlik is daar in enige regering
hierdie "skandale" waar hulle groot somme
"nie kan vind" nie. Jy moet kyk hoe dit
hier in Kanada aangaan. Veral in British
Columbia, waar die een skandaal na die
ander ondervind word, watter party daar
ook al aan die bewind is.

Gloudina
Re: R100 Biljoen [boodskap #89542 is 'n antwoord op boodskap #89541] So, 25 Januarie 2004 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 25 Jan 2004 03:18:15 GMT, "@rogers.com" wrote:

>

>
> Moenie vir my laat lag nie. Tokkel jy nog
> op dieselfde snaar?

> Gloudina
>

Moet my nie laat lag nie, bouwer.
Vir jou om van 'tokkel op die selfde snaar' te praat,
is soos een straatveër wat besem in die hand aan
die ander vra of hy òòk nog dieselfde straat vee:-(

die veelsnarige
Dave du Plessis
Re: R100 Biljoen [boodskap #89543 is 'n antwoord op boodskap #89542] So, 25 Januarie 2004 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - vir 'n R100 Biljoen (Honderd Biljoen Rand ) kan mens maar die snaar
tot in ewigheid tokkel. Dis nogal 'n aardige bedraggie. Geoormerk vir die
mense (hoofsaaklik Xhosas) van die armste provinsie in hierdie land.
O ja - die vorige bewind was anti-kommunisties. Nou gebruik jy stalisme om
dit mee te vergelyk. Dit vind ek heel amusant tot lagwekkend.
Waarom het jy nie moed van jou oortuiging om vrae te vra aan, en oor die
ANC/SAKP/COSATU-regime (die Xhosa-nostra) vir wie jy so gereeld in die
bresse tree nie?
'n Enkel vraag aan jou - het die ANC so korrup geword sedert hulle tot
bewind gekom het, of was die ou klompie "vryheidsvegters" altyd so korrup?
Re: R100 Biljoen [boodskap #89544 is 'n antwoord op boodskap #89543] So, 25 Januarie 2004 08:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 25 Jan 2004 10:44:50 +0200, "Jonas" wrote:

> Anti - vir 'n R100 Biljoen (Honderd Biljoen Rand ) kan mens maar die snaar
> tot in ewigheid tokkel. Dis nogal 'n aardige bedraggie.

> 'n Enkel vraag aan jou - het die ANC so korrup geword sedert hulle tot
> bewind gekom het, of was die ou klompie "vryheidsvegters" altyd so korrup?
>

Ek het die idee dat die syfer R100 000 000 000 korrup is, Jonas.
Ek het reeds gesê dat iemand nie geweet het waar om met die nulle
op te hou nie.

DD
Re: R100 Biljoen [boodskap #89546 is 'n antwoord op boodskap #89544] So, 25 Januarie 2004 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die syfer is korrek DD - maw dit is biljoene.
Re: R100 Biljoen [boodskap #89547 is 'n antwoord op boodskap #89546] So, 25 Januarie 2004 11:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 25 Jan 2004 12:12:09 +0200, "Jonas" wrote:

> Die syfer is korrek DD - maw dit is biljoene.
>

Ek stry nie, Jonas. Maar bevraagteken die syfer.
Want as een provinsie 'n R100 biljoen kan weggooi,
afgesien van wat werklik ten regte aangewend is, en in
ag genoem van dat dit nie die enigste provinsie in die land
is nie, gaan dit finansieël heelwat beter met Azaniaanse ekonomie
as wat ek sou kon raai.
Maar skielik besef ek dat jy heelwaarskynlik praat van geld wat oor 'n
langer tydperk as een finansiële jaar, misbruik is. Tog dink ek nie
dat die Azania'aners meer tyd nodig het om dit te steel nie. Vraag is
net of dit beskikbaar ìs vir diefstal.
Nou is die vraag, Jonas. Om jou geld te laat steel, of te vlug
daarvoor en in die oggend 'n graaf te vat en die sneeu
voor jou motorhuis weg te skep eer jy kan ry. Wanneer
jou nuwe landgenote jou aanval oor jou land van herkoms,
verander jy van kleur en lieg oor waarom jy daar is.
ôk mar moeilik né:-)

