Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: hergeboorte
hergeboorte [boodskap #145701] Wo, 26 Junie 2024 10:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hergeboorte
Afbreking: her•ge•boor•te
Samestelling: her- + geboorte


Selfstandige naamwoord: hergeboorte
Meervoud: hergeboortes

Betekenis:
• Die handeling van weer gebore word.
• (figuurlik) 'n Hernuwing of herlewing.

Gebruik:
• In die Egiptiese mitologie is Chepri die god van hergeboorte en die oggendson.
• Lente bring nuwe lewe en is simboliseer die hergeboorte van hoop.

Sinoniem:
• bekering
• herlewing
• hernuwing
• opbloei
• oplewing
• reïnkarnasie
• renaissance
• wedergeboorte

Vertaling:
Engels: rebirth, rebirthing
Nederlands: hergeboorte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: argitektuur
argitektuur [boodskap #145700] Wo, 26 Junie 2024 09:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
argitektuur
Afbreking: ar•gi•tek•tuur
Samestelling: argitek + -tuur


Selfstandige naamwoord: argitektuur
Meervoud: argitekture

Betekenis:
• Die styl waarvolgens 'n gebou gebou word.
• Die kuns en wetenskap agter die ontwerp en bou van geboue.

Gebruik:
• Die tempel word as 'n meesterstuk van antieke argitektuur beskou.
• Hy wil universiteit toe gaan om argitektuur te studeer.

Sinoniem:
• boukuns
• boustyl
• konstruksie
• morfologie
• ontwerp

Hiponiem:
• binneargitektuur
• gewelargitektuur
• huisargitektuur
• landskapargitektuur
• rekenaarargitektuur
• tuinargitektuur
• volksargitektuur
• woonhuisargitektuur

Afkorting:
• argit.

Vertaling:
Engels: architecture
Nederlands: architectuur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 26 Junie 2024 09:32]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: kroning
kroning [boodskap #145699] Wo, 26 Junie 2024 09:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kroning
Afbreking: kro•ning
Samestelling: kroon + -ing


Selfstandige naamwoord: kroning
Meervoud: kroninge, kronings

Betekenis:
• Die handeling van kroon; seremonie waartydens 'n kroon op die kop van 'n heerser geplaas word.

Gebruik:
• Die kroning van Napoleon I as Keiser van Frankryk het in 1804 in die Notre-Dame-katedraal in Parys plaasgevind.

Sinoniem:
• ampsaanvaarding
• bekroning
• inhuldiging
• troonbestyging

Afgelei:
• kroningdag
• kroningeed
• kroningfees
• kroningplegtigheid
• kroningsdae
• kroningsdag
• kroningseed
• kroningsplegtighede
• kroningsplegtigheid

Vertaling:
Engels: coronation
Nederlands: kroning

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 26 Junie 2024 09:21]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: terras
terras [boodskap #145698] Wo, 26 Junie 2024 08:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Terrasse teen die hang van 'n berg.
Terrasse teen die hang van 'n berg.
terras
Afbreking: ter•ras


Selfstandige naamwoord: terras
Meervoud: terrasse
Verkleinwoord: terras
Meervoud van verkleining: terras

Betekenis:
• 'n Plat, horisontale terrein (dikwels opgevul) wat deur hoër of laer landskap omring word.

Gebruik:
• Die huis is op 'n terras teen die rand van die heuwel gebou.

Sinoniem:
• dek
• platform
• stoep
• trap
• verhewendheid

Hiponiem:
• rivierterras
• strandterras

Afgelei:
• terrasbedding
• terrasdak
• terrasgewys
• terrashuis
• terrasland
• terrasvlak
• terrasvormig

Vertaling:
Engels: terrace
Nederlands: terras

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bewindsjaar
bewindsjaar [boodskap #145697] Wo, 26 Junie 2024 08:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bewindsjaar
Afbreking: be•winds•jaar
Samestelling: bewind + -s- + jaar


Selfstandige naamwoord: bewindsjaar
Meervoud: bewindsjare

Betekenis:
• Die jaar waartydens 'n heerser aan bewind is.

Gebruik:
• Die tempel is tussen koning Hatsjepsoet se 7de en 20ste bewindsjaar gebou.

Sinoniem:
• regeringsjaar

Vertaling:
Engels: reign year
Nederlands: regeringsjaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: byvoeging
byvoeging [boodskap #145696] Wo, 26 Junie 2024 08:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
byvoeging
Afbreking: by•voe•ging
Samestelling: byvoeg + -ing


Selfstandige naamwoord: byvoeging
Meervoud: byvoeginge, byvoegings
Verkleinwoord: byvoeginkie
Meervoud van verkleining: byvoeginkies

Betekenis:
• Die handeling van byvoeg (om by 'n groter geheel by te sit).
• Die resultaat van byvoeg.

Gebruik:
• Die biblioteek word met die byvoeging van boeke uitgebrei.
• Hierdie boek is 'n welkome byvoeging by my versameling.

Sinoniem:
• aanvulling
• addisie
• toevoeging
• uitbreiding
• verhoging
• bymiddel
• byvoegsel
• supplement
• toevoegsel

Antoniem:
• wegneming

Hiponiem:
• kwikbyvoeging

Vertaling:
Engels: addition, additive
Nederlands: bijvoeging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: fortifiseer
fortifiseer [boodskap #145695] Wo, 26 Junie 2024 08:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fortifiseer
Afbreking: for•ti•fi•seer
Samestelling: fort + -ifiseer


Werkwoord: fortifiseer
Verlede tyd: het gefortifiseer

Betekenis:
• Om iets sterker en stewiger te maak (soos 'n fort).
• Om die konsentrasie alkohol deur die byvoeging van brandewyn of spiritus te verhoog.

Gebruik:
• Die weermag wil die hawe fortifiseer en dit in 'n vlootbasis omskep.
• Die wyn word gefortifiseer voordat dit gebottel word.

Sinoniem:
• beveilig
• omskans
• verhard
• verskans
• versterk
• verstewig

Verwant:
• fortifikasie
• fortifisering

Vertaling:
Engels: to fortify
Nederlands: fortificeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verstewig
verstewig [boodskap #145694] Wo, 26 Junie 2024 08:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verstewig
Afbreking: ver•ste•wig
Samestelling: ver- + stewig


Werkwoord: verstewig
Verlede tyd: het verstewig

Betekenis:
• Om sterker en stewiger te word.

Gebruik:
• Die Rand het na die aankondiging verstewig, maar het intussen weer begin terugsak.

Sinoniem:
• fortifiseer
• stabiliseer
• konsolideer
• versterk

Antoniem:
• verswak

Afgelei:
• verstewiging

Vertaling:
Engels: to strengthen, reinforce, consolidate, solidify
Nederlands: verstevigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: terugsak
terugsak [boodskap #145693] Wo, 26 Junie 2024 07:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugsak
Afbreking: te•rug•sak
Samestelling: terug + sak


Werkwoord: sak terug, terugsak
Verlede tyd: het teruggesak

Betekenis:
• Om weer laer te beweeg.

Gebruik:
• Die Rand het na die aankondiging verstewig, maar het intussen weer begin terugsak.

Sinoniem:
• agteruitgaan
• daal
• slink
• teruggly
• terugtrek
• terugval
• uitsak

Afgelei:
• terugsakking

Vertaling:
Engels: to pull back, slip back, sink back
Nederlands: terugzakken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Wo Jun 26 11:01:51 MGT 2024