Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: skakeling
skakeling [boodskap #145682] Ma, 24 Junie 2024 10:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19412
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skakeling
Afbreking: ska•ke•ling
Samestelling: skakel + -ing


Selfstandige naamwoord: skakeling
Meervoud: skakelinge, skakelings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van skakel (om kontak te maak of verbinding te bewerkstellig).

Gebruik:
• Buitelandse Sake behartig die diplomatieke skakeling met ander lande.

Sinoniem:
• aaneensluiting
• kontak
• konneksie
• koppeling
• verbinding

Afgelei:
• aaneenskakeling
• afskakeling
• driehoekskakeling
• eindskakeling
• gelykskakeling
• inskakeling
• mediaskakeling
• neweskakeling
• omskakeling
• oorskakeling
• parallelskakeling
• serieskakeling
• teenskakeling
• uitskakeling
• wisselskakeling

Vertaling:
Engels: connection, switching, linking, liaison
Nederlands: schakeling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: minibustaxi
minibustaxi [boodskap #145681] Ma, 24 Junie 2024 08:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19412
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Minibustaxi.
'n Minibustaxi.
minibustaxi
Afbreking: mi•ni•bus•ta•xi
Samestelling: minibus + taxi


Selfstandige naamwoord: minibustaxi
Meervoud: minibustaxi's
Verkleinwoord: minibustaxi'tjie
Meervoud van verkleining: minibustaxi'tjies

Betekenis:
• 'n Klein bussie wat as 'n taxi dien om mense teen betaling te vervoer.

Gebruik:
• Tien mense is in die ongeluk tussen 'n minibustaxi en 'n bus dood.

Vertaling:
Engels: minibus taxi
Nederlands: minibustaxi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bo-arm
bo-arm [boodskap #145680] Ma, 24 Junie 2024 08:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19412
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bo-arm
Afbreking: bo•arm
Samestelling: bo + arm


Selfstandige naamwoord: bo-arm
Meervoud: bo-arms
Verkleinwoord: bo-armpie
Meervoud van verkleining: bo-armpies

Betekenis:
• Die boonste gedeelte van die arm, tussen die skouer en die elmboog.

Gebruik:
• 'n Mens moet gereeld oefen om sulke mooi, ferm bo-arms te bou.

Sinoniem:
• opperarm

Antoniem:
• onderarm

Wisselvorm:
• boarm

Afgelei:
• bo-armbeen
• bo-armspier

Verwant:
• humerus

Vertaling:
Engels: upper arm
Nederlands: bovenarm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: trofies
trofies [boodskap #145679] Ma, 24 Junie 2024 06:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19412
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
trofies
Afbreking: tro•fies


Byvoeglike naamwoord: trofies
Attributief: trofiese

Betekenis:
• Wat met die voeding van organismes verband hou (letterlik die dik word van die weefsel, selle, ens).

Gebruik:
• Daar verskeie trofiese vlakke in 'n voedselketting, o.a. die produseerders (pante), primêre verbruikers (herbivore), sekondêre verbruikers (karnivore) en ontbinders.

Antoniem:
• atrofies

Hiponiem:
• distrofies
• hipertrofies
• hipotrofies
• mikotrofies
• outotrofies

Vertaling:
Engels: trophic
Nederlands: trofisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: mikotrofies
mikotrofies [boodskap #145678] Ma, 24 Junie 2024 06:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19412
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mikotrofies
Afbreking: mi•ko•tro•fies
Samestelling: miko- + trofies


Byvoeglike naamwoord: mikotrofies
Attributief: mikotrofiese

Betekenis:
• Betreffende plante wat in simbiose met swamme in die grond (die mikorisa) leef.

Gebruik:
• 'n Mens kan aan die plant se wortels sien dat hy mikotrofies is.

Afgelei:
• holomikotrofies

Vertaling:
Engels: mycotrophic
Nederlands: mycotroof

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Ma Jun 24 13:14:16 MGT 2024