Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Totsiens
Totsiens [boodskap #54087] Wo, 28 November 2001 21:40 na volgende boodskap
me & bobby magee[1]  is tans af-lyn  me & bobby magee[1]
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ek loop nou weer vir eers - het genoeg gehad. Snaaks, ek mis nogal die
vurige debatte van ouds - dit was ten minste sinvol en amusant. En wanneer
ek begin dink dat Gloudina reg is, weet ek dis tyd om te onttrek.
Re: Totsiens [boodskap #54089 is 'n antwoord op boodskap #54087] Wo, 28 November 2001 22:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 29 Nov 2001 07:40:12 +1000, "me & bobby magee" wrote:
> Ek loop nou weer vir eers - het genoeg gehad. Snaaks, ek mis nogal die
> vurige debatte van ouds - dit was ten minste sinvol en amusant. En wanneer
> ek begin dink dat Gloudina reg is, weet ek dis tyd om te onttrek.

Geluk. Jy is nou volledig geprogrammeer. Gaan in vrede en voorspoed.

---We are the Borg. Resistance futile is. Assimilated you will be. -
Yoda of Borg

I am Kosh of Vorlon. Understanding is futile. Comprehension is
irrelevant. You will be confused.
Re: Totsiens [boodskap #54156 is 'n antwoord op boodskap #54087] Do, 29 November 2001 19:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
me & bobby magee wrote in message ...
> Ek loop nou weer vir eers - het genoeg gehad. Snaaks, ek mis nogal die
> vurige debatte van ouds - dit was ten minste sinvol en amusant. En wanneer
> ek begin dink dat Gloudina reg is, weet ek dis tyd om te onttrek.

Mooi so Gloudina! Aanhouer wen.

"A new scientific truth does not triumph by convincing its opponents and
making them see the light, but rather because its opponents eventually
die, and a new generation grows up that is familiar with it." - Max Planck
(1885 - 1947)

Swart Simon
Re: Totsiens [boodskap #54159 is 'n antwoord op boodskap #54156] Do, 29 November 2001 21:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote:

> me & bobby magee .
>> Ek loop nou weer vir eers - het genoeg gehad. Snaaks, ek mis nogal die
>> vurige debatte van ouds - dit was ten minste sinvol en amusant. En wanneer
>> ek begin dink dat Gloudina reg is, weet ek dis tyd om te onttrek.
>
> Mooi so Gloudina! Aanhouer wen.
>
> "A new scientific truth does not triumph by convincing its opponents and
> making them see the light, but rather because its opponents eventually
> die, and a new generation grows up that is familiar with it." - Max Planck
> (1885 - 1947)

Dankie Simon. (Alhoewel ek vir bedekte
sarkasme soek in wat jy sê.) Kan jy ons jou
opinie gee van die rat/rad voor die oë draai-
kwessie? My man is 100% seker dit moet rad
wees (Ek neem alles wat my man sê vir gospel
aan.) Kan dit wees dat mense van my ouderdom
in die veertiger en vyftigerjare nog die idioom
geleer het as "rad voor die oë draai" en dat latere
jare die spelling verander het na "rat" omdat mens
in alle geval die woord uitspreek asof dit "rat" is.
(Mens neem in ag dat die oorspronklike
Nederlands die "rad" vereis.)

Gloudina
Re: TOTSIENS [boodskap #107024 is 'n antwoord op boodskap #54087] Ma, 14 November 2005 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Ek
> is só jaloers op Augrabies net daar langs jou!

Dan moet jy dertig myl daarvandaan
grootgeword het!

Tant Hessie die Kanaalaap.
Re: TOTSIENS [boodskap #107026 is 'n antwoord op boodskap #54087] Ma, 14 November 2005 15:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Ek weet wragtag nie hoek on iemand met jou aanslag in so 'n mooi plek gebore
> gewees het nie. Daar waar jy gebly het, het al die plante seker gevrek.

