Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Van die Net gegaps 7
Van die Net gegaps 7 [boodskap #53050] Wo, 07 November 2001 13:11 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Piet koop 'n duur papegaai, een van daai groot helderkleuriges. Kort
na hy by die huis kom toe kom hy agter dat die papegaai 'n attitude
het wat skrik vir niks en 'n woordeskat wat daarby pas. Dis net sonder
ophou 'n luide, aggressiewe geswets.

Dae lank probeer Piet alles om die papegaai te kalmeer. Hy praat sag,
speel strelende musiek, maar dit help niks.

Na so 'n week of wat kan hy dit nie meer uithou nie. Hy bekruip die
papegaai van agter, gryp hom aan kop en bene en smyt hom in die
vrieskas. Die papegaai vloek vreeslik maar net vir so paar sekondes
toe's dit tjoepstil.

Na so rukkie kom Piet tot sy sinne en besef dat daai 'n duur saak is
en dat hy die papegaai liewer maar moet verkoop, al is dit vir
halfprys.

Maak die vrieskas se deur oop, die papegaai strompel uit en begin
dadelik met 'n sagte stem praat; "Meneer," se hy, "ek wil u uit die
diepte van my hart om verskoning vra oor my gedrag van die laaste paar
dae. Ek belowe u baie ernstig dat dit nooit weer sal gebeur nie."

Die papegaai loop strammerig weg en toe hy so entjie weg is toe loer
hy terug oor sy skouer en vra, "Wat op die aarde het die hoender
verkeerd gedoen?"
Re: Van die Net gegaps 7 [boodskap #53052 is 'n antwoord op boodskap #53050] Wo, 07 November 2001 13:21 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Drom wrote:

> Piet koop 'n duur papegaai

Dankie Drom, vir die grap in redelike goeie Afrikaans. Tannie het dit al
vantevore gehoor
maar 'n goeie grap is goed, in watter taal dit
ook al vertel word. Doe so voort.

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
As die dag breek, dan maak tannie hom weer
heel.
Vorige onderwerp: bedienden arbeiders of werknemers.
Volgende onderwerp: Raad van Frikkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 21:17:16 MGT 2024