Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 26/5
Nuus 26/5 [boodskap #62794] So, 26 Mei 2002 17:29 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Stormweer des Kaaps:
1) Betty van Bettysbaai se huis is aan flenters geslaan en gewaai.
2) Pensioenaris van Langebaan - toe sy huis gebou is was dit 150m van die
strand - wag om te kyk of sy huis die verwagte storm Dinsdag sal kan
weerstaan.
3) Die seereddingsboot in Bantrybaai moes per helikopter gered word nadat
die NSRI se boothuis aan flarde geslaan is deur 9m hoë branders.
4) Huisvrou in Llandadno gebruik die waarskuwing van sandluise wat die huis
instroom, en verwyder betyds die nodigste uit die huis se grondverdieping.
Verlede jaar het haar huis R200 000 se skade opgedoen met 'n storm. Hierdie
jaar se skade is meer.
5) Die Blou Restaurant in Strand is die eerste keer in 40 jaar oorstroom.
6) Nuwe eiendomsontwikkeling in Hermanus loop onder die skade van die storm
gister deur.
7) Bote in die hawe wat uitvaar tot 8km die see in waar dit kalmer is.

Ons het Vrydagaand gou na Seepunt gery. Dit was werklik vreeslik mooi in sy
verskriklikheid om die stormweer so te sien. Hoge grys deinings en brekende
branders, skuim wat
die wêreld vol lê, mense wat gou moed opgee om op die promenade te wil loop
of draf, die putt-putt bane wat se plankies lekker deurmekaar lê en die
doolhof wat ook lelik windverwaaid lyk.

Annette
Re: Nuus 26/5 [boodskap #62811 is 'n antwoord op boodskap #62794] Ma, 27 Mei 2002 03:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Stormweer des Kaaps:

Ek weet van iemand wat Saterdag in Kaapstad
'n troue gehad het. Was die stormweer baie
sleg reg in die stad gedurende die dag?

Gloudina
Re: Nuus 26/5 [boodskap #62813 is 'n antwoord op boodskap #62811] Ma, 27 Mei 2002 05:28 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In die stad self het ons nie veel van 'n storm beleef nie.
Dit was wel reenerig, maar na 12 het die son deurgebreek.
Annette

skryf in boodskap news:3CF1A5D7.3070707@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Stormweer des Kaaps:
>
> Ek weet van iemand wat Saterdag in Kaapstad
> 'n troue gehad het. Was die stormweer baie
> sleg reg in die stad gedurende die dag?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Nuus 24/5
Volgende onderwerp: Nuus 30/5
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:47:54 MGT 2024