Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jonas
Jonas [boodskap #82730] Vr, 22 Augustus 2003 19:56 na volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
'n Paar Drywall files op pad.
Wanneer jy dus 'n briefie met aanhangsel kry, wees geduldig.
Ek stuur skakels ook.
Nou sal jy sien waarom ek so geinteresseerd is in drywalling.
Re: Jonas [boodskap #82733 is 'n antwoord op boodskap #82730] Vr, 22 Augustus 2003 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 2003 21:56:07 +0200, DD wrote:

>
> 'n Paar Drywall files op pad.
> Wanneer jy dus 'n briefie met aanhangsel kry, wees geduldig.
> Ek stuur skakels ook.
> Nou sal jy sien waarom ek so geinteresseerd is in drywalling.

Ag nee, Jonas. Hier kom al die briewe terug vanaf
fana...@hotmail.co.za

Hoe nou?

DD
Re: Jonas [boodskap #82735 is 'n antwoord op boodskap #82733] Vr, 22 Augustus 2003 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Ag nee, Jonas. Hier kom al die briewe terug vanaf
> fana...@hotmail.co.za
>
> Hoe nou?

Probeer "reis...@hotmail.com"
Gie gie gie....
:-))))
Re: Jonas [boodskap #82738 is 'n antwoord op boodskap #82735] Vr, 22 Augustus 2003 20:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 2003 16:31:40 -0400, Katryn wrote:

> DD wrote:
>
>> Ag nee, Jonas. Hier kom al die briewe terug vanaf
>> fana...@hotmail.co.za

>> Hoe nou?
>
> Probeer "reis...@hotmail.com"
> Gie gie gie....
> :-))))

LOL
Gie gie gie
:-)))
Re: Jonas [boodskap #82745 is 'n antwoord op boodskap #82733] Vr, 22 Augustus 2003 21:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD
> Ag nee, Jonas. Hier kom al die briewe terug
>
> Hoe nou?

Jonas is besig om te stonewall.

Penkop met die troffel in die hand
Re: Jonas [boodskap #82755 is 'n antwoord op boodskap #82730] Sa, 23 Augustus 2003 03:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD - ek weet nie wat daar aangaan nie. Ek het seker nie die rekening betaal
nie ...

Ek het pas 'n droe�lopie vir die "drywalling" daar (fana...@hotmail.com)
gedoen - en hy werk - ek sal bloot die "block" op jou afhaal ... ;-))

Jy kan ook gat...@webmail.co.za probeer.

Jammer vir die moeites - maar, ek wys dit nie maar diep hier binne-in
waardeer ek dit.
Wat is die storie van die witreën - is dit 'n AWB-komplot of mynsand?

"DD" skryf in boodskap news:i7tckvgqo94sq6jhh1voc7je1egjf8k34o@4ax.com...
>
> 'n Paar Drywall files op pad.
> Wanneer jy dus 'n briefie met aanhangsel kry, wees geduldig.
> Ek stuur skakels ook.
> Nou sal jy sien waarom ek so geinteresseerd is in drywalling.
Re: Jonas [boodskap #82757 is 'n antwoord op boodskap #82745] Sa, 23 Augustus 2003 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 2003 21:09:05 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> DD
>> Ag nee, Jonas. Hier kom al die briewe terug

>> Hoe nou?
>
> Jonas is besig om te stonewall.
>
> Penkop met die troffel in die hand
>
>

Jonas sal nie gestonewall kry
as hy nie sy regte adres gee

Bouer met 'n stone in die hand
Re: Jonas [boodskap #82760 is 'n antwoord op boodskap #82755] Sa, 23 Augustus 2003 07:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 Aug 2003 05:40:17 +0200, "Jonas" wrote:

> waardeer ek dit.
> Wat is die storie van die witreën - is dit 'n AWB-komplot of mynsand?
>

Nie een van die twee nie, Jonas. 'n Kollega praat van 'n berig in
'n koerant waar 'n professor beweer dat dit fynstof is wat vanuit
die Kalahari is. Heelwat honderde kilos ver dus.

Dit het 'n vraag by my laat ontstaan. Reënwater is tog veronderstel
om suiwer te wees. Sonder enige aanhangsels soos ons byvoorbeeld
in die nuusgroepe het. In dié geval was daar bykomstighede in.

DD
Re: Jonas [boodskap #82799 is 'n antwoord op boodskap #82760] So, 24 Augustus 2003 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Reenwater is bepaald nie suiwer nie. Vandaar die sg "acidrain" - wat ook
hier plaasvind.
'n Boer in die Ermelo-omgewing (digby Secunda) vertel my dat die
omheiningdraad "deesdae" slegs 10 jaar neem om te verroes - voorheen het dit
so +/- 20 jaar gehou.