DD
Re: R100 Biljoen [boodskap #89548 is 'n antwoord op boodskap #89542] So, 25 Januarie 2004 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" wrote

> Moet my nie laat lag nie, bouwer.
> Vir jou om van 'tokkel op die selfde snaar' te praat,
> is soos een straatveër wat besem in die hand aan
> die ander vra of hy óók nog dieselfde straat vee:-(
>
> die veelsnarige
> Dave du Plessis

Du Plessis, ek sien jy het darem nog nie
jou skryftalent verloor nie. Dankie vir die
mooi kleurvolle Afrikaans wat jy skryf.
Maar dit vat een straatveër om die talente
van 'n ander straatveër te kan waardeer.

Bouwer
Re: R100 Biljoen [boodskap #89549 is 'n antwoord op boodskap #89543] So, 25 Januarie 2004 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> O ja - die vorige bewind was anti-kommunisties. Nou gebruik jy stalisme om
> dit mee te vergelyk. Dit vind ek heel amusant tot lagwekkend.

Nee, Jonas, jy moet dit skrikwekkend vind. "Stalinisme"
beteken dat daar 'n roekelose diktator aan die bewind
was, wat die inwoners van 'n streek wreed behandel het
net om by sy "planne" in te pas. Selfs die mees geharde
kommunis onteien nou Stalin en sy metodes. Maar iets
baie na aan wat Stalin gedoen het, is in die tweede helfte
van die twintigste eeu in SA bedryf deur mense wat
meestal van Afrikaneroorsprong was. Wat het jy te
sê om dit goed te praat?

Gloudina
Re: R100 Biljoen [boodskap #89550 is 'n antwoord op boodskap #89543] So, 25 Januarie 2004 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Waarom het jy nie moed van jou oortuiging om vrae te vra aan, en oor die
> ANC/SAKP/COSATU-regime (die Xhosa-nostra) vir wie jy so gereeld in die
> bresse tree nie?

Ek vra gereeld vrae. Ek wil weet hoekom P. W.
Botha nie voor 'n hof gedaag word nie. Ek wil
ook weet hoekom die sentrale regering so 'n
intens konserwatiewe fiskale beleid volg, en nie
die sakke bietjie meer losmaak nie. Dit is
amusant om te sien hoe die fiskale beleid van
die sentrale regering in SA eintlik die soort
beleid is waaroor die Republikeine in die
VSA net praat, maar nie doen nie. George
Bush gee geld uit soos bossies, in stede van
om regeringsuitgawes te besnoei, soos die
Republikeinse beleid dit eintlik wil hê. As jy
nou 'n fiskale beleid wil sien wat uit kontrole
is, kyk na die VSA op die oomblik.

Gloudina
Re: R100 Biljoen [boodskap #89555 is 'n antwoord op boodskap #89550] So, 25 Januarie 2004 16:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ons praat nou van die armste provinsie in Suid-Afrika. Nie van die
VSA nie. Ons praat van bedrog en diefstal deur die "vryheidsvegters" van
hulle eie (ook Xhosa) mense.
Van Stalinisme kan jy my nie veel vertel nie - behalwe dat dit 'n
kommunistiese stelsel was -en dat daar meer mense onder Staliun gesterf het
as onder Hitler. Waar jy die vergelyk wil gaan haal is nie duidelik nie -
daar het miljoene onder Stalin gesterf.
Re: R100 Biljoen [boodskap #89556 is 'n antwoord op boodskap #89550] So, 25 Januarie 2004 16:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis goed om n konserwatiewe fiskale beleid te he, Mbeki doen dit reg (hy het
nie verniet n meesters in ekonomie nie). En daar gaan staan en belowe Bos
nog n paar biljoen dollars vir NASA, oor die volgende 15 jaar; waar hy die
geld gaan uitskrop sal net hy weet.
Volg jy ons primaries Gloudina? Dinge begin nou reg interessant te lyk,
soos die kandidate begin uitdun. Ek het my keuses, hoop net hulle maak dit .

