Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: bomaanval
bomaanval [boodskap #145355] So, 26 Mei 2024 08:21
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19087
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bomaanval
Afbreking: bom•aan•val
Samestelling: bom + aanval


Selfstandige naamwoord: bomaanval
Meervoud: bomaanvalle

Betekenis:
• 'n Aanval met 'n bom of bomme.

Gebruik:
• Die gebou is in 'n bomaanval in puin gelê.

Sinoniem:
• bombardement

Hiponiem:
• kernbomaanval
• kitsbank-bomaanval
• selfmoordbomaanval
• stinkbomaanval

Verwant:
• bomaanvaller

Vertaling:
Engels: bomb attack
Nederlands: bomaanslag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: woonstelgebou
woonstelgebou [boodskap #145354] So, 26 Mei 2024 08:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19087
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Woonstelgebou.
'n Woonstelgebou.
woonstelgebou
Afbreking: woon•stel•ge•bou
Samestelling: woonstel + gebou


Selfstandige naamwoord: woonstelgebou
Meervoud: woonstelgeboue
Verkleinwoord: woonstelgeboutjie
Meervoud van verkleining: woonstelgeboutjies

Betekenis:
• 'n Groot gebou wat afsonderlike woonstelle bevat.

Gebruik:
• Die brand het op die sewende verdieping van die woonstelgebou ontstaan.

Sinoniem:
• woonstelblok

Vertaling:
Engels: flat building, apartment block
Nederlands: appartementsgebouw, appartementencomplex

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 26 Mei 2024 08:13]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator




Tyd nou: So Mei 26 08:23:21 MGT 2024