"DD" skryf in boodskap news:v54ekvgcc8bssdsbvkdvhnb7i49lttme4c@4ax.com...
> On Sat, 23 Aug 2003 05:40:17 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> waardeer ek dit.
>> Wat is die storie van die witreën - is dit 'n AWB-komplot of mynsand?
>>
>
> Nie een van die twee nie, Jonas. 'n Kollega praat van 'n berig in
> 'n koerant waar 'n professor beweer dat dit fynstof is wat vanuit
> die Kalahari is. Heelwat honderde kilos ver dus.
>
> Dit het 'n vraag by my laat ontstaan. Reënwater is tog veronderstel
> om suiwer te wees. Sonder enige aanhangsels soos ons byvoorbeeld
> in die nuusgroepe het. In dié geval was daar bykomstighede in.
>
> DD
>
Re: Jonas [boodskap #82800 is 'n antwoord op boodskap #82799] So, 24 Augustus 2003 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas"
: Reenwater is bepaald nie suiwer nie.
Vandaar die sg "acidrain" - wat ook
: hier plaasvind.
---
In Franschhoek toe ek daar gewoon het, het
dit lank geneem voordat koper en geelkoper
ware blinkgevryf hoef te word. Toe moes ons
die Vaalies se wal van die Vaaldam gaan
verhoog. Daar moes dieselfde ware baie gouer
skoongevryf word. Wat my aan betref is die
Vaaldriehoek se lug vrot. Nie 'n wonder dat
so baie mense daar longprobleme het nie.
---
Re: Jonas [boodskap #82847 is 'n antwoord op boodskap #82800] Ma, 25 Augustus 2003 04:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Tobie - dis waarom ek moerrig word as ek in 'n boekwinkel inloop en 'n
voëlboek, of 'n boek oor bome kry wat deur SASOL "geborg" word.
As hulle so ernstig is oor die omgewing moet hulle begin om die gemors uit
die lug uit te hou.
Juis toe ek verby Secunda gery het, het ek fotos geneem van bruinblou rook
wat deur 3 groot skoorstene in die lug ingeponp word. Dit is skrikwekkend.

"Tobie" skryf in boodskap news:biahfg$s5t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "Jonas"
> : Reenwater is bepaald nie suiwer nie.
> Vandaar die sg "acidrain" - wat ook
> : hier plaasvind.
> ---
> In Franschhoek toe ek daar gewoon het, het
> dit lank geneem voordat koper en geelkoper
> ware blinkgevryf hoef te word. Toe moes ons
> die Vaalies se wal van die Vaaldam gaan
> verhoog. Daar moes dieselfde ware baie gouer
> skoongevryf word. Wat my aan betref is die
> Vaaldriehoek se lug vrot. Nie 'n wonder dat
> so baie mense daar longprobleme het nie.
> ---
>
Re: Jonas [boodskap #82852 is 'n antwoord op boodskap #82847] Ma, 25 Augustus 2003 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis nie die rook wat jy kan sien waarvoor jy moet bang wees nie. Nee,
wanneer dit by SASOL kom is dit die rook wat jy NIE kan sien of ruik nie
waarvoor jy bang moet wees. Terwyl ek op varsity was het ek een Desember
vakansie as sekretaresse vir een van die kontrakteurs op die SASOL aanleg in
Sasolburg gewerk.
Op my eerste dag is ek deur die aanleg gevat deur een van kontrakteurs. Hy
het my twee verskillende "plants" binne die groot SASOL aanleg gewys. Ek
sou sê elkeen was so groot soos twee rugbyvelde. Hy wys so na die een
aanleg toe en sê vir my "As daai plant opblaas is daar net 'n groot gat waar
die Vaal Driehoek en 'n deel van Jhb eers was." Hy ry so entjie en stop my
die ander: "As daai aanleg opblaas, sal alles bly staan, maar niemand sal
dit oorleef nie - die gas sal jou doodmaak."
Die aanleg is indrukwekkend, en SASOL sit baie terug in die gemeenskap,
hulle onderhou so te sê Sasolburg, maar dis alles natuurlik eye-blind.
Hulle stoot 8 keer meer besoedeling die lug in, as wat toelaatbaar is. As
hulle die SASOL aanleg vandag tot niet maak, sal daar vir die volgende 10000
jaar niks op daai stuk grond groei of oorleef nie. En dis net SASOL, jy
moet sien hoe vrot lyk dit om die YSKOR aanleg en hoeveel vrotsel hulle die
lug in stoot.
Verder sukkel ons vreeslik met longprobleme - veral asma - in hierdie
omgewing, en vandat ons weer hierheen getrek het sukkel ek weer vreeslik met
my bors en sit ek met permanente Sinus - iets wat so te sê opgeklaar het toe
ek in jhb gebly het. Ek het eenkeer vir my dokter gevra wat ek kan doen
omtrent die asma. Hy het gesê my enigste uitweg is om see toe te trek -
waar die lug nog redelik skoon is.

