Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: afsku
afsku [boodskap #146509] So, 22 September 2024 09:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20239
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afsku
Afbreking: af•sku
Samestelling: af + sku


Selfstandige naamwoord: afsku
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Sterk afkeur; gevoel van walging.

Gebruik:
• Maar daarna het hy haar verag; hy het 'n groot afsku in haar gekry, en sy afsku was baie groter as sy verliefdheid. [2 Samuel 13:15]

Sinoniem:
• afgryse
• afkeer
• renons
• teensin
• verafskuwing
• walging
• weersin

Afgelei:
• afskuwekkend
• afskuwelik
• verafsku

Vertaling:
Engels: horror, disgust, revulsion, abhorrence
Nederlands: afschuw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: walging
walging [boodskap #146510] So, 22 September 2024 09:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20239
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
walging
Afbreking: wal•ging
Samestelling: walg + -ing


Selfstandige naamwoord: walging
Meervoud: walgings
Verkleinwoord: walging
Meervoud van verkleining: walging

Betekenis:
• 'n Sterk afkeur of weersin (wat fisiek gevoel word).

Gebruik:
• Terwyl hy die stinkende asblik skoonmaak voel hy die walging opstoot in sy keel.

Sinoniem:
• afgryse
• afkeer
• afsku
• aversie
• renons
• weersin

Vertaling:
Engels: disgust, aversion, revulsion
Nederlands: walging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onortodoks
onortodoks [boodskap #146511] So, 22 September 2024 09:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20239
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onortodoks
Afbreking: on•or•to•doks
Samestelling: on- + ortodoks


Byvoeglike naamwoord: onortodoks
Attributief: onortodokse

Betekenis:
• Wat nie ortodoks (konvensioneel) is nie. Nie in ooreenstemming met tradisionele oortuigings of gebruike nie. Baie anders as gebruiklik.

Gebruik:
• Sy benadering is onortodoks, maar hy het die kinders in 'n japtrap geleer swem.

Sinoniem:
• liberaal
• libertyns
• modern
• ondogmaties
• ongewoon
• onkonvensioneel
• vrysinnig

Antoniem:
• ortodoks

Afgelei:
• onortodoksheid

Vertaling:
Engels: unorthodox
Nederlands: onorthodox

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: waterig
waterig [boodskap #146512] So, 22 September 2024 10:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20239
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waterig
Afbreking: wa•te•rig
Samestelling: water + -ig


Byvoeglike naamwoord: waterig
Vergrotende trap: wateriger
Oortreffende trap: waterigste
Attributief: waterige

Betekenis:
• Soos water.
• Met te veel water.

Gebruik:
• Haar oë raak waterig toe sy aan haar oorlede ouma dink.
• Die waterig tee proe soos skottelgoedwater.

Sinoniem:
• afgewater
• dun
• flou
• natterig
• smaakloos
• verdun
• verwater
• vogtig
• wateragtig

Afgelei:
• waterigheid

Vertaling:
Engels: watery, aqueous
Nederlands: waterig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 22 September 2024 10:32]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: dubbeldoor
dubbeldoor [boodskap #146513] So, 22 September 2024 10:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20239
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dubbeldoor
Afbreking: dub•bel•door
Samestelling: dubbel + door (dooier)


Selfstandige naamwoord: dubbeldoor
Meervoud: dubbeldore
Verkleinwoord: dubbeldoortjie
Meervoud van verkleining: dubbeldoortjies

Betekenis:
• 'n Eier met 'n twee eiergele.
• (figuurlik) Iets wat dubbeld is, maar gewoonlik slegs enkel is.