Ellie

"@rogers.com" amusant om te sien hoe die fiskale beleid van[/color]
> die sentrale regering in SA eintlik die soort
> beleid is waaroor die Republikeine in die
> VSA net praat, maar nie doen nie. George
> Bush gee geld uit soos bossies, in stede van
> om regeringsuitgawes te besnoei, soos die
> Republikeinse beleid dit eintlik wil hê. As jy
> nou 'n fiskale beleid wil sien wat uit kontrole
> is, kyk na die VSA op die oomblik.
>
> Gloudina
>
Re: R100 Biljoen [boodskap #89557 is 'n antwoord op boodskap #89556] So, 25 Januarie 2004 17:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote

> Volg jy ons primaries Gloudina? Dinge begin nou reg interessant te lyk,
> soos die kandidate begin uitdun. Ek het my keuses, hoop net hulle maak dit
.

Ja. Ja, ek is 'n politieke junkie, en ken miskien die
Amerikaanse politieke scene beter as die Kanadese
een. Ek was jammer dat Gebhardt nou moes uitval.
Hy het so 'n goeie gesig. Dis duidelik dat die unies
se lede nie honderd persent agter hom was nie. Ek is
vreeslik bly dat Dean homself getorpedeer het. Ek
het nooit van hom gehou nie. Mens kan nie help om
deur Edwards gecharm te word nie, maar ek dink
hy sal seker nie die kandidaat wees nie. Uiters 'n
baie goeie keuse vir Kerry vir 'n vise-president.
Ek weet nie of die Demokrate hierdie jaar die
paal gaan haal nie. En of hulle moet wens om die
paal te haal nie. Bush het julle in die vuur gekry.
Miskien moet hy nog vier jaar die kastaiings uit
die vuur krap. Dis net vir my so tragies om
dag na dag die Amerikaanse soldate in Irak te
sien sterf. En al die Irak-mense self. Erens is daar
iets verkeerd.

Gloudina
Re: R100 Biljoen [boodskap #89558 is 'n antwoord op boodskap #89556] So, 25 Januarie 2004 17:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote:

> En daar gaan staan en belowe Bos
> nog n paar biljoen dollars vir NASA, oor die volgende 15 jaar; waar hy die
> geld gaan uitskrop sal net hy weet.

Eerstens moet ek sê dat dit werklik wonderlik is om te sien/lees dat
jy nie meer die "fervent" Repug is wat jy was 3 jaar gelede nie. Toe
jy van Dems gepraat het as mense wat bakhandjies staan en wag dat die
regering moet uitdeel en watookal nog. Hoe dit ookal sy, dit is 'n
baie goeie teken vir ons land, want ek dink jou ommeswaai
verteenwoordig duisende ander wat ook vir Bush gestem en ondersteun
het, en wat geloukkig nou tot ander insigte gekom het!
Maar wat presies is jou probleem met NASA? Ek sou dink dit maak meer
sin om geld in NASA te stoot, en minder te spandeer op ongeoorloofde
oorloë om maar net een ding te noem.
Hoe dit ookal sy, welkom by die bakhandjie brigade!!
;-)
Re: R100 Biljoen [boodskap #89559 is 'n antwoord op boodskap #89556] So, 25 Januarie 2004 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote:

> En daar gaan staan en belowe Bos
> nog n paar biljoen dollars vir NASA, oor die volgende 15 jaar; waar hy die
> geld gaan uitskrop sal net hy weet.

