Forum: Woordeboek
Onderwerp: grimeerkunstenaar
grimeerkunstenaar [boodskap #145260 ]
Sa, 18 Mei 2024 08:08
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grimeerkunstenaar
Afbreking: gri•meer•kuns•te•naar
Samestelling: grimeer + kunstenaar
Selfstandige naamwoord: grimeerkunstenaar
Meervoud: grimeerkunstenaars
Verkleinwoord: grimeerkunstenaartjie
Meervoud van verkleining: grimeerkunstenaartjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat mense grimeer (met jeugdeeg optooi).
Gebruik:
• 'n Grimeerkunstenaar is gehuur om die akteurs mooi te maak.
Sinoniem:
• grimeerder
• grimeur
Vertaling:
Engels: make-up artist
Nederlands: grimeur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: naellak
naellak [boodskap #145261 ]
Sa, 18 Mei 2024 08:19
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Naellak word op opgeverf.
naellak
Afbreking: na•el•lak
Samestelling: nael + lak
Selfstandige naamwoord: naellak
Meervoud: naellakke
Betekenis:
• Kosmetiese verf wat vir die mooi of vir beskerming op naels aangebring word.
Gebruik:
• Sy verf rooi naellak op haar vingers en blou naellak op haar tone.
Sinoniem:
• lakvernis
• naelpolitoer
• naelverf
Afgelei:
• naellakverwyderaar
Vertaling:
Engels: nail polish
Nederlands: nagellak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: naellakverwyderaar
naellakverwyderaar [boodskap #145262 ]
Sa, 18 Mei 2024 08:25
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
naellakverwyderaar
Afbreking: nael•lak•ver•wy•de•raar
Samestelling: naellak + verwyderaar
Selfstandige naamwoord: naellakverwyderaar
Meervoud: naellakverwyderaars
Verkleinwoord: naellakverwyderaartjie
Meervoud van verkleining: naellakverwyderaartjies
Betekenis:
• 'n Oplosmiddel om naellak te verwyder, meestal asetoon.
Gebruik:
• Sy wil haar toonnaels groen verf, maar moet eers die blou naellak met 'n naellakverwyderaar verwyder.
Vertaling:
Engels: nail polish remover
Nederlands: nagellakverwijderaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: asetoon
asetoon [boodskap #145263 ]
Sa, 18 Mei 2024 08:36
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die struktuurformule van asetoon.
asetoon
Afbreking: a•se•toon
Selfstandige naamwoord: asetoon
Meervoud: asetone
Betekenis:
• 'n Kleurlose, hoogs vlugtige en vlambare vloeistof met formule C3 )H6 O.
Gebruik:
• Bekende alledaagse gebruike van asetoon is as naellakverwyderaar en verfverdunner.
Sinoniem:
• asyngees
• dimetielketoon
• propanoon
Vertaling:
Engels: acetone
Nederlands: aceton
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: oplosmiddel
oplosmiddel [boodskap #145264 ]
Sa, 18 Mei 2024 08:44
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oplosmiddel
Afbreking: op•los•mid•del
Samestelling: oplos + middel
Selfstandige naamwoord: oplosmiddel
Meervoud: oplosmiddels
Verkleinwoord: oplosmiddeltjie
Meervoud van verkleining: oplosmiddeltjies
Betekenis:
• 'n Chemiese stof waarin 'n ander stof opgelos kan word.
Gebruik:
• Water is 'n goeie oplosmiddel .
Hiponiem:
• ketelsteenoplosmiddel
• vetoplosmiddel
Vertaling:
Engels: solvent
Nederlands: oplosmiddel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: onregeerbaar
onregeerbaar [boodskap #145265 ]
Sa, 18 Mei 2024 09:11
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onregeerbaar
Afbreking: on•re•geer•baar
Samestelling: on- + regeerbaar
Byvoeglike naamwoord: onregeerbaar
Vergrotende trap: onregeerbaarder
Oortreffende trap: onregeerbaarste
Attributief: onregeerbare
Partitief: onregeerbaars
Betekenis:
• Wat nie gelei of regeer kan word nie.
• Wat nie beheer kan word nie.
Gebruik:
• Die terroriste probeer om die land onregeerbaar te maak.
• Die kind is opstandig en onregeerbaar .
Sinoniem:
• bandeloos
• goddeloos
• onbeheerbaar
• onbestuurbaar
• onbeteueld
• rebels
• wanordelik
• weerspannig
Antoniem:
• regeerbaar
Afgelei:
• onregeerbaarheid
Vertaling:
Engels: ungovernable, unmanageable
Nederlands: onbestuurbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verswyg
verswyg [boodskap #145266 ]
Sa, 18 Mei 2024 09:19
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verswyg
Afbreking: ver•swyg
Samestelling: ver- + swyg
Werkwoord: verswyg
Verlede tyd: het verswyg
Betekenis:
• Om iets met opset stil te hou en nie daaroor te praat nie.
Gebruik:
• Die polisie het die skokkende misdaadsyfers voor die verkiesing verswyg .