E

"Jonas" skryf in boodskap news:bic4h0$gi$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Tobie - dis waarom ek moerrig word as ek in 'n boekwinkel inloop en 'n
> voëlboek, of 'n boek oor bome kry wat deur SASOL "geborg" word.
> As hulle so ernstig is oor die omgewing moet hulle begin om die gemors uit
> die lug uit te hou.
> Juis toe ek verby Secunda gery het, het ek fotos geneem van bruinblou rook
> wat deur 3 groot skoorstene in die lug ingeponp word. Dit is skrikwekkend.
Re: Jonas [boodskap #82857 is 'n antwoord op boodskap #82852] Ma, 25 Augustus 2003 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - jy het my simpatie.
Vraag is egter - wat word gedoen om die besoedeling te stop of ten minste
onder beheer te bring?
Ek is oortuig dat die tegnologie vandag bestaan om die besoedeling te
beheer. Maar, ek is oortuig daar is nie genoeg druk op die SASOL's nie.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f49e0df$0$64726@hades.is.co.za...
> Dis nie die rook wat jy kan sien waarvoor jy moet bang wees nie. Nee,
> wanneer dit by SASOL kom is dit die rook wat jy NIE kan sien of ruik nie
> waarvoor jy bang moet wees. Terwyl ek op varsity was het ek een Desember
> vakansie as sekretaresse vir een van die kontrakteurs op die SASOL aanleg in
> Sasolburg gewerk.
> Op my eerste dag is ek deur die aanleg gevat deur een van kontrakteurs. Hy
> het my twee verskillende "plants" binne die groot SASOL aanleg gewys. Ek
> sou sê elkeen was so groot soos twee rugbyvelde. Hy wys so na die een
> aanleg toe en sê vir my "As daai plant opblaas is daar net 'n groot gat waar
> die Vaal Driehoek en 'n deel van Jhb eers was." Hy ry so entjie en stop my
> die ander: "As daai aanleg opblaas, sal alles bly staan, maar niemand sal
> dit oorleef nie - die gas sal jou doodmaak."
> Die aanleg is indrukwekkend, en SASOL sit baie terug in die gemeenskap,
> hulle onderhou so te sê Sasolburg, maar dis alles natuurlik eye-blind.
> Hulle stoot 8 keer meer besoedeling die lug in, as wat toelaatbaar is. As
> hulle die SASOL aanleg vandag tot niet maak, sal daar vir die volgende 10000
> jaar niks op daai stuk grond groei of oorleef nie. En dis net SASOL, jy
> moet sien hoe vrot lyk dit om die YSKOR aanleg en hoeveel vrotsel hulle die
> lug in stoot.
> Verder sukkel ons vreeslik met longprobleme - veral asma - in hierdie
> omgewing, en vandat ons weer hierheen getrek het sukkel ek weer vreeslik met
> my bors en sit ek met permanente Sinus - iets wat so te sê opgeklaar het toe
> ek in jhb gebly het. Ek het eenkeer vir my dokter gevra wat ek kan doen
> omtrent die asma. Hy het gesê my enigste uitweg is om see toe te trek -
> waar die lug nog redelik skoon is.
>
> E
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bic4h0$gi$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Tobie - dis waarom ek moerrig word as ek in 'n boekwinkel inloop en 'n
>> voëlboek, of 'n boek oor bome kry wat deur SASOL "geborg" word.
>> As hulle so ernstig is oor die omgewing moet hulle begin om die gemors uit
>> die lug uit te hou.
>> Juis toe ek verby Secunda gery het, het ek fotos geneem van bruinblou rook
>> wat deur 3 groot skoorstene in die lug ingeponp word. Dit is
skrikwekkend.
>
Re: Jonas [boodskap #82858 is 'n antwoord op boodskap #82857] Ma, 25 Augustus 2003 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, maar selfs met al die tegnologie sal SASOL nog steeds 'n groot klomp
besoedeling die lug in stuur. Selfs al probeer ons druk op hulle plaas, wie
gaan dit afdwing? SASOL, verskoon die taal, bullshit almal en as hulle 'n
klein dorpie soos Sasolburg R30 miljoen gee vir opknappingswerk gaan niemand
kla nie, en gaan die plaaslike regering niks daaromtrent doen nie. Soos ek
gesê het, SASOL sit baie terug in die gemeenskappe, maar dis eye-blind en
terwyl SASOL betaal gaan niemand iets daaromtrent doen nie.

E

"Jonas" skryf in boodskap news:bid29t$cm3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - jy het my simpatie.
> Vraag is egter - wat word gedoen om die besoedeling te stop of ten minste
> onder beheer te bring?
Re: Jonas [boodskap #82861 is 'n antwoord op boodskap #82858] Ma, 25 Augustus 2003 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> gesê het, SASOL sit baie terug in die gemeenskappe, maar dis eye-blind en
> terwyl SASOL betaal gaan niemand iets daaromtrent doen nie

Elaine, ek ken die uitdrukking " eye-blind" nie in Engels nie. Kan
jy vir my verduidelik wat jy daarmee bedoel? Of miskien dit in
Afrikaans beskryf. Ek ken wel 'n Engelse uitdrukking " to turn
a blind eye to..." maar ek weet nie of jou " eye-blind" dieselfde
is nie.

