Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » [AFRIKAANS:6117] Re: Private diskriminasie
[AFRIKAANS:6117] Re: Private diskriminasie [boodskap #5799] Do, 15 Februarie 1996 00:00
Marius Swart  is tans af-lyn  Marius Swart
Boodskappe: 9
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Reinier skryf

> Om nou na die ander kant oor te hel, sal jy dalk Francis Kendall se
> "The SeXY Factor" geniet. Sy som die nuutste navorsingsresultate op,
> wat wys wat ons maar altyd vermoed het :-). Die twee geslagte is so
> radikaal anders, dat hulle maar liewers as twee verskillende subspesies
> geklassifiseer moet word - 'n uiters polities onkorrekte
> gevolgtrekking. Om maar 'n enkele voorbeeld te gebruik - daar is
> ongeveer 15 manlike hotpote vir elke vroulike (ek is nou nie seker van
> die presiese syfers nie), en talle ander aanduidings dat die manlike en
> vroulike geslag die twee hemisfere van die brein verskillend benut.
> Dit het ook 'n effek op die verstandelike vermoeëns van die
> geslagte. En voordat ek deur feministe aangeval word - dit bepaal nie
> dat vrouens dom, en mans slim is nie (eerder andersom, volgens my
> ervaring :-)). Dit bepaal slegs dat hulle 'anders' is.

Ek het tuis 'n goeie artikel oor hoe 'n vrou kompetisie by die
werk ervaar. As iemand belangstel kan ek die presiese gegewens plaas.
Dit stel dat vrouens graag almal in die werk plek as gelyk wil sien.
Daarom sal sy nie graag meriete voordeel aanvaar wat aan haar
toegeken word. Of andersins bitter omgekrap word as iemand anders dit
kry. Dit is merkwaardig dat die groot beweging vir gelykheid in die
politiek saam val met die vrou se toetrede tot die politiek. Is dit
dalk so dat dit juis vir die vrou moeilik is om die andersheid in die
rol van die man en die vrou te aanvaar?

Groete
arius
Vorige onderwerp: Nuwe Afrikaanse links op www.xs4all.nl/~wagenaar
Volgende onderwerp: Re: [AFRIKAANS:6114] Re: Private diskriminasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 06:43:06 MGT 2024