Eerstens moet ek sê dat dit werklik wonderlik is om te sien/lees dat
jy nie meer die "fervent" Repug is wat jy was 3 jaar gelede nie. Toe
jy van Dems gepraat het as mense wat bakhandjies staan en wag dat die
regering moet uitdeel en watookal nog. Hoe dit ookal sy, dit is 'n
baie goeie teken vir ons land, want ek dink jou ommeswaai
verteenwoordig duisende ander wat ook vir Bush gestem en ondersteun
het, en wat geloukkig nou tot ander insigte gekom het!
Maar wat presies is jou probleem met NASA? Ek sou dink dit maak meer
sin om geld in NASA te stoot, en minder te spandeer op ongeoorloofde
oorloë om maar net een ding te noem.
Hoe dit ookal sy, welkom by die bakhandjie brigade!!
;-)
Re: R100 Biljoen [boodskap #89560 is 'n antwoord op boodskap #89557] So, 25 Januarie 2004 17:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nooit van Gephard gehou nie, en hy het omtrent net die unies agter
hom gehad. Ook nie mal oor Dean nie, hy was n aantreklike alternatief in
die begin, maar sy grassroots organisasie met meesal baie jong mense stuur
hom nie in die regte rigting nie. Ek kan ook nie veel vattigheid aan sy
vrou kry nie, nie dat dit enigsins tel nie, maar lyk nie asof sy aldag die
tyd het om hom te ondersteun nie.

Ek sou graag dat Ewards en Kerry moet wen, in daardie volgorde, maar
andersom sou ook goed wees. Kerry is n bietjie sinies, maar hy het goeie
buitelandse ondervinding, en is slim. Ek het in die begin baie van die
generaal Clark gehou, nou nog, maar ek dink nie hy gaan dit maak nie, hy
weerspreek hom soms, en dit is fataal in so n arena waar almal onder die
vergrootglas is.

Op n TV program vandag sê een van die pratende koppe dat in n 'poll' (wat
is die in Afr.) gewys is dat as daar n verkiesing vandag gehou sou word,
Kerry vir Bush sal klop. Ek moes ook lag vir Bush wat in sy toespraak nou
die aand gese het dat ons nou in stormwaters is, en nie van skip moet
verander nie. Wie dink hy het die waters stormagtig gemaak?

Maar soos gewoonlik, enigiets kan gebeur, maar ek verbeel my hier is n
sterker entoesiasme oor die kandidate as met die laast verkiesing.

Gaan jy die Golden Globes kyk vanaand Gloudina (kry julle dit op TV?). Ek
kyk nie gewoonlik dit nie, maar sou wou sien of Charlize Theron gaan wen vir
Monster, n fliek wat nie hier speel nie, seker te erg vir ons konserwatiewe
staat, ek sal maar wag tot dit op DVD uitkom.

E
"@rogers.com" wrote in message
news:3TSQb.5910$Vk2.2738@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Ellie" wrote
>
>> Volg jy ons primaries Gloudina? Dinge begin nou reg interessant te lyk,
>> soos die kandidate begin uitdun. Ek het my keuses, hoop net hulle maak
dit
> .
>
> Ja. Ja, ek is 'n politieke junkie, en ken miskien die
> Amerikaanse politieke scene beter as die Kanadese
> een. Ek was jammer dat Gebhardt nou moes uitval.
> Hy het so 'n goeie gesig. Dis duidelik dat die unies
> se lede nie honderd persent agter hom was nie. Ek is
> vreeslik bly dat Dean homself getorpedeer het. Ek
> het nooit van hom gehou nie. Mens kan nie help om
> deur Edwards gecharm te word nie, maar ek dink
> hy sal seker nie die kandidaat wees nie. Uiters 'n
> baie goeie keuse vir Kerry vir 'n vise-president.
> Ek weet nie of die Demokrate hierdie jaar die
> paal gaan haal nie. En of hulle moet wens om die
> paal te haal nie. Bush het julle in die vuur gekry.
> Miskien moet hy nog vier jaar die kastaiings uit
> die vuur krap. Dis net vir my so tragies om
> dag na dag die Amerikaanse soldate in Irak te
> sien sterf. En al die Irak-mense self. Erens is daar
> iets verkeerd.
>
> Gloudina
>
Re: R100 Biljoen [boodskap #89561 is 'n antwoord op boodskap #89557] So, 25 Januarie 2004 17:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Ek was jammer dat Gebhardt nou moes uitval.