Jy bedoel al die druiwestokke swaar van die
druiwe, die talle soort perskes ( insluitende
die beroemde Kakamas-perske), die spanspekke
waarvan sommige so groot soos waatlemoene
was. En die waatlemoene. Terwyl die res van
SA daardie ou liggroen- langes met die strepe
ge-eet het, het ons diepgroen koeëlronde
waatlemoene ge-eet, wat tagtig persent pitlose
kroon is. ( Eers toe ek hier in Noord-Amerika
"sugarbabies" raakloop, kleinerig maar ook
diepgroen en koeëlrond en sonder strepe, toe
besef ek dat ons al die tyd sugarbabies daar
op die eilande ge-eet het. Maar hulle was groot.)
In die somer, so teen vieruur, onder die groot
doringboom, dan slag my pa die daaglikse
waatlemoen. En as ons besluit dat hierdie
waatlemoen nou een van die bestes van die
seisoen is, dan maak ons die pitjies bymekaar
en sit dit in die blikkie in die garage, en volgende
jaar gebruik my pa daardie pitte as hy weer
waatlemoene plant.

Gloudina
Re: TOTSIENS [boodskap #107027 is 'n antwoord op boodskap #107024] Ma, 14 November 2005 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Aag my antie, net om jou battery so 'n bietjie nat te piepie, ek bly in die
Namib met al sy wonderlike plekke om te gaan beleef. Sossusvlei, die
Naukluft Park, die Spitzkuppe en dan is ek nog nie eers noord van Swakopmund
nie! Ons ken van mooi en een ding sal ek jou sê, Augrabies is
beeldskoon...veral vir iemand wat daarvan hou om 'n kamera rond te swaai.
Ek weet wragtag nie hoek on iemand met jou aanslag in so 'n mooi plek gebore
gewees het nie. Daar waar jy gebly het, het al die plante seker gevrek.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:FpmdneI2B9Y9EeXenZ2dnUVZ_sKdnZ2d@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Ek
>> is só jaloers op Augrabies net daar langs jou!
>
> Dan moet jy dertig myl daarvandaan
> grootgeword het!
>
> Tant Hessie die Kanaalaap.
>
Re: TOTSIENS [boodskap #107039 is 'n antwoord op boodskap #107026] Di, 15 November 2005 08:19 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wys jou net, al die lekker vrugte aan die Groot rivier en selfs DIT kon jou
nie beter maak nie?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:StednWgJHpgoMOXeRVn-hg@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Ek weet wragtag nie hoek on iemand met jou aanslag in so 'n mooi plek gebore
>> gewees het nie. Daar waar jy gebly het, het al die plante seker gevrek.
>
> Jy bedoel al die druiwestokke swaar van die
> druiwe, die talle soort perskes ( insluitende
> die beroemde Kakamas-perske), die spanspekke
> waarvan sommige so groot soos waatlemoene
> was. En die waatlemoene. Terwyl die res van
> SA daardie ou liggroen- langes met die strepe
> ge-eet het, het ons diepgroen koeëlronde
> waatlemoene ge-eet, wat tagtig persent pitlose
> kroon is. ( Eers toe ek hier in Noord-Amerika
> "sugarbabies" raakloop, kleinerig maar ook
> diepgroen en koeëlrond en sonder strepe, toe
> besef ek dat ons al die tyd sugarbabies daar
> op die eilande ge-eet het. Maar hulle was groot.)
> In die somer, so teen vieruur, onder die groot
> doringboom, dan slag my pa die daaglikse
> waatlemoen. En as ons besluit dat hierdie
> waatlemoen nou een van die bestes van die
> seisoen is, dan maak ons die pitjies bymekaar
> en sit dit in die blikkie in die garage, en volgende
> jaar gebruik my pa daardie pitte as hy weer
> waatlemoene plant.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Re: Soweto in Paris
Volgende onderwerp: " Sien " deur CHARLES DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 02:18:37 MGT 2024