Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » [AFRIKAANS:6123] Re: Private diskriminasie
[AFRIKAANS:6123] Re: Private diskriminasie [boodskap #5807] Do, 15 Februarie 1996 00:00
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
arius skryf:

> Ek het tuis 'n goeie artikel oor hoe 'n vrou kompetisie by die
> werk ervaar. As iemand belangstel kan ek die presiese gegewens plaas.
> Dit stel dat vrouens graag almal in die werk plek as gelyk wil sien.
> Daarom sal sy nie graag meriete voordeel aanvaar wat aan haar
> toegeken word. Of andersins bitter omgekrap word as iemand anders dit
> kry. Dit is merkwaardig dat die groot beweging vir gelykheid in die
> politiek saam val met die vrou se toetrede tot die politiek. Is dit
> dalk so dat dit juis vir die vrou moeilik is om die andersheid in die
> rol van die man en die vrou te aanvaar?

Een van die dinge wat Kendall noem, is die verskillende patrone waarop
manlik-oorheersde organisasies en vroulik-oorheersde sosiale strukture
ontwikkel. Manlike organisasies toon gewoonlik 'n sterk hiërargiese
struktuur, terwyl vroulike organisasies 'n platter, netwerk-tipe
struktuur het. Selfs die feministiese organisasies was geneig om op
klein, ondersteuningsgroepstrukture gebaseer te wees met geen bepaalde
leiersfiguur nie, en het nie die hiërargiese strukture van manlike
organisasies ontwikkel nie.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: Re: [AFRIKAANS:6114] Re: Private diskriminasie
Volgende onderwerp: [AFRIKAANS:6106] Re: Reinier, HELP!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:35:37 MGT 2024