Nee wat, hy het nie 'n kans gestaan nie. En nou hoop ek net dat
Lieberman en Clark ook vinnig sal uitval.
Re: R100 Biljoen [boodskap #89563 is 'n antwoord op boodskap #89561] Ma, 26 Januarie 2004 03:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn - Verduidelik vir my wat mense op Mars wil doen - wat is die voordele
wat die ouens hier op aarde gaan kry?
Bereik ons nie nou 'n punt waar die finansieele realiteite in ag geneem moet
word nie?
Re: R100 Biljoen [boodskap #89564 is 'n antwoord op boodskap #89556] Ma, 26 Januarie 2004 04:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote

En daar gaan staan en belowe Bos
> nog n paar biljoen dollars vir NASA, oor die volgende 15 jaar; waar hy die
> geld gaan uitskrop sal net hy weet.

Nee, ek dink nie jy hoef jou daaroor te bekommer nie.
Op 'n Kanadese kanaal vandag het 'n Kanadese
kenner gesê dat daardie soort geld baie min is in
vergelyking is met wat op ander dinge in die VSA
uitgegee word. Daar word meer per jaar op
luukse artikels uitgegee, glo omtrent in een jaar
soveel soos wat daar op een dag in Irak aan
bomme uitgegee word. En die neweprodukte
van navorsing om sulke dinge moontlik te maak
lei na allerhande uitvindsels wat 'n rewolusie
in ons lewens teweegbring.
Ek wantrou natuurlik George Bush se motiewe
met die aankondiging - wil seker gesien word
as 'n tweede JFK wat space travel aangaan.
Dis nog een van Carl Rove se idees.

Gloudina
Re: R100 Biljoen [boodskap #89565 is 'n antwoord op boodskap #89560] Ma, 26 Januarie 2004 04:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote

> Gaan jy die Golden Globes kyk vanaand Gloudina (kry julle dit op TV?). Ek
> kyk nie gewoonlik dit nie, maar sou wou sien of Charlize Theron gaan wen vir
> Monster, n fliek wat nie hier speel nie, seker te erg vir ons konserwatiewe
> staat, ek sal maar wag tot dit op DVD uitkom.

Ellie, ons kry al die VSA se goeters op TV (deels omdat
ons kabelkanale ons ook dinge voed uit Detroit en ander
plekke in Michigan. Die Kanadese kanale is egter ook
nie links met al die snert nie. Nou die dag was George
Bush se State of the Union sowaar op al ons Kanadese
kanale ook.)
Toe het Charlize Theron tog vir beste aktrise gewen.
Sy het bietjie 'n fool van haarself gemaak met die
gepraat na die tyd. Of miskien was haar scream
gemik daarop om die Dean Scream na te boots.
Nou sal ons nog moet sien of sy ook die Oscar
kry daarvoor. Ek het nog nie die fliek gesien nie,
omdat ons nie eintlik gaan fliek nie, maar volgens
die kritici is sy baie goed daarin.

Gloudina
Re: R100 Biljoen [boodskap #89569 is 'n antwoord op boodskap #89556] Ma, 26 Januarie 2004 05:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons lees vandag dat Kerry 'n SA konneksie het - soort van.
Sy vrou was glo in Johannesburg op skool en het op Wits gestudeer. Sy is in
Mosambiek gebore.
--
Annette
"Ellie" wrote in message
news:dvSQb.24200$i4.16512@newsread1.news.atl.earthlink.net.. .
> Dis goed om n konserwatiewe fiskale beleid te he, Mbeki doen dit reg (hy het
> nie verniet n meesters in ekonomie nie). En daar gaan staan en belowe Bos
> nog n paar biljoen dollars vir NASA, oor die volgende 15 jaar; waar hy die
> geld gaan uitskrop sal net hy weet.
> Volg jy ons primaries Gloudina? Dinge begin nou reg interessant te lyk,
> soos die kandidate begin uitdun. Ek het my keuses, hoop net hulle maak dit .
>
> Ellie
>
>
> "@rogers.com" > amusant om te sien hoe die fiskale beleid van
>> die sentrale regering in SA eintlik die soort
>> beleid is waaroor die Republikeine in die
>> VSA net praat, maar nie doen nie. George
>> Bush gee geld uit soos bossies, in stede van
>> om regeringsuitgawes te besnoei, soos die
>> Republikeinse beleid dit eintlik wil hê. As jy
>> nou 'n fiskale beleid wil sien wat uit kontrole
>> is, kyk na die VSA op die oomblik.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: R100 Biljoen [boodskap #89589 is 'n antwoord op boodskap #89563] Ma, 26 Januarie 2004 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 26 Jan 2004 05:51:14 +0200, "Jonas" wrote:

> Katryn - Verduidelik vir my wat mense op Mars wil doen - wat is die voordele
> wat die ouens hier op aarde gaan kry?
> Bereik ons nie nou 'n punt waar die finansieele realiteite in ag geneem moet
> word nie?
>
Jonas, dis goeie vrae wat jy vra, en ek gaan jou antwoord wanneer ek
bietjie meer tyd het. Kortliks kan ek net se dat daar geweldig baie
voordele is, en finansiele realiteite is 'n relatiewe konsep. Dit
moet gesien word in die lig van die geheel.
Re: R100 Biljoen [boodskap #89605 is 'n antwoord op boodskap #89564] Di, 27 Januarie 2004 03:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Julle sal 'n baie goeie verduideliking moet gee waarom soveel geld spandeer
moet word aan die Mars-projek. Om bloot die bedrag te vergelyn met ander
sinnelose verkwistings hou nie water nie.
Dis maar bloot 'n manier om die militêre voorsprong te behou.
Re: R100 Biljoen [boodskap #89637 is 'n antwoord op boodskap #89605] Di, 27 Januarie 2004 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Julle sal 'n baie goeie verduideliking moet gee waarom soveel geld spandeer
> moet word aan die Mars-projek. Om bloot die bedrag te vergelyn met ander
> sinnelose verkwistings hou nie water nie.
> Dis maar bloot 'n manier om die militêre voorsprong te behou.

As jy in ag neem dat die aarde duisende der duisende
jare van nou af nie meer bewoonbaar sal wees nie,
dan moet die aardmense begin om voorsorg te maak
dat hulle ander woonplekke kan ontdek en koloniseer.
Mens moet tog êrens begin. Ek het nog altyd gewonder
hoekom hulle, na die maanlandings, nie 'n "kolonie" daar
gestig het nie.
Nou hoor 'n mens dat hulle die "space station" wil skrap.
Hoekom het hulle dit in die eerste plek begin? Om
eksperimente te maak, om te sien hoe mense in
gewigloosheid reageer oor lang periodes. Selfs om
vir die jonger geslag te stimuleer om oor ruimte-lewe
te dink. Hoekom dit skrap? Net omdat die
Amerikaners nie geld wil uitgee om hulle ruimte-
voertuie meer modern en veiliger te maak nie?
Miskien is hulle jaloers op die Russe, wat nog
altyd met hulle tegnologie in staat was om die
space station te bereik, selfs na Mir ophou
bestaan het.
Moet ook nie vergeet dat daar ander lande
betrokke is by die ruimte-vaart nie. Sekere
lense in die Mars-voertuie se kameras is in
Kanada ontwikkel en gemaak. En in die
voertuig wat 'n paar jaar van nouaf geloods
sal word na Mars, is daar nog 'n groter aandeel.
Op die space station is die Canadarm natuurlik
'n taamlike belangrike komponent, en die bou
van die verskillende Canadarms verskaf
hoogsbelangrike tegniese werk aan mense reg
hier in Kanada.

Gloudina
Re: R100 Biljoen [boodskap #89644 is 'n antwoord op boodskap #89605] Di, 27 Januarie 2004 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote:

> Julle sal 'n baie goeie verduideliking moet gee waarom soveel geld spandeer
> moet word aan die Mars-projek. Om bloot die bedrag te vergelyn met ander
> sinnelose verkwistings hou nie water nie.

