Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: oudioboek
oudioboek [boodskap #145154] Vr, 03 Mei 2024 10:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oudioboek
Afbreking: ou•di•o•boek
Samestelling: oudio + boek


Selfstandige naamwoord: oudioboek
Meervoud: oudioboeke

Betekenis:
• 'n Boek waarvan die teks opgeneem is sodat 'n mens daarna kan luister.

Gebruik:
• Ek luister graag oudioboeke wanneer ek in my motor ry.

Sinoniem:
• luisterboek

Vertaling:
Engels: audio book
Nederlands: audioboek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: opelugmuseum
opelugmuseum [boodskap #145155] Vr, 03 Mei 2024 10:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opelugmuseum
Afbreking: o•pe•lug•mu•seum
Samestelling: opelug + museum


Selfstandige naamwoord: opelugmuseum
Meervoud: opelugmuseums
Verkleinwoord: opelugmuseumpie
Meervoud van verkleining: opelugmuseumpies

Betekenis:
• Museum waar items buite onder die ope hemel uitgestel word (en nie onder dak in geboue nie).

Gebruik:
• Die Russe het militêre voertuie wat hulle in Oekraïne gebuit het in 'n opelugmuseum in Moskou ten toon gestel.

Vertaling:
Engels: open-air museum
Nederlands: openluchtmuseum

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 03 Mei 2024 12:28]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: Estland
Estland [boodskap #145156] Vr, 03 Mei 2024 13:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaart van Estland.
'n Kaart van Estland.
Estland se vlag.
Estland se vlag.
Estland
Afbreking: Est•land
Samestalling: Est + land


Pleknaam: Estland

Betekenis:
• 'n Land in Noordoos-Europa, amptelik die Republiek Estland.

Gebruik:
Estland is 'n Baltiese staat wat deur Rusland, Letland en die Finse Golf begrens word.

Afgelei:
• Estlander
• Estlands

Verwant:
• Est
• Esties

Vertaling:
Engels: Estonia
Nederlands: Estland

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 03 Mei 2024 13:25]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: Oostenryk
Oostenryk [boodskap #145157] Vr, 03 Mei 2024 13:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaart van Oostenryk.
'n Kaart van Oostenryk.
Oostenryk se vlag.
Oostenryk se vlag.
Oostenryk
Afbreking: Oos•ten•ryk
Uitspraak: /ˈuə̯stənrəɪ̯k/


Pleknaam: Oostenryk

Betekenis:
• 'n Land in Sentraal-Europa, amptelik die Republiek Oostenryk.

Gebruik:
Oostenryk grens aan Switserland, Liechtenstein, Duitsland, Tsjeggië, Slowakye, Hongarye, Italië en Slowenië.

Afgelei:
• Oostenryker
• Oostenryks

Vertaling:
Engels: Austria
Nederlands: Oostenrijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: artillerie
artillerie [boodskap #145158] Vr, 03 Mei 2024 14:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
artillerie
Afbreking: ar•til•le•rie


Selfstandige naamwoord: artillerie
Meervoud: artillerieë

Betekenis:
• Afdeling van 'n leër wat wat vuursteun aan eie troepe gee (soos boogskutters van ouds), of die wapens wat hulle gebruik (o.a. kanonne, missiele, ens.)

Gebruik:
• Soldate word as kanonvoer in die loopgrawe ontplooi om die vyand se artillerie te ontbloot.

Sinoniem:
• grofgeskut
• kanongeskut

Hiponiem:
• marineartillerie
• veldartillerie
• vestingartillerie

Afgelei:
• artillerie-offisier
• artilleriekaserne
• artillerieskool
• artilleriekorps
• artillerieskool
• artillerietrein
• artillerievuur

Verwant:
• artilleris

Afkorting:
• art.

Vertaling:
Engels: artillery
Nederlands: artillerie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 03 Mei 2024 14:54]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: kanonvoer
kanonvoer [boodskap #145159] Vr, 03 Mei 2024 14:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kanonvoer
Afbreking: ka•non•voer
Samestelling: kanon + voer


Selfstandige naamwoord: kanonvoer
Meervoud:

Betekenis:
• Soldate wat op die slagveld opgeoffer word.

Gebruik:
• Soldate word as kanonvoer in die loopgrawe ontplooi om die vyand se artillerie te ontbloot.

Vertaling:
Engels: cannon fodder
Nederlands: kanonnenvoer, kanonnenvlees

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gepantserd
gepantserd [boodskap #145160] Vr, 03 Mei 2024 16:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gepantserd
Afbreking: ge•pant•serd
Samestelling: ge- + pantser + -d


Byvoeglike naamwoord: gepantser, gepantserd
Attributief: gepantserde

Betekenis:
• Wat met pantser ('n harnas) beskerm is.

Gebruik:
• Die soldate word in 'n gepantserde troepewa na die slagveld geneem.

Sinoniem:
• geharnas

Vertaling:
Engels: armored, armoured
Nederlands: gepantserd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ideologies
ideologies [boodskap #145161] Vr, 03 Mei 2024 18:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ideologies
Afbreking: i•deo•lo•gies
Samestelling: ideologie + -s


Byvoeglike naamwoord: ideologies
Attributief: ideologiese

Betekenis:
• Betreffende of volgens 'n bepaalde leerstelsel/ideologie.

Gebruik:
• Daar is groot ideologiese verskille tussen die twee partye.

Vertaling:
Engels: ideological
Nederlands: ideologisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Sa Mei 04 04:49:19 MGT 2024