Sinoniem:
• agterhou
• geheimhou
• stilbly
• stilhou
• terughou
• verberg
• verbloem
• wegsteek
Afgelei:
• verswygde
• verswyging
Vertaling:
Engels: to keep quiet, withhold, suppress, conceal
Nederlands: verzwijgen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: misdadig
misdadig [boodskap #145267 ]
Sa, 18 Mei 2024 09:54
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
misdadig
Afbreking: mis•da•dig
Samestelling: misdaad + -ig
Byvoeglike naamwoord: misdadig
Vergrotende trap: misdadiger
Oortreffende trap: misdadigste
Attributief: misdadige
Partitief: misdadigs
Betekenis:
• Wat met 'n misdaad of 'n misdadiger te make het.
Gebruik:
• Suid-Afrika is vinnig besig om een van die misdadigste lande ter wêreld te raak.
Sinoniem:
• boosaardig
• krimineel
• misdrywend
• onwettig
• skurkagtig
• sleg
• sondig
• strafbaar
• strafwaardig
Afgelei:
• misdadiger
• misdadigheid
Vertaling:
Engels: criminal
Nederlands: misdadig
Bywoord: misdadig
Betekenis:
• In 'n te hoë mate.
Gebruik:
• Kos het misdadig duur geword!
Vertaling:
Engels: criminal
Nederlands: misdadig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 18 Mei 2024 09:55]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: drukgroep
drukgroep [boodskap #145268 ]
Sa, 18 Mei 2024 10:01
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
drukgroep
Afbreking: druk•groep
Samestelling: druk + groep
Selfstandige naamwoord: drukgroep
Meervoud: drukgroepe
Verkleinwoord: drukgroepie
Meervoud van verkleining: drukgroepies
Betekenis:
• 'n Organisasie of groep mense wat politieke druk uitoefen.
Gebruik:
• Die Suid-Afrikaanse Studenteunie was belangrike drukgroep vir liberalisme en later radikalisme in die politiek.
Sinoniem:
• faksie
• pressiegroep
Vertaling:
Engels: pressure group
Nederlands: pressiegroep
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 18 Mei 2024 10:02]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: draaipunt
draaipunt [boodskap #145269 ]
Sa, 18 Mei 2024 10:20
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
draaipunt
Afbreking: draai•punt
Samestelling: draai + punt
Selfstandige naamwoord: draaipunt
Meervoud: draaipunte
Verkleinwoord: draaipuntjie
Meervoud van verkleining: draaipuntjies
Betekenis:
• Die punt/plek waar iets draai.
• (figuurlik ) 'n Keerpunt of verandering in omstandighede.
Gebruik:
• 'n Hefboom bestaan uit 'n arm wat teen 'n skarnier of draaipunt beweeg.
• Almal hoop dat die verkiesing 'n draaipunt in die land se trajek na anargie sal wees.
Sinoniem:
• draaisenter
• keerpunt
• omkeerpunt
• spilpunt
• steunpunt
• swaaipunt
Afgelei:
• draaipuntas
Vertaling:
Engels: turning point, fulcrum
Nederlands: draaipunt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 18 Mei 2024 11:11]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: toesien
toesien [boodskap #145270 ]
Sa, 18 Mei 2024 11:27
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toesien
Afbreking: toe•sien
Samestelling: toe + sien
Werkwoord: sien toe , toesien
Verlede tyd: het toegesien
Betekenis:
• Om te kyk dat alles reg verloop.
Gebruik:
• Die werkgewer moet toesien dat al die werkers betaal word.
Sinoniem:
• oppas
• sorg
• toekyk
• verseker
• waak
Afgelei:
• toesiende
• toesiener
Vertaling:
Engels: to take care
Nederlands: toezien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 18 Mei 2024 11:28]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: tienerjare
tienerjare [boodskap #145271 ]
Sa, 18 Mei 2024 11:39
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tienerjare
Afbreking: tie•ner•ja•re
Samestelling: tiener + jare
Selfstandige naamwoord: –
Meervoud: tienerjare
Betekenis:
• Die jare waartydens iemand 'n tiener (tussen 10 en 20 jaar oud) is.
Gebruik:
• Die tienerjare bring hulle eie uitdagings en probleme, maar hul kan ook vreugdes en belonings bring.
Sinoniem:
• adolessensie
• jeugjare
• kinderjare
• puberteit
• rypingsjare
• tienertyd
Vertaling:
Engels: teenage years
Nederlands: tienerjaren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verwarrend
verwarrend [boodskap #145272 ]
Sa, 18 Mei 2024 11:47
Leksikograaf
Boodskappe: 19006Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwarrend
Afbreking: ver•war•rend
Samestelling: verwar + -end
Byvoeglike naamwoord: verwarrend
Vergrotende trap: verwarrender
Oortreffende trap: verwarrendste
Attributief: verwarrende
Partitief: verwarrends
Betekenis:
• Wat 'n mens verwar; onseker maak.
Gebruik:
• Die tienerjare kan opwindend wees, maar dit kan ook verwarrend wees, vir ouers sowel as vir tieners.
Sinoniem:
• dubbelsinnig
• misleidend
• onpeilbaar
• onverstaanbaar
• raaiselagtig
• verbysterend
Vertaling:
Engels: confusing
Nederlands: verwarrend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van verwar.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 18 Mei 2024 11:47]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator