Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: grimeerkunstenaar
grimeerkunstenaar [boodskap #145260] Sa, 18 Mei 2024 08:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19000
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grimeerkunstenaar
Afbreking: gri•meer•kuns•te•naar
Samestelling: grimeer + kunstenaar


Selfstandige naamwoord: grimeerkunstenaar
Meervoud: grimeerkunstenaars
Verkleinwoord: grimeerkunstenaartjie
Meervoud van verkleining: grimeerkunstenaartjies

Betekenis:
• 'n Persoon wat mense grimeer (met jeugdeeg optooi).

Gebruik:
• 'n Grimeerkunstenaar is gehuur om die akteurs mooi te maak.

Sinoniem:
• grimeerder
• grimeur

Vertaling:
Engels: make-up artist
Nederlands: grimeur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: naellak
naellak [boodskap #145261] Sa, 18 Mei 2024 08:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19000
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Naellak word op opgeverf.
Naellak word op opgeverf.
naellak
Afbreking: na•el•lak
Samestelling: nael + lak


Selfstandige naamwoord: naellak
Meervoud: naellakke

Betekenis:
• Kosmetiese verf wat vir die mooi of vir beskerming op naels aangebring word.

Gebruik:
• Sy verf rooi naellak op haar vingers en blou naellak op haar tone.

Sinoniem:
• lakvernis
• naelpolitoer
• naelverf

Afgelei:
• naellakverwyderaar

Vertaling:
Engels: nail polish
Nederlands: nagellak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: naellakverwyderaar
naellakverwyderaar [boodskap #145262] Sa, 18 Mei 2024 08:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19000
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
naellakverwyderaar
Afbreking: nael•lak•ver•wy•de•raar
Samestelling: naellak + verwyderaar


Selfstandige naamwoord: naellakverwyderaar
Meervoud: naellakverwyderaars
Verkleinwoord: naellakverwyderaartjie
Meervoud van verkleining: naellakverwyderaartjies

Betekenis:
• 'n Oplosmiddel om naellak te verwyder, meestal asetoon.

Gebruik:
• Sy wil haar toonnaels groen verf, maar moet eers die blou  naellak met 'n naellakverwyderaar verwyder.

Vertaling:
Engels: nail polish remover
Nederlands: nagellakverwijderaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: asetoon
asetoon [boodskap #145263] Sa, 18 Mei 2024 08:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19000
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die struktuurformule van asetoon.
Die struktuurformule van asetoon.
asetoon
Afbreking: a•se•toon


Selfstandige naamwoord: asetoon
Meervoud: asetone

Betekenis:
• 'n Kleurlose, hoogs vlugtige en vlambare vloeistof met formule C3)H6O.

Gebruik:
• Bekende alledaagse gebruike van asetoon is as naellakverwyderaar en verfverdunner.

Sinoniem:
• asyngees
• dimetielketoon
• propanoon

Vertaling:
Engels: acetone
Nederlands: aceton

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oplosmiddel
oplosmiddel [boodskap #145264] Sa, 18 Mei 2024 08:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19000
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oplosmiddel
Afbreking: op•los•mid•del
Samestelling: oplos + middel


Selfstandige naamwoord: oplosmiddel
Meervoud: oplosmiddels
Verkleinwoord: oplosmiddeltjie
Meervoud van verkleining: oplosmiddeltjies

Betekenis:
• 'n Chemiese stof waarin 'n ander stof opgelos kan word.

Gebruik:
• Water is 'n goeie oplosmiddel.

Hiponiem:
• ketelsteenoplosmiddel
• vetoplosmiddel

Vertaling:
Engels: solvent
Nederlands: oplosmiddel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onregeerbaar
onregeerbaar [boodskap #145265] Sa, 18 Mei 2024 09:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19000
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onregeerbaar
Afbreking: on•re•geer•baar
Samestelling: on- + regeerbaar


Byvoeglike naamwoord: onregeerbaar
Vergrotende trap: onregeerbaarder
Oortreffende trap: onregeerbaarste
Attributief: onregeerbare
Partitief: onregeerbaars

Betekenis:
• Wat nie gelei of regeer kan word nie.
• Wat nie beheer kan word nie.

Gebruik:
• Die terroriste probeer om die land onregeerbaar te maak.
• Die kind is opstandig en onregeerbaar.

Sinoniem:
• bandeloos
• goddeloos
• onbeheerbaar
• onbestuurbaar
• onbeteueld
• rebels
• wanordelik
• weerspannig

Antoniem:
• regeerbaar

Afgelei:
• onregeerbaarheid

Vertaling:
Engels: ungovernable, unmanageable
Nederlands: onbestuurbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verswyg
verswyg [boodskap #145266] Sa, 18 Mei 2024 09:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19000
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verswyg
Afbreking: ver•swyg
Samestelling: ver- + swyg


Werkwoord: verswyg
Verlede tyd: het verswyg

Betekenis:
• Om iets met opset stil te hou en nie daaroor te praat nie.

Gebruik:
• Die polisie het die skokkende misdaadsyfers voor die verkiesing verswyg.

Sinoniem:
• agterhou
• geheimhou
• stilbly
• stilhou
• terughou
• verberg
• verbloem
• wegsteek

Afgelei:
• verswygde
• verswyging

Vertaling:
Engels: to keep quiet, withhold, suppress, conceal
Nederlands: verzwijgen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Sa Mei 18 09:46:52 MGT 2024