Nadat ek hierdie reaksie van jou gelees het, gaan ek definitief nie
my tyd mors om die noodsaaklike rol van fundamentele wetenskaplike
navorsing en ruimte-eksplorasie waaronder die Mars-projek en vele
ander resorteer, aan jou te verduidelik nie. Want duidelik is jou
mind opgemaak en gesluit vir enige verdere inligting hieromtrent.
Gaan lees gerus wat Gloudina te sê gehad het hieroor, maar ek is
werklik nie bereid om sinnelose sirkulêre arumente met jou te voer
nie. Daar is tonne inligting beskikbaar op die Internet as jy werklik
sou belangstel. Dat politiek 'n groot rol speel en die prentjie altyd
verdraai, is ook nie te betwyfel nie. Nogsteeds...

> Dis maar bloot 'n manier om die militêre voorsprong te behou.

Ja, en moontlik selfs om dalk weer 'n space race te begin - met China
en Indië as die ander hoofspelers die keer.
Sou dit sin maak, veral as jy in ag neem dat ons Achilles' heel juis
die feit is dan ons ekonomies UITERS afhanklik is van China en Japan
o.a.? Dit sou sin maak vir 'n Repug, ja.
Maar soos ek dit verstaan, sou 'n Militêre voorsprong slegs sin maak
indien ons ekonomie nog so sterk was as wat dit was onder Demokrate
soos Clinton se regering en soortgelyke gesonde/geronde fiskale
beleid.
Die dag wat China, Japan en Europa besluit om op te hou om ons
Amerikaanse leefwyse en ekonomie te sponsor, gaan dinge baie anders
lyk, en dan is daardie "militêre" voorsprong na die maan.

En onthou asseblief dat Amerika, en spesifiek NASA nie die enigste is
wat ruimtenavorsings programme het nie, en dat Amerika nie die enigste
land is wat ruimtenavorsing as hoë prioriteit ag of behoort te ag,
nie.

Het jy nooit Carl Sagan se "Cosmos" op televisie jare terug in SA
gekyk nie? ;-) Ek onthou daardie heel eerste episode so goed, toe hy
gepraat het van die "Shores of the Cosmic Ocean":
"The surface of the earth is the shore of the cosmic ocean....
Some part of our being knows this is where we came from.
We long to return. And we can, because the cosmos is also
within us. We're *made* of star stuff.
We are a way for the cosmos to know itself."

---
"History is full of people who out of fear, or
ignorance, or lust for power has destroyed knowledge
of immeasurable value which truly belongs
to us all. We must not let it happen again."

- Carl Sagan (1934-1996)
"Cosmos"

The suppression of uncomfortable ideas may be common in religion and
politics, but it is not the path to knowledge; it has no place in the
endeavor of science.
--Carl Sagan
Re: R100 Biljoen [boodskap #89676 is 'n antwoord op boodskap #89548] Wo, 28 Januarie 2004 19:03 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 25 Jan 2004 13:25:56 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" wrote
>
>> Moet my nie laat lag nie, bouwer.
>> Vir jou om van 'tokkel op die selfde snaar' te praat,
>> is soos een straatveër wat besem in die hand aan
>> die ander vra of hy òòk nog dieselfde straat vee:-(

>> die veelsnarige
>> Dave du Plessis
>
> Du Plessis, ek sien jy het darem nog nie
> jou skryftalent verloor nie. Dankie vir die
> mooi kleurvolle Afrikaans wat jy skryf.
> Maar dit vat een straatveër om die talente
> van 'n ander straatveër te kan waardeer.
>
> Bouwer
>

uh uh, hier is iets snaaks aan die gang!
Wat wil jy van my hê? 'n Kompliment van
JOU! Dìt, het my nou aan die worrie.
Vorige onderwerp: Re: Azania - The Revolution
Volgende onderwerp: Golden Globes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 13:28:01 MGT 2024