Forum: Woordeboek
Onderwerp: ideologies
ideologies [boodskap #145161 ]
Vr, 03 Mei 2024 18:00
Leksikograaf
Boodskappe: 18896Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ideologies
Afbreking: i•deo•lo•gies
Samestelling: ideologie + -s
Byvoeglike naamwoord: ideologies
Attributief: ideologiese
Betekenis:
• Betreffende of volgens 'n bepaalde leerstelsel/ideologie.
Gebruik:
• Daar is groot ideologiese verskille tussen die twee partye.
Vertaling:
Engels: ideological
Nederlands: ideologisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gepantserd
gepantserd [boodskap #145160 ]
Vr, 03 Mei 2024 16:40
Leksikograaf
Boodskappe: 18896Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gepantserd
Afbreking: ge•pant•serd
Samestelling: ge- + pantser + -d
Byvoeglike naamwoord: gepantser , gepantserd
Attributief: gepantserde
Betekenis:
• Wat met pantser ('n harnas) beskerm is.
Gebruik:
• Die soldate word in 'n gepantserde troepewa na die slagveld geneem.
Sinoniem:
• geharnas
Vertaling:
Engels: armored, armoured
Nederlands: gepantserd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kanonvoer
kanonvoer [boodskap #145159 ]
Vr, 03 Mei 2024 14:53
Leksikograaf
Boodskappe: 18896Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kanonvoer
Afbreking: ka•non•voer
Samestelling: kanon + voer
Selfstandige naamwoord: kanonvoer
Meervoud: –
Betekenis:
• Soldate wat op die slagveld opgeoffer word.
Gebruik:
• Soldate word as kanonvoer in die loopgrawe ontplooi om die vyand se artillerie te ontbloot.
Vertaling:
Engels: cannon fodder
Nederlands: kanonnenvoer, kanonnenvlees
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: artillerie
artillerie [boodskap #145158 ]
Vr, 03 Mei 2024 14:44
Leksikograaf
Boodskappe: 18896Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
artillerie
Afbreking: ar•til•le•rie
Selfstandige naamwoord: artillerie
Meervoud: artillerieë
Betekenis:
• Afdeling van 'n leër wat wat vuursteun aan eie troepe gee (soos boogskutters van ouds), of die wapens wat hulle gebruik (o.a. kanonne, missiele, ens.)
Gebruik:
• Soldate word as kanonvoer in die loopgrawe ontplooi om die vyand se artillerie te ontbloot.
Sinoniem:
• grofgeskut
• kanongeskut
Hiponiem:
• marineartillerie
• veldartillerie
• vestingartillerie
Afgelei:
• artillerie-offisier
• artilleriekaserne
• artillerieskool
• artilleriekorps
• artillerieskool
• artillerietrein
• artillerievuur
Verwant:
• artilleris
Afkorting:
• art.
Vertaling:
Engels: artillery
Nederlands: artillerie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr, 03 Mei 2024 14:54]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: Oostenryk
Onderwerp: Estland
Estland [boodskap #145156 ]
Vr, 03 Mei 2024 13:16
Leksikograaf
Boodskappe: 18896Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaart van Estland.
Estland se vlag.
Estland
Afbreking: Est•land
Samestalling: Est + land
Pleknaam: Estland
Betekenis:
• 'n Land in Noordoos-Europa, amptelik die Republiek Estland.
Gebruik:
• Estland is 'n Baltiese staat wat deur Rusland, Letland en die Finse Golf begrens word.
Afgelei:
• Estlander
• Estlands
Verwant:
• Est
• Esties
Vertaling:
Engels: Estonia
Nederlands: Estland
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr, 03 Mei 2024 13:25]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: opelugmuseum
opelugmuseum [boodskap #145155 ]
Vr, 03 Mei 2024 10:42
Leksikograaf
Boodskappe: 18896Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opelugmuseum
Afbreking: o•pe•lug•mu•seum
Samestelling: opelug + museum
Selfstandige naamwoord: opelugmuseum
Meervoud: opelugmuseums
Verkleinwoord: opelugmuseumpie
Meervoud van verkleining: opelugmuseumpies
Betekenis:
• Museum waar items buite onder die ope hemel uitgestel word (en nie onder dak in geboue nie).
Gebruik:
• Die Russe het militêre voertuie wat hulle in Oekraïne gebuit het in 'n opelugmuseum in Moskou ten toon gestel.
Vertaling:
Engels: open-air museum
Nederlands: openluchtmuseum
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr, 03 Mei 2024 12:28]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: oudioboek
oudioboek [boodskap #145154 ]
Vr, 03 Mei 2024 10:23
Leksikograaf
Boodskappe: 18896Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oudioboek
Afbreking: ou•di•o•boek
Samestelling: oudio + boek
Selfstandige naamwoord: oudioboek
Meervoud: oudioboeke
Betekenis:
• 'n Boek waarvan die teks opgeneem is sodat 'n mens daarna kan luister.
Gebruik:
• Ek luister graag oudioboeke wanneer ek in my motor ry.
Sinoniem:
• luisterboek
Vertaling:
Engels: audio book
Nederlands: audioboek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.