Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: [AFRIKAANS:6114] Re: Private diskriminasie
Re: [AFRIKAANS:6114] Re: Private diskriminasie [boodskap #5801] Do, 15 Februarie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> On 14 Feb 96 at 11:26, Reinier de Vos wrote:
>

>>
>> Ons kan ons ook gerus afvra of die aftakeling van ons gesinslewe en
>> waardestelsels, wat jy so goed uitgebeeld het, nie ook sterk verband
>> hou met die Nasionaliste se staatsideologie nie. Kyk hoe het die
>> trekarbeiderstelsel en Bantoe-Onderwys swartmense se gesinslewe en
>> morele standaarde afgetakel - hulle reg tot vrye assosiasie, en die
>> private diskriminasie wat dit behels, is ernstig aangetas.
>> Afrikaners is ook onderwerp aan die "volksideologie" wat ons
>> vertroue van gesin na staat/volk verplaas het. Individuele
>> verantwoordelikheid teenoor die oues en kinders in die gesin is
>> stelselmatig afgebreek - die staat sal mos vir hulle sorg.
>
> Ek dink jy behoort kennis te neem dat "die Nasionaliste" hoofsaaklik
> deur "die Afrikaner" aan bewind gebring en gehou is. Dit sou dus
> redelik wees om te aanvaar dat "die Afrikaner" hom die
> "volksideologie" laat welgeval het. Soos jy ook aantoon is die
> betrokke verskuiwing van verantwoordelikheid vanaf die gesin na die
> staat nie tot die Afrikaner beperk nie. Dit was 'n redelik algemene
> verskynsel in die gei"ndustrialiseerde gemeenskappe.
>
>
>>
>> Sal private diskriminasie beteken dat mense keuses uitoefen waarmee
>> ek nie saamstem nie? Natuurlik. Maar as ek my vryheid wil he, moet
>> ek dit aan andere gun. Die feit dat mense dwase keuses maak, of dat
>> daar armes en rykes is, dien, soos Hayek ook al gese het, 'n
>> belangrike sosiale funksie. Dit verskaf voorbeelde van wat ons nie
>> moet doen nie, of wat ons wel moet doen, en so maak die samelewing
>> vordering. Die tragiese lot van ons oues van dae en kleuters moet
>> as aansporing dien om ons waardestelsels in hero"enskou te neem.
>
> AMEN!
>
>> Enige poging deur die staat om dit namens ons te doen, sal sekerlik
>> nie sake verbeter nie. Dit ontneem ons maar net weer ons
>> verantwoordelikhede
>

> Groete, Leendert

EK IS SO BLY JULLE IS TERUG!
Gloudina
Vorige onderwerp: [AFRIKAANS:6117] Re: Private diskriminasie
Volgende onderwerp: [AFRIKAANS:6123] Re: Private diskriminasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:53:13 MGT 2024