Gebruik:
• Die hen het al weer 'n dubbeldoor gelê.
• Die lewe is 'n dubbeldoor, half gewen en half verloor. [Koos Dup]

Wisselvorm:
• dubbeldooier

Sinoniem:
• tweedoor

Afgelei:
• dubbeldooramandel
• dubbeldooreier
• dubbeldoorpruimpie

Vertaling:
Engels: double-yolked egg
Nederlands: dubbele dooier, dubbel eigeel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 22 September 2024 10:49]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: dooier
dooier [boodskap #146514] So, 22 September 2024 11:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20239
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dooier
Afbreking: dooi•er


Selfstandige naamwoord: dooier
Meervoud: dooiers
Verkleinwoord: dooiertjie
Meervoud van verkleining: dooiertjies

Betekenis:
• Die middelste, geel deel van 'n eier.

Gebruik:
• Die dooier bestaan uit proteïen en vetkorrels wat as voedsel vir die ontwikkelende embrio dien.

Wisselvorm:
• door

Sinoniem:
• eiergeel
• eierdooier

Afgelei:
• dubbeldooier

Vertaling:
Engels: yolk
Nederlands: dooier, eigeel


Byvoeglike naamwoord: dood
Vergrotende trap: dooier
Oortreffende trap: dooiste
Attributief: dooie

Betekenis:
• Vergrotende trap van dood.

Gebruik:
• Die een is dooier as die ander.

Vertaling:
Engels: more dead
Nederlands: doder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: wegvaar
wegvaar [boodskap #146515] So, 22 September 2024 18:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20239
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wegvaar
Afbreking: weg•vaar
Samestelling: weg + vaar


Werkwoord: vaar weg, wegvaar
Verlede tyd: het weggevaar

Betekenis:
• Om met 'n vaartuig (soos 'n boot of skip) verder weg te beweeg.

Gebruik:
• Die mense waai terwyl die boot vaarweg.

Sinoniem:
• afvaar
• uitvaar
• wegseil

Vertaling:
Engels: to sail off, sail away
Nederlands: wegvaren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: lewensgevaarlik
lewensgevaarlik [boodskap #146516] So, 22 September 2024 18:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20239
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewensgevaarlik
Afbreking: le•wens•ge•vaar•lik
Samestelling: lewe + -ns- + gevaarlik


Byvoeglike naamwoord: lewensgevaarlik
Vergrotende trap: lewensgevaarliker
Oortreffende trap: lewensgevaarlikste
Attributief: lewensgevaarlike
Partitief: lewensgevaarliks

Betekenis:
• So gevaarlik dan 'n mens jou lewe kan verloor.

Gebruik:
• As gevolg van die krokodille is dit lewensgevaarlik om in die rivier te swem.

Sinoniem:
• dodelik
• doodsgevaarlik
• fataal
• lewensbedreigend
• noodlottig

Vertaling:
Engels: life-threateningly, perilous
Nederlands: levensgevaarlijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 22 September 2024 18:15]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: kankeragtig
kankeragtig [boodskap #146517] So, 22 September 2024 18:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20239
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kankeragtig
Afbreking: kan•ker•ag•tig
Samestelling: kanker + -agtig


Byvoeglike naamwoord: kankeragtig
Attributief: kankeragtige

Betekenis:
• Wat soos kanker lyk, of met die eienskappe van kanker.

Gebruik:
• 'n Biopsie word gedoen op te bepaal of die gewas kankeragtig is.

Sinoniem:
• boosaardig
• kwaadaardig

Vertaling:
Engels: cancerous
Nederlands: kankerachtig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bemanningslid
bemanningslid [boodskap #146518] So, 22 September 2024 18:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20239
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bemanningslid
Afbreking: be•man•nings•lid
Samestelling: bemanning + -s- + lid


Selfstandige naamwoord: bemanningslid
Meervoud: bemanningslede

Betekenis:
• Persoon wat 'n lid is van 'n bemanning.

Gebruik:
• 'n Bemanningslid van die vragskip het oorboord geval.

Sinoniem:
• manskap

Vertaling:
Engels: crewmember
Nederlands: bemanningslid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: So Sep 22 18:47:20 MGT 2024