Gloudina
Re: Jonas [boodskap #82866 is 'n antwoord op boodskap #82861] Ma, 25 Augustus 2003 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis dalk 'n SA term. Dis soos "smoke screen" hulle doen iets om die
werklike toedrag van sake te probeer wegsteek, of om goed te "sugarcoat".
SASOL het bv. reg om Sasolburg wildskampe Die leke op straat sien dit en
dink: o SASOL gee baie om vir die natuur, kyk al die mooi wildskampe. Maar
in die tussentyd is hulle besig om die natuur net so lekker op te neuk. Dis
omtrent die beste wat ek dit kan verduidelik.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Elaine, ek ken die uitdrukking " eye-blind" nie in Engels nie. Kan
> jy vir my verduidelik wat jy daarmee bedoel? Of miskien dit in
> Afrikaans beskryf. Ek ken wel 'n Engelse uitdrukking " to turn
> a blind eye to..." maar ek weet nie of jou " eye-blind" dieselfde
> is nie.
>
> Gloudina
>
Re: Jonas [boodskap #82872 is 'n antwoord op boodskap #82866] Ma, 25 Augustus 2003 15:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Dis dalk 'n SA term. Dis soos "smoke screen" hulle doen iets om die
> werklike toedrag van sake te probeer wegsteek, of om goed te "sugarcoat".
> SASOL het bv. reg om Sasolburg wildskampe Die leke op straat sien dit en
> dink: o SASOL gee baie om vir die natuur, kyk al die mooi wildskampe. Maar
> in die tussentyd is hulle besig om die natuur net so lekker op te neuk. Dis
> omtrent die beste wat ek dit kan verduidelik.

Ek is nogtans geinteresseerd of die uitdrukking " eye-blind" 'n
uitdrukking is wat byvoorbeeld deur SA Engels-sprekendes
gebruik word. Gebruik die mense om jou hierdie woord?
Is dit nie miskien 'n verengelsing van die Afrikaanse woord
" o"everblindery" wat omtrent die betekenis van " smoke
screen" het nie?

Gloudina
Re: Jonas [boodskap #82903 is 'n antwoord op boodskap #82872] Di, 26 Augustus 2003 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja mense gebruik die woord, hoewel ek dit nie baie hoor nie, maar my pel uit
Engeland het verstaan wat ek bedoel toe ek dit die eerste keer gebruik het.
Neem maar aan hy't afgelui wat dit beteken deur dit in die konteks van die
gesprek te sien.
Of dit verengelsing van oëverblindery is sal ek nie weet nie, maar dis
eintlik so lekker alles in een beskrywende woord, en dat dit eie aan SA is,
is nou baie duidelik :)

E

"@rogers.com" wrote:

> Ek is nogtans geinteresseerd of die uitdrukking " eye-blind" 'n
> uitdrukking is wat byvoorbeeld deur SA Engels-sprekendes
> gebruik word. Gebruik die mense om jou hierdie woord?
> Is dit nie miskien 'n verengelsing van die Afrikaanse woord
> " o"everblindery" wat omtrent die betekenis van " smoke
> screen" het nie?
>
> Gloudina
>
Re: Jonas [boodskap #82906 is 'n antwoord op boodskap #82903] Di, 26 Augustus 2003 10:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Of dit verengelsing van oëverblindery is sal ek nie weet nie, maar dis
> eintlik so lekker alles in een beskrywende woord, en dat dit eie aan SA is,
> is nou baie duidelik :

So jy vertel vir my dat daar mense om jou is wat
ook van hierdie woord gebruik maak. Is hulle
Engelse Suid-Afrikaners of Afrikaans-sprekendes
of mense wat swart tale besig?

Gloudina
Re: Jonas [boodskap #82913 is 'n antwoord op boodskap #82847] Di, 26 Augustus 2003 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jonas iets wat ek nogal daar opgelet het was dat daar geen fungus op bome
gegroei het nie. Jy weet daardie platblaaragtige fungus wat hulle self aan die
bas heg en groei. Baie van hulle is so liggroen van kleur. Toe een dag hoor ek
'n gesprek op radio wat juis daaroor gegaan het. Dit is die heel eerste tekens
van gifgasse in die lug dat boom fungus nie groei nie. Ek was in daardie tyd in
die driehoek eenkeer saam met 'n VaalVriend na die dorp Meyerton gegaan. Soos
ons op die sykant verby gery het, het daar sulke rook, eers baie donker, dan
bruin en dan geelbruin uit 'n hoë skoorsteen gepomp. Ek vra toe my vriend
wat die fabriek produseer dat daar dan sulke vuil rook uitkom en hy sê dat dit
steenkool wat verbrand word en dan die as daarvan dan fyn gerol word om saam met
sement gebruik te word. Hy het die naam van die produk gesê maar kan nie onthou
nie. As ons in
Vereeniging gaan inkopies doen het en jy kom terug by jou motor, het daar so 'n
fyn swart stof op die dak gelê. Ongelooflik dat mens en dier dit moes inasem. Op
sekere dae in Deneysville, waar ons gewoon het, het die luggie partykeer so 'n
vrot reuk van swawel in ons neuse op gejaag. Eenkeer praat ek met 'n persoon wat
by Iscor gewerk het en hy het my die volgende vertel van hoe hulle die
skoorsteen filters skoongemaak het. Hulle het dit snags onwettig geskud sodat
die volfilters skoon kan kom, dit sou die trek deur die skoorsteen verbeter. Wat
die konvensionele manier was om onderhoud op dié filters te doen weet ek nie. Ek
dink partkeer is bonuswerk maar nooit die beste nie, en onwettige maniere word
gebruik want die 'job' moet loop.
---
Re: Jonas [boodskap #82916 is 'n antwoord op boodskap #82872] Di, 26 Augustus 2003 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com"
> geinteresseerd
> " o"everblindery"

Sukses met al die instellery van julle nuwe rekenaar!
Re: Jonas [boodskap #82922 is 'n antwoord op boodskap #82916] Di, 26 Augustus 2003 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Max wrote

>> " o"everblindery"
>
> Sukses met al die instellery van julle nuwe rekenaar!

Ja, kan jy asseblief help. My suster het vantevore
vertel hoe om die ding so in te stel dat mens die
leestekens kan intik bo die letters. Maar nou het sy
weer vergeet. Dis iets te doen met " North American
English" of soiets. Ek het nie lus om daardie ander
ding te doen om die leestekens individueel te fabriseer
nie. Maar as dit moet, sal ek seker maar moet.

Gloudina
Re: Jonas [boodskap #82929 is 'n antwoord op boodskap #82922] Di, 26 Augustus 2003 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
skok  is tans af-lyn  skok
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
In nuus:bcJ2b.44932$_V.3...@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m,
tik @rogers.com :
> Max wrote
>
>>> " o"everblindery"

>> Sukses met al die instellery van julle nuwe rekenaar!
>
> Ja, kan jy asseblief help. My suster het vantevore
> vertel hoe om die ding so in te stel dat mens die
> leestekens kan intik bo die letters. Maar nou het sy
> weer vergeet. Dis iets te doen met " North American
> English" of soiets. Ek het nie lus om daardie ander
> ding te doen om die leestekens individueel te fabriseer
> nie. Maar as dit moet, sal ek seker maar moet.

Hey

Jy moet die regional settings stel na "English - International". Dis daar
iewers, kan dit nie nou kry nie. Dan kan jy ^ en e tik vir �...

Hoop dit help!

Samuel
--
Samuel Kock
Pretoria, South Africa
Bio: http://go.to/skock/bio.htm
Things are not as bad as they seem. They're worse.
Re: Jonas [boodskap #82930 is 'n antwoord op boodskap #82929] Di, 26 Augustus 2003 14:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
skok wrote

> Jy moet die regional settings stel na "English - International". Dis daar
> iewers, kan dit nie nou kry nie. Dan kan jy ^ en e tik vir �...
>
> Hoop dit help!

Dankie. Ons sal soek.

Gloudina
Re: Jonas [boodskap #82959 is 'n antwoord op boodskap #82906] Di, 26 Augustus 2003 21:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wel, ek het meestal net te doen met SA'ers, maar ja Afrikaanse en Engelse
mense gebruik die woord. Ek het nog nooit gehoor dat 'n swarte dit gebruik
nie.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> So jy vertel vir my dat daar mense om jou is wat
> ook van hierdie woord gebruik maak. Is hulle
> Engelse Suid-Afrikaners of Afrikaans-sprekendes
> of mense wat swart tale besig?
>
> Gloudina
>
Re: Jonas [boodskap #82969 is 'n antwoord op boodskap #82913] Wo, 27 Augustus 2003 04:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Tobie - baie interessant. Dis net teleurstellend dat daar niks aktiefs
omtrent die situasie gedoen word nie. Ek dink ons beskou SASOL nog as iets
patrioties - wat ons in die sanksiejare gehelp het.... Ek dink hulle moet
ons nou help.
Klaarblyklik kom middeloor-ontsteking by elke jongeling voor inj daardie
omgewing - die medici behoort interessante feite te kan voorlê.

"Tobie" skryf in boodskap news:big4fk$t2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jonas iets wat ek nogal daar opgelet het was dat daar geen fungus op bome
> gegroei het nie. Jy weet daardie platblaaragtige fungus wat hulle self aan die
> bas heg en groei. Baie van hulle is so liggroen van kleur. Toe een dag hoor ek
> 'n gesprek op radio wat juis daaroor gegaan het. Dit is die heel eerste tekens
> van gifgasse in die lug dat boom fungus nie groei nie. Ek was in daardie tyd in
> die driehoek eenkeer saam met 'n VaalVriend na die dorp Meyerton gegaan. Soos
> ons op die sykant verby gery het, het daar sulke rook, eers baie donker, dan
> bruin en dan geelbruin uit 'n hoë skoorsteen gepomp. Ek vra toe my vriend
> wat die fabriek produseer dat daar dan sulke vuil rook uitkom en hy sê dat dit
> steenkool wat verbrand word en dan die as daarvan dan fyn gerol word om saam met
> sement gebruik te word. Hy het die naam van die produk gesê maar kan nie onthou
> nie. As ons in
> Vereeniging gaan inkopies doen het en jy kom terug by jou motor, het daar so 'n
> fyn swart stof op die dak gelê. Ongelooflik dat mens en dier dit moes inasem. Op
> sekere dae in Deneysville, waar ons gewoon het, het die luggie partykeer so 'n
> vrot reuk van swawel in ons neuse op gejaag. Eenkeer praat ek met 'n persoon wat
> by Iscor gewerk het en hy het my die volgende vertel van hoe hulle die
> skoorsteen filters skoongemaak het. Hulle het dit snags onwettig geskud sodat
> die volfilters skoon kan kom, dit sou die trek deur die skoorsteen verbeter. Wat
> die konvensionele manier was om onderhoud op dié filters te doen weet ek nie. Ek
> dink partkeer is bonuswerk maar nooit die beste nie, en onwettige maniere word
> gebruik want die 'job' moet loop.
> ---
>
Re: Jonas [boodskap #82985 is 'n antwoord op boodskap #82969] Wo, 27 Augustus 2003 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Klaarblyklik kom middeloor-ontsteking by elke jongeling voor inj daardie
> omgewing - die medici behoort interessante feite te kan voorlê.

