Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5746] Re: Afrikaans in die parlement
DS: [AFRIKAANS:5746] Re: Afrikaans in die parlement [boodskap #5454] Do, 25 Januarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: woensdag 24 januari 1996 10:22
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5746] Re: Afrikaans in die parlement

Koos skryf o.a.:
--snip--
>>> 'n Paar, nie heelwat nie. Wat gaan hulle maak as die Parlement
>> al elf
>>>> >tale begin gebruik? Hulle kan twee verstaan!!!!

Waarop ek antwoord:

>>> Wat natuurlik beteken dat die parlement elitisties is. Slegs mense
>>> wat Engels magtig is kan parlement toe gaan. Dit herinner sterk aan
>>> die vorige eeu. In die Kaap in Afrikaner kiesafdelings het mense in
>>> die straat rondgeloop om mense te vind wat Engels magtig is sodat
>>> hulle vir die parlement kan staan. Pragtige demokrasie.

Waarop Koos skryf:

>> Elitisties?!
>> Slegs Engelse kan Parlement toe gaan?

Koos, jou hele argument in die oorspronklike stuk het gegaan oor
hoekom Engels die enigste taal vir die parlement moet wees. Jy het
geeindig met die stukkie wat ek saam gestuur het waarin jy probeer
aantoon hoe "belaglik" dit sal wees as al elf tale gebruik word. Dit
beteken dat die parlement net oop is vir mense wat Engels magtig is.

>> Waar woon jy?

Suid-Afrika 1996.

>> Waarvan praat jy?

Ons parlement waar slegs Engels gepraat word.

>> Vorige eeu? Wat gaan hier aan? Ek dag ons praat van 1995....

Nee, 1996. Soos ek reeds gese het dit herinner aan die situasie in
die vorige eeu toe ook net Engels in die parlement gepraat is.

>> (Het jy nie maar net 'n probleem met donker velle nie?)

As Engelse donker velle het, dan het ek seker 'n probleem met donker
velle.

Nee, ek dink byvoorbeeld dat die meeste Zoeloes in die parlement hul
self baie beter in Zoeloe kan uitdruk as in Engels. Hoekom dan nie
die vertaling los vir professionele vertalers in plaas daarvan dat
elkeen dit self moet doen en afbreuk doen aan hul standpunte nie.

Daar is baie organisasies (Europese Gemenebes, VVO, ens..)
waar verskillende tale geakkomodeer kan word, in ons parlement is dit
nou skielik nie moontlik nie.
=======================================================
Freek Eek
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5757] Afrikaanse woordelys.
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5740] Greshoff
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:12:25 MGT 2024