Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die ouens van Oz
Re: Die ouens van Oz [boodskap #5987] Di, 19 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> die manne van oz
> gooi 'n klip in die boz
> sê hoe hul verlang
> na koo en blatjang
> en stywepap braaitjops en woz
> ===joop=================

Jare gelede was daar advertensies oor die radio (dis nou voor SAUK SABC
geword het) wat sê: "Suid Afrika: Land van sonskyn, braivleis, rugby en
Chevrolet"

As jy "Chevrolet" met "Holden" vervang kry jy OZ.

Freek, ons plaaslike slagter, maak boerewors, biltong en sosaties. Raai
wat. Die regering hier in OZ wou nie toelaat dat Freek sy Boerewors as
"saussage" bemark nie want om te kwalifiseer as "sausage", moet dit n
minimum vet he^. Freek het uiteidelik dit reggekry on dit as "wors" te
bemark want hy gaan wraagtig nie ekstra vet in die boerewors sit nie.

Ek sê! Se^ Zarathustra (spelling ? Vra Zarathustra! )

Groete.


Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
Re: Die ouens van Oz [boodskap #6004 is 'n antwoord op boodskap #5987] Wo, 20 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Paul skryf:
> Vandag het ek baie lekker gelag toe "Australia Post" se bakkie voor ons deur
> stil hou om 'n pakkie af te gee. 'n Bruin ou kom toe nader geloop en groet
> " Mirrag meneee
> hies 'n pakkie vir jou".
> Wat 'n geweldige vrye land is Oz. Praat, loop, slaap, dink, leer alles
> sonder druk. Ons hoef nie opinies te besig soos "Ek was altyd teen die
> Nasionale Regering en van my beste Vriende is swart" nie net om indruk op
> die nuwe heersers te maak nie. ONS KAN ONS SELF WEES " WARTS AND ALL".
> Iedergeval, sterkte aan die wat so moet doen teen wil en dank.

Suid-Afrika is nog lank nie vry nie. 'n Kennis het gister sy rieme met
die etniese polisie styfgeloop. Iemand het gekla dat 'n aanmerking wat
hy op 'n poslys geplaas het, "racially offensive" was. Sy sonde was
dat hy gekla het dat hy by sy pos uitgeskop is as deel van sy
voormalige werkgewer ('n plaaslike universiteit) se regstellende
aksiebeleid om plek te maak vir "swartes". Hy is deur die rektor van
die technikon waar hy nou werk, gedwing om apologie aan te teken.

Dis egter in die haak om te kla dat jy onder apartheid afgedank is om
plek te maak vir "blankes" - sulke uitlatings is nie "racially
offensive" nie.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: Re: "Crossover"
Volgende onderwerp: Re: Engelspraters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 10:58:18 MGT 2024