Forum: Woordeboek
Onderwerp: rookbol
rookbol [boodskap #145580 ]
Sa, 15 Junie 2024 09:29
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rookbol
Afbreking: rook•bol
Samestelling: rook + bol
Selfstandige naamwoord: rookbol
Meervoud: rookbolle
Verkleinwoord: rookbolletjie
Meervoud van verkleining: rookbolletjies
Betekenis:
• 'n Bol rook wat in die lug in opstyg.
Gebruik:
• Die veldbrand veroorsaak digte rookbolle wat oor die snelweg hang.
Sinoniem:
• rookpluim
• rookwolk
Vertaling:
Engels: smoke cloud
Nederlands: rookwolk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sinus
sinus [boodskap #145581 ]
Sa, 15 Junie 2024 10:23
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sin(Q1) = b/c en sin(Q2)=a/c
sinus
Afbreking: si•nus
Selfstandige naamwoord: sinus
Meervoud: sinusse
Betekenis:
• Holte in die liggaam wat met vloeistof gevul is, veral die holtes in die voorkop, of die ontsteking daarvan (sinusitis ).
• (trigonometrie ) Die verhouding tussen die lengtes van die teenoorstaande sy en die skuinssy van 'n reghoekige driehoek.
• Golf wat met 'n sinus-funksie beskryf kan word.
Gebruik:
• Hy ly aan kroniese sinus .
• Bereken die sinus van die hoek.
Afgelei:
• kosinus
• sinusagtig
• sinusgolf
• sinushoofpyn
• sinuskromme
• sinusmedikasie
• sinusontsteking
• sinusvormig
Afkorting:
• sin
Verwant:
• sinusitis
Vertaling:
Engels: sinus; sine
Nederlands: sinus
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So, 16 Junie 2024 06:38]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: nimmereindigend
nimmereindigend [boodskap #145582 ]
Sa, 15 Junie 2024 12:54
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nimmereindigend
Afbreking: nim•mer•ein•di•gend
Samestelling: nimmer + eindigend
Byvoeglike naamwoord: nimmereindigend
Attributief: nimmereindigende
Betekenis:
• Wat besonder lank aanhou en (skynbaar) geen einde het nie.
Gebruik:
• Die lys is nimmereindigend .
• 'n Moeder se nimmereindigende liefde ken geen perke nie.
Sinoniem:
• aanhoudend
• eindeloos
• ewigdurend
• mateloos
• ontelbaar
• voortdurend
Vertaling:
Engels: never ending
Nederlands: eindeloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 15 Junie 2024 17:06]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: immerteenwoordige
immerteenwoordige [boodskap #145583 ]
Sa, 15 Junie 2024 17:18
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
immerteenwoordig
Afbreking: im•mer•teen•woor•dig
Samestelling: immer + teenwoordig
Byvoeglike naamwoord: immerteenwoordig
Attributief: immerteenwoordige
Betekenis:
• Wat (skynbaar) altyd teenwoordig/aanwesig is.
Gebruik:
• Bakterieë is immerteenwoordig .
• Die fabriek se immerteenwoordige rookbolle hang oor die dorp.
Vertaling:
Engels: ever present
Nederlands: altijd aanwezig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So, 16 Junie 2024 06:30]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: verrys
verrys [boodskap #145584 ]
Sa, 15 Junie 2024 17:35
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verrys
Afbreking: ver•rys
Samestelling: ver- + rys
Werkwoord: verrys
Verlede tyd: het verrys
Betekenis:
• Om op te staan of op te styg.
• Om regop na bo uit te steek.
Gebruik:
• Op dié Sondagmôre het Jesus uit die dood verrys .
• Die toring verrys bokant die stad se geboue.
Sinoniem:
• opgaan
• opkom
• oprys
• opstyg
Afgelei:
• verrese
• verrysend
• verrysenis
• verrysing
Vertaling:
Engels: to rise, spring up
Nederlands: verrijzen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So, 16 Junie 2024 06:31]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: stasiewa
stasiewa [boodskap #145585 ]
Sa, 15 Junie 2024 18:00
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Van bo na order: 'n sedan, stasiewa en 'n luikrug.
stasiewa
Afbreking: sta•sie•wa
Samestelling: stasie + wa
Selfstandige naamwoord: stasiewa
Meervoud: stasiewaens
Verkleinwoord: stasiewaentjie
Meervoud van verkleining: stasiewaentjies
Betekenis:
• Motorvoertuig met 'n verhoogde agterkant en 'n reguitaf agterdeur wat wyd oopmaak.
Gebruik:
• Verkies jy 'n sedan, luikrug of 'n stasiewa ?
