Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wam-Fees - DNA Strings
Wam-Fees - DNA Strings [boodskap #83060] Vr, 29 Augustus 2003 22:40
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nou net teruggekom van die WAM-fees af, en was dit nou wragtie 'n
fees. Die eerste groep wat opgetree het was Shine 4 en net daarna Nianell,
niemand, maar niemand kon ons op ons voete kry nie. En toe stap DNA Strings
daar uit. Hulle moes maar heel laaste opgetree het want niks kon daai
outjies volg nie. Dis amper 'n classical meets rock fusion tipe van genre
gewees. En is die 5 kapenaartjies vir jou vriendelik?! Ek het my beursie
in die kar vergeet, en kon nie die cd koop nie (en ek wou bitter graag een
hê). My man het so 'n uur na hulle optrede daar opgedaag en ons het hulle
by een van die kosstalletjies raak geloop. Hy het hulle gestorm en gevra
waar kan ons 'n cd kry. Baie vriendelik, maar die drommer is 'n bietjie
ernstig. Ek beveel hulle regtig aan, en gaan kyk gerus as hulle in julle
area optree, dis regtig 'n "treat". Gaan kyk by http://www.dnastrings.co.za

Groete
Elaine
Vorige onderwerp: Re: Onaardige stilte....
Volgende onderwerp: Jonas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 08:21:05 MGT 2024