Interessant wat jy hier vertel. Hier in Kanada het ek
uitgevind dat die dokters aanbeveel dat mense wie
se kleinkindertjies middelooronsteking kry, oppas
vir vuurmaak in die kaggels in die winter. Dis glo
die kriosoot wat afgegee word wanneer die vuur
brand wat dit veroorsaak. Gelukkig het ek 'n
skaats in kaggels en houtvure, en het altyd gesorg
dat ons huise koop hier wat nie kaggels het nie.
Deesdae bou hulle in alle geval nie meer huise met
natuurlike kaggels nie, maar wel kaggels wat met
gas werk.
Ek wonder of kinders wat in 'n huis bly waar
mense rook, ook middeloorontsteking daarvan
sal kry.

Gloudina
Re: Jonas [boodskap #83007 is 'n antwoord op boodskap #82985] Wo, 27 Augustus 2003 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Aug 2003 11:29:10 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Jonas wrote
>
>> Klaarblyklik kom middeloor-ontsteking by elke jongeling voor inj daardie
>> omgewing - die medici behoort interessante feite te kan voorlê.
>
> Interessant wat jy hier vertel. Hier in Kanada het ek
> uitgevind dat die dokters aanbeveel dat mense wie
> se kleinkindertjies middelooronsteking kry, oppas
> vir vuurmaak in die kaggels in die winter. Dis glo
> die kriosoot wat afgegee word wanneer die vuur
> brand wat dit veroorsaak.
>
> Gloudina
>

Natuurlik het middeloorontsteking vele meer oorsake
as slegs dit. Dit is 'n probleem wat ek het, en toe ek sowat
twee jaar gelede 'n oorspesialis daarvoor gaan spreek, het hy 'n
gehoortoets op my laat doen.

Ek het in 'n kamertjie gesit met gehoorstukke op wat afsonderlik
aan en af geskakel kan word. Die meisie voor die venster het gesê
dat sy met 'n toestel geluide gaan maak en, dat ek, selfs al dìnk ek
net dat ek 'n geluid hoor, die knoppie op die toestel in my hand moet
druk.

Ek het werklik, al het ek vaagweg in my verbeelding gedink dat daar
net miskién 'n beep geluid was, die knoppie gedruk. En myself verskoon
met haar woorde van reageer, selfs al dink ek net dat ek iets gehoor
het.

Voor die venster was sy uitdrukkingloos en kompleet onleesbaar.

Toe sy glimlag en inkom, verwag ek iets soos ' die spesialis weet nie
wat hy praat nie' net om te hoor 'meneer, jy is dòòf!'

Ek vertel dit vir julle omdat hier somtyds dinge gesê word waarop ek
miskien veronderstel is om te reageer, en dit nie doen nie.

DD
Re: Jonas [boodskap #83013 is 'n antwoord op boodskap #83007] Wo, 27 Augustus 2003 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote

> Toe sy glimlag en inkom, verwag ek iets soos ' die spesialis weet nie
> wat hy praat nie' net om te hoor 'meneer, jy is d��f!'
>
> Ek vertel dit vir julle omdat hier somtyds dinge gesê word waarop ek
> miskien veronderstel is om te reageer, en dit nie doen nie.

Wel, dit verklaar 'n hele klomp
dinge. Het jy gehoor toe ek vir
jou vertel het dat jy elkeen se
voete moet was, nie net die
kaffers s'n nie.

Tant Hessie van Wuppertal
Re: Jonas [boodskap #83016 is 'n antwoord op boodskap #83013] Wo, 27 Augustus 2003 21:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Aug 2003 20:18:34 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> DD wrote
>
>> Toe sy glimlag en inkom, verwag ek iets soos ' die spesialis weet nie
>> wat hy praat nie' net om te hoor 'meneer, jy is dòòf!'

>> Ek vertel dit vir julle omdat hier somtyds dinge gesê word waarop ek
>> miskien veronderstel is om te reageer, en dit nie doen nie.
>
> Wel, dit verklaar 'n hele klomp
> dinge. Het jy gehoor toe ek vir
> jou vertel het dat jy elkeen se
> voete moet was, nie net die
> kaffers s'n nie.
>
> Tant Hessie van Wuppertal
>
>

hoesê...?
Re: Jonas [boodskap #83019 is 'n antwoord op boodskap #83016] Do, 28 Augustus 2003 04:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD - lyk my jy is 'n man wat vingertaal sal verstaan. Hoe doof is jy? Of
moet ek liefs vra - hoeveel vingers moet mens gebruik?