Afkorting:
• sw.
Vertaling:
Engels: station wagon, estate car
Nederlands: stationwagen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa, 15 Junie 2024 19:46]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: luikrug
luikrug [boodskap #145586 ]
Sa, 15 Junie 2024 18:22
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Van bo na order: 'n sedan, stasiewa en 'n luikrug.
luikrug
Afbreking: luik•rug
Samestelling: luik + rug
Selfstandige naamwoord: luikrug
Meervoud: luikrûe
Verkleinwoord: luikruggie
Meervoud van verkleining: luikruggies
Betekenis:
• Motorvoertuig met 'n lang skuinsaflopende deur wat die agterkant van die voertuig bedek.
Gebruik:
• Verkies jy 'n sedan, luikrug of 'n stasiewa?
Afgelei:
• luikrugmotor
Vertaling:
Engels: hatchback
Nederlands: hatchback
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So, 16 Junie 2024 06:32]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: donkergroen
donkergroen [boodskap #145587 ]
Sa, 15 Junie 2024 18:27
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
donkergroen
Afbreking: don•ker•groen
Samestelling: donker + groen
Byvoeglike naamwoord: donkergroen
Attributief: donkergroen , donkergroene
Betekenis:
• 'n Donker skakering van groen.
Gebruik:
• Die vrou het donkergroen oë.
Antoniem:
• liggroen
Vertaling:
Engels: dark green
Nederlands: donkergroen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: liggroen
liggroen [boodskap #145588 ]
Sa, 15 Junie 2024 18:30
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
liggroen
Afbreking: lig•groen
Samestelling: lig + groen
Byvoeglike naamwoord: liggroen
Attributief: liggroen , liggroene
Betekenis:
• 'n Ligte skakering van groen.
Gebruik:
• Die plant se blare is liggroen .
Antoniem:
• donkergroen
Vertaling:
Engels: light green
Nederlands: lichtgroen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: pensioentrekker
pensioentrekker [boodskap #145589 ]
Sa, 15 Junie 2024 18:40
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pensioentrekker
Afbreking: pen•si•oen•trek•ker
Samestelling: pensioen + trekker
Selfstandige naamwoord: pensioentrekker
Meervoud: pensioentrekkers
Verkleinwoord: pensioentrekkertjie
Meervoud van verkleining: pensioentrekkertjies
Betekenis:
• 'n Afgetrede persoon wat pensioen ontvang.
Gebruik:
• 'n Swendelaar het die pensioentrekker se geld gesteel.
Sinoniem:
• afgetredene
• pensionaris
Vertaling:
Engels: pensioner, retired person, retiree
Nederlands: gepensioneerde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bobeen
bobeen [boodskap #145590 ]
Sa, 15 Junie 2024 19:00
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bobeen
Afbreking: bo•been
Samestelling: bo + been
Selfstandige naamwoord: bobeen
Meervoud: bobene
Verkleinwoord: bobeentjie
Meervoud van verkleining: bobeentjies
Betekenis:
• Die boonste gedeelte van die been, vanaf die knie tot by die heup.
Gebruik:
• Die liggaamsbouer oefen sy bobene in die gimnasium.
Sinoniem:
• dy
• dybeen
Antoniem:
• onderbeen
Afgelei:
• bobeenspiere
Vertaling:
Engels: upper leg, thigh
Nederlands: bovenbeen, dij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: homoseksueel
homoseksueel [boodskap #145591 ]
Sa, 15 Junie 2024 19:11
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
homoseksueel
Afbreking: ho•mo•sek•su•eel
Samestelling: homo + seksueel
Byvoeglike naamwoord: homoseksueel
Attributief: homoseksuele
Betekenis:
• Met 'n geslagsdrang na persone van dieselfde geslag.
Gebruik:
• Sy beken dat sy homoseksueel is.
Sinoniem:
• eenslagtig
• gay
• lesbies
• skeef
Antoniem:
• heteroseksueel
Verwant:
• homoseksualiteit
Vertaling:
Engels: homosexual
Nederlands: homoseksueel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: respiratories
respiratories [boodskap #145592 ]
Sa, 15 Junie 2024 20:03
Leksikograaf
Boodskappe: 19323Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
respiratories
Afbreking: res•pi•ra•to•ries
Byvoeglike naamwoord: respiratories
Attributief: respiratoriese
Betekenis:
• Wat met respirasie (asemhaling) te make het.
Gebruik:
• Die fabriek se rook veroorsaak chroniese sinus en respiratoriese probleme.
Vertaling:
Engels: respiratory
Nederlands: respiratoir
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.