"Davie Davis" skryf in boodskap news:8s8qkv4n9fbp67uolirhnqdijba5o3kqr1@4ax.com...
> On Wed, 27 Aug 2003 20:18:34 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
>>
>> DD wrote
>>
>>> Toe sy glimlag en inkom, verwag ek iets soos ' die spesialis weet nie
>>> wat hy praat nie' net om te hoor 'meneer, jy is d��f!'
>
>>> Ek vertel dit vir julle omdat hier somtyds dinge gesê word waarop ek
>>> miskien veronderstel is om te reageer, en dit nie doen nie.
>>
>> Wel, dit verklaar 'n hele klomp
>> dinge. Het jy gehoor toe ek vir
>> jou vertel het dat jy elkeen se
>> voete moet was, nie net die
>> kaffers s'n nie.
>>
>> Tant Hessie van Wuppertal
>>
>
> hoesê...?
>
Re: Jonas [boodskap #83034 is 'n antwoord op boodskap #83019] Do, 28 Augustus 2003 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Aug 2003 06:04:43 +0200, "Jonas" wrote:

> DD - lyk my jy is 'n man wat vingertaal sal verstaan. Hoe doof is jy? Of
> moet ek liefs vra - hoeveel vingers moet mens gebruik?
>
Heelwat briewe hier, kan met twee woorde beantwoord word, Jonas.
'n Vinger per woord.

>>> DD vertel:
>>>
>>>> Toe sy glimlag en inkom, verwag ek iets soos ' die spesialis weet nie
>>>> wat hy praat nie' net om te hoor 'meneer, jy is dòòf!'
>>
>>>> Ek vertel dit vir julle omdat hier somtyds dinge gesê word waarop ek
>>>> miskien veronderstel is om te reageer, en dit nie doen nie.

Lees mooi hier onder, Jonas. En indien daar enige twyfel bestaan
dat sy dit werklik kwyrgeraak het, gaan lees haar oorspronklike
brief. Lees mooi wat sy sê, en vra jouself af of ek hier tussen julle
konserwatiewes hoort... en of ek miskien Kanada toe behoort te
emigreer?

>>>
>>> Wel, dit verklaar 'n hele klomp
>>> dinge. Het jy gehoor toe ek vir
>>> jou vertel het dat jy elkeen se
>>> voete moet was, nie net die
>>> kaffers s'n nie.
>>>
>>> Tant Hessie van Wuppertal
>>>
>>>

>> hoesê...?

No verstaan jy sommer my 'hoesê...?' ook:-)

>
Re: Jonas [boodskap #83035 is 'n antwoord op boodskap #83034] Do, 28 Augustus 2003 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote

Lees mooi wat sy sê, en vra jouself af of ek hier tussen julle
> konserwatiewes hoort... en of ek miskien Kanada toe behoort te
> emigreer?

Wat laat jou dink dat daar nie konserwatiewes
in Kanada is nie, beide met 'n klein -k- en met
'n hoofletter K. Ongelukkig het die Konserwatiewe
Party ( Tories) se federale party in klein stukkies
opgebreek in 1993 en hulle veg nou meer onder
mekaar as wat hulle met die Liberales veg. Ons
provinsiale regering hier in Ontario is op die oomblik
konserwatief.
Daar is natuurlik 'n verskil tussen konserwatiewe
denke ( wat meestal te doen het met ekonomiese
en fiskale beleid) en reaksionere denke ( wat denke
is wat die ou regime weer wil herstel.) Ek dink wat
julle in SA konserwatief noem, is eintlik reaksioner.
Dit is interessant om te besef dat Mbeki en sy
regering eintlik 'n fiskale beleid volg wat nader aan
konserwatief (of in die VSA republikeins) beskryf
kan word. Ek dink die rede is dat Mbeki en baie
van sy ministers in die tyd van Margaret Thatcher
in Engeland gestudeer het en hulle ekonomiese
idees daar opgetel het. Dis daarom dat hulle fiskaal
baie versigtig is om nie teveel geld op sosiale beleid
te spandeer, geld wat hulle miskien nie in die staats-
koffers het nie. Dit maak hulle onpopuler by daardie
mense wat hoop dat hulle die grootskaalse armoede
wat nog in SA heers, met 'n towerstokkie sal weg-
tower. Eintlik is die SA fiskale beleid in Suid-Afrika
baie nader aan die kapitalistiese stelsel as wat in die
VSA aan die gang is, waar hulle massas geld nou
uitgee op alles en nog wat.

Gloudina
Re: Jonas [boodskap #83036 is 'n antwoord op boodskap #83035] Do, 28 Augustus 2003 21:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Aug 2003 21:30:39 GMT, "@rogers.com" wrote:

>

> Daar is natuurlik 'n verskil tussen konserwatiewe
> denke ( wat meestal te doen het met ekonomiese
> en fiskale beleid) en reaksionere denke ( wat denke
> is wat die ou regime weer wil herstel.) Ek dink wat
> julle in SA konserwatief noem, is eintlik reaksioner.

So jy besef toe hoe relatiewe begrip die woord 'konserwatief' werklik
is. Omtrent net soos 'rassis' né!

DD
Die konserwatiewe een
Re: Jonas [boodskap #83048 is 'n antwoord op boodskap #83036] Vr, 29 Augustus 2003 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote

> So jy besef toe hoe relatiewe begrip die woord 'konserwatief' werklik
> is. Omtrent net soos 'rassis' nè!

Net so relatief soos jy en jou intellektuele familie
die konsep " kommunis" gemaak het in die tweede
deel van die twintigste eeu.Dis darem snaaks dat die
" kommuniste" -regering wat nou aan bewind is in
SA die sosiale en ekonomiese beginsels van Margaret
Thatcher toepas.

Penkop
Re: Jonas [boodskap #83049 is 'n antwoord op boodskap #83036] Vr, 29 Augustus 2003 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis

> Omtrent net soos 'rassis' nè!

Die aksent op die -e- moet na die
anderkant toe staan, du plessis.
Totdat ek weer aksente reg kan
opsit, vermy ek alle woorde met
aksente en umlauts. Ek kan nie
die plek op die rekenaar vind waar
" English International" is nie. Kan
iemand my help?

Gloudina
Re: Jonas [boodskap #83050 is 'n antwoord op boodskap #83049] Vr, 29 Augustus 2003 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
skok  is tans af-lyn  skok
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
In nuus:N7I3b.95232$_V.2...@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m,
tik @rogers.com :
> Davie Davis
>
>> Omtrent net soos 'rassis' nè!
>
> Die aksent op die -e- moet na die
> anderkant toe staan, du plessis.
> Totdat ek weer aksente reg kan
> opsit, vermy ek alle woorde met
> aksente en umlauts. Ek kan nie
> die plek op die rekenaar vind waar
> " English International" is nie. Kan
> iemand my help?

Ek het myne gekry by Control Panel -> Reggional settings
Dan na die languages tab, en click op details button.

Dit is in Windows XP, though, weet nie van ander windows nie. Ek het iewers
op die net 'n web page gesien wat dit verduidelik, maar nou adres vergeet.
:(

Samuel

--
Samuel Kock
Pretoria, South Africa
Bio: http://go.to/skock/bio.htm
Plasma is another matter.
Re: Jonas [boodskap #83054 is 'n antwoord op boodskap #83048] Vr, 29 Augustus 2003 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 Aug 2003 12:56:19 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Davie Davis wrote
>
>> So jy besef toe hoe relatiewe begrip die woord 'konserwatief' werklik
>> is. Omtrent net soos 'rassis' né!
>
> Net so relatief soos jy en jou intellektuele familie
> die konsep " kommunis" gemaak het in die tweede
> deel van die twintigste eeu.Dis darem snaaks dat die
> " kommuniste" -regering wat nou aan bewind is in
> SA die sosiale en ekonomiese beginsels van Margaret
> Thatcher toepas.
>
> Penkop
>
>

Waarom bouwer, vind jy dit vreemd?
Het jy dan vergeet dat die plastic vrou
die kommunistiese anc se hoofkantoor
in London gehuisves het? Dieselfde
vrou wat die krag agter die Falklandeilande
aanval was? bouwertjie, bly jou ou self.
Moet nie nou belangtrike dinge soos die
vergeet nie.

DD
Re: Jonas [boodskap #83055 is 'n antwoord op boodskap #83049] Vr, 29 Augustus 2003 20:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 Aug 2003 13:00:29 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Davie Davis
>
>> Omtrent net soos 'rassis' né!
>
> Die aksent op die -e- moet na die
> anderkant toe staan, du plessis.
> Totdat ek weer aksente reg kan
> opsit, vermy ek alle woorde met
> aksente en umlauts. Ek kan nie
> die plek op die rekenaar vind waar
> " English International" is nie. Kan
> iemand my help?
>
> Gloudina
>

bouwer, al wa jy nou doen,
is om Danielle te herhaal.
Toe ek haar vra wat die verskil is,
kon sy nie antwoord nie.
Antwoord jy nou vir haar,
of laat die gehoor toe om vir jou te lag.

DD
Re: Jonas [boodskap #83056 is 'n antwoord op boodskap #83050] Vr, 29 Augustus 2003 20:09 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 Aug 2003 15:05:48 +0200, "skok" wrote:

>
> Ek het myne gekry by Control Panel -> Reggional settings
> Dan na die languages tab, en click op details button.
>
> Dit is in Windows XP, though, weet nie van ander windows nie. Ek het iewers
> op die net 'n web page gesien wat dit verduidelik, maar nou adres vergeet.
> :(
>
> Samuel

Wat het jy nou gekry, Samuel?
bouwer met haar verraaiersinstink
se aandag?

Jy kan beter doen hoor. Kry een van
ons wat in tel is se simpatie.

DD
Vorige onderwerp: Wam-Fees - DNA Strings
Volgende onderwerp: Hier was gekraam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 02:03:38 MGT 2024